Background Image
Previous Page  14 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 14 / 64 Next Page
Page Background

FOKUS

Grondbone

Spesiale

Februarie 2017

12

Is die Grondboonforum op koers?

D

ie Suid-Afrikaanse Grondboonforum (SAGF) herdenk hier-

die jaar twee dekades waarin dit die verteenwoordigende

liggaam en erkende stem van die plaaslike grondboonbe-

dryf was.

In ‘n konstante soeke na oplossings om die uitdagings van ‘n

altyd-veranderende omgewing die hoof te bied, skep die SAGF ‘n

sentrale, deursigtige en inklusiewe platform vir alle belanghebben-

de partye binne die grondboonbedryf om deel te neem aan en in-

sae te hê in die strategiese rigting en doelstellings van die bedryf.

Kenmerkend aan enige bedryf is die konflik wat noodgedwonge

ontstaan tussen die belang van landbou aan die een kant en kom-

mersiële handel aan die ander. Die SAGF dien as ‘n oorbruggende

meganisme tussen alle sektore met die doel om wedersydse be-

grip en verenigde samewerking – tot voordeel en beskerming van

die belange van almal betrokke – te bewerkstellig.

Die SAGF word verder verteenwoordig op die Oliesade Advies-

komitee (OAK), wat tesame met die Olie- en Proteïensade Ont-

wikkelings Trust (OPOT), verantwoordelik is vir die bestuur en

finansiëring van navorsingprojekte namens die oliesaadbedrywe.

Deelname deur belanghebbendes is van kardinale belang in die

sukses van enige liggaam en die SAGF is geen uitsondering nie.

Om waarlik die stem van die bedryf te wees, moet die bedryf welis-

waar ook hul individuele stemme hoorbaar maak om te verseker

dat die groter belang altyd korrek geïnterpreteer en aangespreek

word sodat doelwitte en navorsingsbehoeftes deeglik verwoord

en oorgedra kan word.

Strategiese doelstellings

2016 sal seker vir lank onthou word as die jaar met die kleinste

grondboonoes op rekord en dit is eweneens ook die jaar waarin

die forum sy strategie vir die toekoms heroorweeg het. Die lede

van die SAGF het hulself ten doel gestel om struktuur te gee aan

strategiese doelstellings en daar is ooreengekom dat die bevin-

dings van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) se grond-

boonvolhoubaarheidstudie van 2012 steeds geldig is en as basis

en raamwerk vir die identifisering van sleutelareas sal dien.

Een van die belangrikste temas wat in die verslag uitgelig is, is

die funksionering van die bedryf as ‘n groter liggaam. Sover

dit die aksies van die SAGF aangaan, sal dit alle bespreking en

projekkoördinering, deursigtigheid en samewerking voorop stel.

Die mate van wantroue wat in die bedryf bestaan, sal deur gedeel-

de doelwitte en oop kommunikasie teëgewerk word.

Die rol en mandaat van die SAGF is heroorweeg, duidelik uitgelê

en die struktuur word opnuut aan alle belanghebbendes bekend-

gestel. Die nuut-aanvaarde “Terme van verwysing” (

Terms of

reference

) is op aanvraag beskikbaar, maar is ook te vinde op die

forum se webtuiste (

www.sagroundnut.com )

. In die aanhangsel

daartoe, word ooreengekom op die mees kritiese doelstellings

– wat op ‘n jaarlikse basis hersien en aangepas sal word en by

elke vergadering bespreek word.

Hoër opbrengste

Die behoefte aan hoër opbrengste bly egter onteenseglik die één

kwessie wat stabiliteit en groei vir die bedryf inhou. Aanvraag,

beide plaaslik en oorsee, is by verre groter as dít waarin die plaas-

like aanbod die afgelope paar jaar kon voorsien en lei tot die vraag:

Wat sal ons produsente aanspoor tot groter aanplantings?

Terugvoer oor opname

Om te bevestig of weerlê wat ons dink ons weet, het die SAGF

verlede jaar ‘n interne aksie geloods waardeur deelnemers in die

bedryf gevra is om hul sentimente rondom die grondboonbedryf

met ons te deel. Met die ondersteuning van Graan SA en indivi-

duele verwerkingsaanlegte is die vraelyste ook onder produsente

versprei om te verseker dat inligting van die bedryf, waar kwes-

sies rakende opbrengs en kultivar hul grondslag het, bekom word.

Soos verwag kon word, staan opbrengs, droogteverdraagsaam-

heid en weerstand teen siektes voorop as die hoogste prioriteite

wanneer wenslike eienskappe in kultivars ter sprake kom. Die tipe

(byvoorbeeld Spaans of ranker) asook die grootte van pitte blyk ook

van belang te wees in die meeste gevalle – veral wat die res van

die bedryf betref. Daar is konsensus dat internasionale materiaal

vir plaaslike aanpasbaarheid in proewe geëvalueer behoort te

word, maar dit is duidelik dat kultivars gekeur moet word om seker

te maak dat dit aan markvereistes voldoen en dat dit ‘n redelike

kans vir sukses onder plaaslike produksie-omstandighede toon.

Die lyne wat in die laaste paar jare in die grondboon-eliteproewe

ingeskryf is, het nie die resultate gelewer waarop gehoop is nie

en oor die algemeen nie beter gevaar as ons plaaslik-ontwikkelde

kultivars nie...in elk geval nie tot so ‘n mate dat die eienaars van die

lyne gretig is om dit hier te kom registreer en bemark nie.

Hierdie sentiment is in die opname deur verskeie produsente wat

eerstehandse ondervinding met van hierdie of soortgelyke kultivars

opgedoen het gedeel, terwyl dit uit ander oorde blyk dat daar tog

hoop in dié verband is.

Die data dui verder daarop dat 69% van respondente van mening

is dat gemiddelde opbrengste van 2 t/ha hoër aanplantings in die

droëlandgebiede sal aanwakker, terwyl 80% van droëlandprodu-

sente wat die vraelys voltooi het, aandui dat ‘n verhoging in op-

brengs van 0,5 t/ha vir hul voldoende aansporing sou wees om hul

aanplantings te verhoog. In kort bly opbrengs, prys, meganisasie en

massahantering (laasgemelde twee toenemend in die afgelope paar

jaar) die grootste oorwegings vir grondboonprodusente wanneer

dit by die besluit om te plant kom, maar respondente voel dat

90 000 ha gemiddeld (en selfs hoër) weer haalbaar is.

Die uitslag op die vraag rakende die mees wenslike kultivareien-

skappe word in

Tabel 1

weergegee.

In terme van bemarkbaarheid van tipes grondbone is 57% van

respondente dit eens dat die tipe grondboon tog belangrik is vir

plaaslike bemarking, terwyl 89% voel dat dit baie belangrik vir

uitvoermarkte is. Suid-Afrika is een van die min lande wat meeding

ADRI BOTHA,

voorsitter: SA Grondboonforum