Background Image
Previous Page  17 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 17 / 44 Next Page
Page Background

Uitbreiding van plaaslike perskapasiteit

begin positiewe resultate oplewer

i

nvoervervanging is op die voorgrond in die Suid-Afrikaanse

oliesaadbedryf. Dit word gerugsteun deur belegging in die

uitbreiding van die plaaslike perskapasiteit (sojabone sowel

as sonneblomsaad), wat tans op ongeveer 2,5 miljoen ton

geskat word. Nietemin bly Suid-Afrika die grootste invoerder

van plantaardige olie in die Suidelike Afrika streek en was

vir 33% van die streek se totale plantaardige olie-invoere in 2014

verantwoordelik. Onder hierdie ingevoerde produkte is sojaboon-,

sonneblom-, palm-, grondboon-, olyf- en klapperolie. In hierdie

artikel kyk ons kortliks na die handelstruktuur van Suid-Afrika se

plantaardige olies- en oliekoekinvoere ten einde die impak van die

pas-gevestigde persaanlegte op ingevoerde volumes te evalueer.

Suid-Afrika se plantaardige olie-invoere

Onder die ses plantaandige olies wat ontleed is, was palmolie

(palmpitolie) die afgelope vyf jaar die grootste olie-invoerproduk in

Suid-Afrika en het ‘n gemiddelde van 49% van die totale plantaardige

olie-invoere van 793 563 ton uitgemaak. Die voorste verskaffers van

die palmolie was Indonesië en Maleisië, wat saam ‘n 99%-aandeel

in die totale invoervolume in 2014 gehad het. Die tweede grootste

invoerolie was sojaboonolie, met ‘n gemiddelde aandeel van 28%.

Die voorste verskaffers van sojaboonolie aan Suid-Afrika in 2014 was

Spanje, Argentinië, Nederland, Roemenië en Brasilië. Sonneblom-

saadolie-invoere oor die afgelope vyf jaar het ‘n gemiddelde invoer-

aandeel van 16% uitgemaak, met Roemenië, Nederland, Bulgarye,

Portugal, Spanje en die Oekraïne as die voorste verskaffers. Klap-

perolie het ‘n 5%-aandeel in Suid-Afrika se totale plantaardige olie-

invoere uitgemaak, met Indonesië en Maleisië wat die voorste

verskaffers was. Olyf- en raapsaadolie het onderskeidelik ‘n gemid-

delde invoeraandeel van 1% gehad, met invoere hoofsaaklik uit

Spanje, Italië, Portugal, Griekeland en Frankryk. Minder beduidend

onder die plantaardige olie-invoere was grondboonolie, met ‘n jaar-

likse gemiddelde aandeel van minder as 1%. Heelwat daarvan het uit

Botswana, die Verenigde State en Nederland gekom.

WANDILE SIHLOBO,

ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA en

TINASHE KAPUYA

,

hoof: Handel en Beleggings, Agbiz

GRAANMARK

-oorsig

– 2 Desember 2015

OP PLAASVLAK

Grafiek 1: Suid-Afrika se plantaaardige olie-invoere.

Bron: Trade Map (2015)

15

January 2016