Background Image
Previous Page  18 / 100 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 18 / 100 Next Page
Page Background

Grondmikrobes:

Ondergrondse samewerking die sleutel

tot volhoubare landbou

D

ie groeiende menslike en dierlike bevolkings veroorsaak

dat daar ‘n toenemende behoefte is om meer voedsel te

produseer. Ten spyte hiervan, bied moderne landbou net

beperkte geleenthede om opbrengste te verhoog.

Ons sien dat nuwe kultivars op die mark geteel word vir hoër op-

brengste en om meer weerstandbiedend teen omgewingstrem-

ming en plae te wees. Verder word die toediening van kunsmis in

landbou steeds benodig en aanbeveel om essensiële voedingstow-

we wat beperk in die grond is, aan te vul. Grondmikrobes kan egter

‘n rol speel om anorganiese bemesting te verminder.

Mikrobes verleen hulp aan die produsent deur organiese materiaal

in die grond af te breek. Die voedingstowwe wat daarin opgesluit

is, kan sodoende weer vrygestel word sodat plante dit maklik kan

opneem, maar mikrobes het ook plante nodig.

Wortelafskeidings in die risosfeer

Die assosiasie tussen mikrobes en plante geskied veral in die

omgewing van die wortels (ook bekend as die risosfeer). Plant-

wortels (

Foto 1

) stel ‘n verskeidenheid van verbindings vry wat dan

deur die grondmikrobiese bevolking as voedsel gebruik word.

Hierdie wortelafskeidings tree soos boodskappers op, wat die mi-

krobiese bevolking stimuleer. Sekere van die verbindings wat die

plant vervaardig, kan dan die groei van voordelige bakterieë be-

vorder, terwyl ander die skadelike bakterieë onderdruk.

Organismes in die risosfeer

‘n Groep verbindings wat deur die wortels vrygestel word, is

suikers wat in die plant of gewas se blare gemaak word. Die suikers

word dan afwaarts na die risosfeer gebring om as voedsel vir

bakterieë en swamme te dien.

Die mikrobes is in staat om fosfate wat in die grond opgesluit is,

te kan oplos en toeganklik vir die plant te maak. Swamme soos

Trichoderma

spp. kan ander nadelige swamme onderdruk en die

plant se verdedigingsmeganismes bevorder.

Stikstofbindende bakterieë leef ook in noue kontak met plantwor-

tels en kan ook die nodige voedingstowwe aan die plant verskaf.

Net soos die bakterieë en swamme, kan protosoë ook ‘n aktiewe rol

in die risosfeer speel. Protosoë het die vermoë om op die bakterieë

te teer en sodoende bakteriese getalle te beheer. Die teenwoordig-

heid van protosoë in die risosfeer kan ook die groei van plante

bevorder.

Daar is gevind dat indien protosoë soos amoebes teenwoordig

is, hulle bakterieë as voedsel kan opneem en sodoende kan die

bakteriese stikstof in die risosfeer vrygestel word. Aalwurms is ook

doeltreffende predatore van bakterieë. Hulle het ‘n effek soortgelyk

aan dié van protosoë.

Simbiotiese verwantskap

Een van die hoofrolspelers, wat ‘n brug tussen die plant en grond

skep, is die bekende arbuskulêre mikorisaswamme.

Verskeie studies het al getoon dat mikorisaswamme ‘n direkte

voordeel vir ‘n gewas inhou deurdat dit voedingstowwe aan die

gewas beskikbaar stel – wat tot verhoogde produktiwiteit kan lei.

Arbuskulêre mikorisaswamme leef in harmonie met plantwortels.

Mikorisa, ook bekend as wortelswam, is afgelei van die Latynse

woord “

mycos

” wat swam beteken en “

rhiza

” wat wortel beteken.

Dit word in die meeste gronde gevind en is volop in die risosfeer.

Mikorisaswamme kan ongelukkig net in die risosfeer groei en

voortplant. ‘n Deel van die swam is dus binne die wortel, aangesien

die gasheerplant se wortels gekoloniseer of geïnfekteer word deur

die swam. Sekere plante is goeie gashere vir mikorisa.

Gewasse soos mielies, peulgewasse en sonneblom is uitstekende

gashere vir mikorisaswamme. Kanola en koolgewasse kan egter nie

as gasheer vir mikorisaswamme dien nie. Elke plant of gewas het sy

eie groep mikorisaspesies.

Mikorisa vorm ‘n netwerk van fyn swamdrade in die risosfeer om

die worteloppervlak te verleng en sodoende die absorpsie-opper-

vlak van wortels met tussen 100 tot 1 000 maal te vergroot (

Foto 2

).

Die uitgebreide netwerk van swamdrade maak die plantwortels

meer doeltreffend om water en ander voedingstowwe soos fosfor

(P) en sink (Zn) op te neem.

FOKUS

Bemesting

Spesiale

Hou die September-uitgawe

van

SA Graan/Grain

dop vir ons

spesiale fokus op geïntegreerde

plaagbeheer.

Belangstellende adverteerders kan

vir Jurgen van Onselen kontak by

082 417 3874 of 021 976 4482.

OWEN RHODE,

LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom