Background Image
Previous Page  3 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 64 Next Page
Page Background

1

February 2017

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

André Agenbag, Adri Botha, Pietman Botha, Johann Brits, Chris Cumming, Jannie de Villiers, Magda du Toit, Alzena Gomes, Elbé Hugo, Koos Kirsten,

Franco le Roux, Piet Lombard, Corné Louw, Chrissie Miles, Loureine Muller, Chris Richter, Ruth Schultz, Lisa Smorenburg, Johann Strauss, Dirk Strydom,

Luan van der Walt, Marlene van der Walt, Schalk van Wyk, Nico Vermaak en Neels Wegner

v

ergewe hierdie ma as sy so aan die begin van die jaar nie

anders kan as om oor kinders en skool te skryf nie…Die-

gene wat nog ‘n kind op skool het/gehad het, sal weet dat

die eerste paar weke van die nuwe skooljaar maar taamlik

holderstebolder is – totdat ‘n mens net weer in roetine is.

Dit is boeke oortrek, atletiekoefening, ouerinligtingvergaderings,

worsbroodjies maak by die atletiek en rondjaag op soek na ‘n geel

en ‘n rooi hemp, want my twee dogters is in verskillende spanne en

moet môre die hemde vir interhuis hê – dit is nou buiten die normale

weeklikse dansklasse en gimnastiekoefeninge. En so jaag ons ma’s

maar voort.

Maar ek kla nie: Ek onthou nog hoe my tannie kleintyd vertel het

van die eerste keer toe my nefie in Graad 1 (Sub A in daardie jare)

koshuis toe moes gaan en hoe hy die eerste naweek huis toe gekom

het...met die koekie badseep nog net so toe in die papier!

Ons is so ‘n paar vriendinne wat saamkuier en as die een vriendin

(wat teen die Botswana-grens grootgeword het) vertel van haar kos-

huisdae in Graad 1, sluk ons sommer aan ‘n knop in die keel. Hierdie

moederhart sou gebreek het as ons dogtertjies so jonk koshuis toe

moes gaan! En ek veroordeel niemand nie: Ek weet party plase is

‘n dag se ry te perd van die dorp af en daar is nie ‘n ander uitweg nie...

In hierdie uitgawe

Ons is baie trots op ons nuwe “Graad eentjie” in dié uitgawe: ‘n

Fokus op kanola. Kanola is ‘n gewas wat oor die afgelope paar jaar

sy merk in die kleingraanverbouingsareas van die Wes-Kaap gemaak

het. Aanvanklik is daar skoolgelde betaal, maar oor die algemeen het

die meeste produsente die bestuur van die gewas bemeester om

jaar op jaar uitstekende resultate te behaal – soos wat Franco le Roux

(Soill) op bladsy 28 verduidelik.

Die effektiewe en doeltreffende bestuur van kanola speel ‘n baie

groot rol in die sukses daarvan – vanaf vestiging tot met die oes

daarvan. Klein foutjies kan ‘n geweldige impak hê op die opbrengs en

winsgewendheid van die gewas.

Daar is ook artikels oor kanolakultivarevaluasie in die Wes-Kaap

(bladsy 30), onkruid- en swambeheer op kanola (bladsy 34) en be-

mestingbehoeftes van kanola (bladsy 38).

Ons ander laerskoolkind, “Fokus op grondbone”, wat nou vir die

derde jaar in die “skool” is, het ook baie goed die afgelope paar

jaar presteer en verdien beslis ‘n A+. Lees meer oor die fokus op

grondbone op bladsy 11 tot bladsy 26.

Sterkte vir die nuwe (skool)jaar!

Groetnis

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

T

he Grain SA Congress for 2017 will be pre-

sented at NAMPO Park, Bothaville, on 8 and

9 March. The theme for Congress is ‘Grain map-

ping the future’. This opportunity will be used to

consult with South African grain producers regard-

ing challenges in the grain and oilseeds industry.

On

page 8

NICO VERMAAK

(Grain SA) tells us

more about the Congress.

B

laarsiektes by grondbone kan as “spoke”

geklassifiseer word, aangesien van hulle net

onder sekere omstandighede te voorskyn kom.

Volgens

LOUREINE MULLER

(LNR-Instituut vir

Graangewasse) moet produsente bewus wees van

watter tipes blaarsiektes onder watter omstan-

dighede op grondbone voorkom en hoe om dit te

beheer. Meer op

bladsy 21

.

T

en einde die bemestingsbehoeftes van gewas-

se te bepaal, is dit belangrik om te weet hoe-

veel voedingstowwe deur die gewas uit die grond

verwyder gaan word en hoeveel daarvan deur die

grond voorsien sal word.

PROF ANDRÉ AGENBAG

(Universiteit van Stellenbosch) verduidelik op

bladsy 38

hoe produsente die bemestingbehoeftes

van kanola kan bepaal.

T

he drought had an enormous impact on our

supply and demand within the South African

maize industry. The decrease in supply due to low

production, leads to an import scenario of close

to 3 million tons in order to satisfy the demand.

On

page 47

DIRK STRYDOM

(Grain SA) draws a

comparison between the quality of local versus

imported white maize.

Meet our

contributors...

c

HRIS CUMMING

was born in

Komgha in the Eastern Cape.

He was educated at Dale Col-

lege, King William’s Town and

completed a diploma course

at Technicon Pretoria in agronomy. He

worked for the Department of Agri-

culture as a research technician at the

Dohne Research Station, Stutterheim, from 1966 to 1976. In

1977 he was transferred to the Small Grains Institute, Bethle-

hem and conducted cereal cultivar trials all over the summer

wheat production region. In 1980 he joined the private sector.

He served as chairman of the Cape Working group of CropLife

for ten years, as well as heading the Herbicide Resistance Ac-

tion Committee (HRAC) for the same period. He retired to the

Strand from the AgChem business at the end of June 2011

after 31 happy years.

‘I welcomed the opportunity to retain contact when ap-

proached by the Protein Research Foundation (PRF) to work

as a consultant for the canola industry. Lydia and I have four

kids and five grandchildren. We both still play tennis a couple

of times a week and potter around the garden.’

Read his article

‘n Kykie na onkruid- en swambeheer op kanola

on

page 34

.