Background Image
Previous Page  9 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 9 / 64 Next Page
Page Background

7

KANTLYN

Op die

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estiedv@mweb.co.za

083 490 9449

6 en 7 Maart 2017

Tema: Grond – die hoeksteen van my boerdery

en my nageslag se sukses.

Vir meer inligting en registrasie, kontak Chandré Rudolph

by 082 075 3214 of

rudolphchandre@gmail.com .

Ottosdal Bewarings-

landboukonferensie

February 2017

Omkring op jou kalender

8 en 9 Maart 2017: Graan SA Kongres op NAMPO Park

16 - 19 Mei 2017: Graan SA se NAMPO Oesdag

Waardering

Beste Kleinneef

Vroeër jare het ek heel eerste na die laaste bladsy van

Landbou-

weekblad

geblaai om Adoons-hulle te lees. Deesdae blaai ek heel eerste na die

laaste bladsy van

SA Graan

om

E-posse aan Grootneef

te lees.

Baie dankie, ek geniet jou "briewe" baie en het dit al per geleentheid by same-

komste en by ons plaaslike ouetehuis waar ek as vrywilliger betrokke is, voor-

gelees. Doen so voort!

Vriendelike groete

Marcella Hartwigsen

Die stygende vlak van die Coligny-dam in Noordwes

het dié hengelaars onkant betrap, soos foto’s wat so-

siale media netwerke op 7 Januarie getref het, illus-

treer.

Die visse het heel waarskynlik in die skaduwee

van die blou gazebo baljaar... – Red.

DS KOOS KIRSTEN

WOORD

Uit die

e

en plek waar ‘n graanprodusent nie groot klippe of rotse

wil hê nie, is in sy lande. Veral naby of op die oppervlak

van die bogrond.

‘n Mens maak ook nie lande waar daar baie klippe of groot

klippe is nie. Grond moet bewerk-baar wees en gewasse moet goed

kan groei en ‘n goeie opbrengs kan lewer.

Een plek waar ‘n rots egter noodsaaklik en onontbeerlik is, is in elke

mens se geestelike lewe. Ons lees in verskeie Psalms dat die Here

ons Rots is (Psalm 19:15; 62:3 en 89:27).

Ons lees ook in Romeine 9:33 en in 1 Petrus 2:7 dat Christus die Rots

van ons heil is.

In al hierdie gedeeltes word die Rots vir ons geskets as die plek

waar ons veilig is en veilig kan woon. Verder is die Rots die Een deur

wie ons heil kan vind. Ons vind ons verlossing en saligheid by Hom.

Dink so daaraan: Jy swem in die see en skielik word jy deur die

strome en golwe oorweldig. Paniekerig swem en spartel jy rond op

soek na vastigheid; iets waaraan jy kan vasklou. Dan kom jy op ‘n

groot rots af waarop jy kan klim en jy is bokant die water. Jy is weer

veilig. Die rots was jou redding.

Só is die Here Jesus vir ons die Rots van veiligheid en redding in

die stormsee van die lewe. Hy is die plek waar ‘n mens veilig kan

bly nadat Hy jou van ondergang en dood gered het.

Soek Hom dan in die geloof, want wie in Hom glo, sal nooit be-

skaamd staan nie. Bly by Hom in die geloof, want wie in Hom glo,

sal nooit verlore gaan nie, maar die Ewige Lewe hê.

Baie geluk aan

Loutjie Rootman van

Ottosdal wat vir die

Januarie-uitgawe van

SA Graan/Grain

die

gratis Bybel gewen het.