

TABEL 3: DIE GEMIDDELDE OPBRENGS EN BRUTO MARGES OOR AGT JAAR MET VERKILLENDE INSETBENADERINGS.
BEHANDELING
GEMIDDELDE OP-
BRENGS OOR AGT JAAR
(T/HA) EN AS PERSEN-
TASIE VAN STANDAARD
INSETKOSTE AS
PERSENTASIE VAN
STANDAARD IN LAASTE
JAAR VAN PROEF
GEMIDDELDE BRUTO
MARGE AS PERSENTA-
SIE OOR DIE AGT JAAR
VAN DIE PROEF
INSET:UITSET-
VERHOUDING
Hoë inset-scenario
5,54 (107%)
112,5%
97%
2,04
Standaard inset-scenario
5,18 (100%)
100%
100%
2,37
Lae inset-scenario
4,80 (92,7%)
82,6%
111,3%
2,82
Uit hierdie inligting is dit duidelik dat opbrengste oor tyd nie drama-
ties van mekaar verskil het nie. Die hoër insetbenadering regverdig
nie noodwendig die styging in produksie nie. By die lae insetbe-
nadering is die daling in inkomste minder as die daling in kostes.
Gegewe die prys en insetkoste, kan dit sinvol wees om eerder teen
‘n laer insetbenadering te produseer waar die rendemente op die
belegging ‘n bietjie beter is: Presies wat gedoen moet word as
fondse ‘n beperkende faktor is.
In
Tabel 3
kan ook gesien word dat die bruto marges gehandhaaf
kan word as daar oordeelkundig op insette teruggesny word. Dit
kan egter nie onbepaald voortgaan nie en moet slegs gebruik word
om die volgende jaar of twee te oorbrug.
Verder het hierdie studie bewys dat plantestand wel teruggesny
kan word, maar dit moet in oorleg met die saadmaatskappy gedoen
word. Elke kultivar het sy eie plek en sekere kultivars sal beter as
ander presteer as die plantestand verminder word.
Plaag- en onkruidbeheer
Onkruidbeheer is van kardinale belang en kan met plant terugge-
sny word van algeheel na stroke, maar onder geen omstandighede
moet lande toegelaat word om vuil te word nie. Veral winteron-
kruide moet baie vroeg effektief beheer word. Produsente moet
ook nie waag om in lande te plant waarop daar onkruide is nie.
Onkruide is baie sterk kompeteerders en het ‘n drastiese invloed
op die opbrengs van enige gewas en moet daarom ten alle tye be-
heer word.
Insekbeheer kan teruggesny word tot strookbehandelings (op die
plant) om kostes te bespaar, maar die geskiedenis van die land is
belangrik om te bepaal tot waar teruggesny kan word. Dit is raad-
saam om weer eens jou landboukundige te raadpleeg wanneer die
beplannings gedoen word.
Al hierdie veranderinge is goed en wel, maar as jy nie die effektiwiteit
en doeltreffendheid van jou besigheid verbeter nie, is dit alles
verniet.
In ‘n volgende artikel word die metode om te besluit wat geplant
moet word, aangespreek. Vir meer inligting kontak Pietman Botha
by 082 759 2991 of Sakkie Koster by 083 678 8485.