Background Image
Previous Page  6 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 64 Next Page
Page Background

4

d

ie afgelope feestyd het vir somergewasproduksie ge-

paard gegaan met uiterstes in wind en weer: Eers sulke

droë dae waar die wind alles doodwaai en daarna oor-

vloed reën. Die weste is regtig besig om die felheid van

klimaatsverandering te beleef.

Die weer het die graanprodusente se emosies soos ‘n klimtol van

ouds laat op en af gaan. Party se emosies het soms net onder ge-

bly totdat die sluise aan die einde van die eerste week van Januarie

vanjaar behoorlik geopen het.

Ek het gedurende die vakansietyd ‘n uitstekende aanhaling gelees

wat my só aan die graanprodusente van Suid-Afrika laat dink het:

“Are you potted or planted?” het die skrywer gevra.

As jy ‘n potplant is en die wind waai wes en uitdagings kom soos

stofstorms aangewaai, skuif jy gou of jou gedagtes dwaal na

Australië of Argentinië. Maar as jy soos ‘n peperboom daar by

die agterdeur geplant is, dan staan jy waar jy staan en hanteer die

storms.

Ek het in die feestyd 18 nuwe bome geplant as simbool daarvan

dat ek ‘n langtermynvisie vir ons land en sy mense het. Bome is die

nalatenskap vir ‘n volgende geslag: Nie net dat hulle ons sal onthou

en waardeer nie, maar ook dat daar skaduwees sal wees om in te

rus as die son genadeloos brand en die wind wes waai. Potplante

het selde een of ander nalatenskap.

Ek en jy leef in ‘n tydvak waar slegs ‘n klein minderheid van indi-

vidue daarna streef om hulle lewens op te offer vir doelwitte wat

groter as hulself is. Graan SA het egter juis ten doel om ‘n nalaten-

skap vir die land agter te laat. Ons lewe nie net vir die oomblik van

hier en nou nie, maar dink ook aan volhoubaarheid as ‘n reis en nie

‘n bestemming nie.

Tydens die Kongres in Maart vanjaar wil ons graag saam na die

pad soek wat daarheen loop. Ek lees hoe die wêreld bekommerd

raak oor soveel sake waaroor ons geen beheer het anders as om te

glo in die Een wat alles onder Sy beheer het nie.

Toe Kersfees verby is en die stofwolke steeds ons

WhatsApp

-

groepe se foto’s gevul het, het ons geloof klein geraak. Tog is daar

wonderbaarlik weer vir ons gesorg! Dit was vir my nogal interes-

sant dat Oom Lang Hans in ‘n ou

SA Graan/Graan

-tydskrif berig

het dat die reën na 1985 se droogte ook op 7 Januarie begin val het.

Kom ons leef en beplan die toekoms soos ‘n boom wat stewig ge-

plant is in Suid-Afrika. Laat ons nie beplan asof ons potplante is

wat heen en weer geskuif word na gelang van die uitdagings van

ons dag nie. Uitdagings sal daar altyd wees: As dit nie die natuur is

nie, sal die politici daarvoor sorg.

Dit is hóé ons daarop reageer wat belangrik is. Uitdagings sal daar

in 2017 wees; kom ons pak dit saam aan en wys vir die wêreld

waarom daar gereeld na die Suid-Afrikaanse produsente as die

beste in die wêreld verwys word.

Volhoubaarheid is ‘n reis,

nie ‘n bestemming nie

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Graan SA het

egter juis ten doel

om ‘n nalatenskap

vir die land agter

te laat.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Februarie 2017