Background Image
Previous Page  66 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 66 / 68 Next Page
Page Background

64

Beste Grootneef

m

y samjoor in die

Army

was, om dit sagkens te

stel, ‘n rowwe diamant: Wilder as die wildtuin; stil,

soos ‘n landmyn. Maar as hy eers vlam gevat het,

het selfs die olifante druipstert padgegee om plek

te maak vir ‘n groter dier in die bos.

Vir hom was ‘n bajonet ‘n tandestokkie. Boeliebeef het hy met blik

en al geëet. Vir ‘n korporaal of generaal het hy ewe min agting

gehad. Sy kussing was ‘n mortier en ‘n Ratel was op enige plek ‘n

tydelike basis.

Maar hy het ook ‘n sagte kant gehad. Hy het eendag in ‘n swakker

oomblik gebieg dat hy hou van die mooi dinge in die lewe – soos bier

en bobbejane.

Hy het graag via die

Pronk

-tydskrif met dames tussen 18 en 23

gekorrespondeer onder die skuilnaam “Grensvegter”. Hy het veral

gehou van meisies met Isuzu-bakkies en dan ‘n foto van die bakkie

in sy staaldak rondgedra.

En wel ter tale! Hy het ‘n besondere aanleg gehad vir die fyner

nuanses van die

FAK-bundel

. Hy kon ‘n hele peloton vir agt minute

en 40 sekondes besig hou met hul fortuin, sonder om een gevleuel-

de woord te herhaal.

Hy was ook ‘n baie goeie motiveerder. Hy het graag vir nuwe troepe

vertel dat hul laer as haaibollie-skadu op die seebodem was. As ‘n

roof gedink het hy is kaas, het samjoor hom gou laat voel soos ‘n

polonie.

Hy was ook altyd bekommerd oor sy troepe se welstand. Hy het

almal altyd daaraan herinner dat as hulle nie trap waar hy trap nie,

die landmyn hul sal blaas tot in saal 6, 7 en 8.

Hy het baie belanggestel in ruimtereise. Só het hy eendag na ‘n

“oppie”, die arme saalsak wat laaste onder sy

full kit

ingestrompel

het, persoonlik gaan bemoedig. Samjoor het die troep luidkeels

meegedeel dat hy sy pas moet versnel, by gebreke daarvan samjoor

hom met ‘n vyfpuntplan sal lanseer, sodat hy wat troep is, drie dae

waterpas sal trek en die vierde dag die aarde sal misval. Dit was só

‘n besondere inspirerende boodskap, dat troep net daar in sy spore

omgedraai het en op die roete teruggedraf het. Tot vandag toe nog

soek...

Ou Neef, die week het ek nogal baie aan samjoor gedink. Want dit

lyk of iemand die rand ‘n klap gegee het en die arme rand nou die

aarde misval.

Buurman vertel graag van die voorval toe die Reserwebank van

Zimbabwe beroof is. Die Zim-polisie het na die tyd ‘n verklaring

uitgereik dat hul nie ‘n motief vir die roof kon bepaal nie. As onse

ou randjie nou so aanhou val, kan dit ook by ons gebeur dat nie-

mand meer die Reserwebank se deure in die aande hoef te sluit

nie. Want niemand sal die moeite doen om die rande wat oor is, te

herverdeel nie.

Met só ‘n pieperige rand gaan ons sukkel om in Oktober te plant.

Want bykans elke dieseldampie en kunsmiskorrel word ingevoer.

En met sowat R23 vir een miserabele Engelse pond, wat gaan dit

kos om ‘n oes in die grond te sit?

Ou Neef, waar is samjoor nou? Dalk sou hy met ‘n enkele drilsessie

weer die ekonomie in pas kon kry.

Om te dink, na alles in die Suid-Afrikaanse Weermag, is hy op

pad Durban toe die hiernamaals in. Hy wou graag die see sien toe

hy uitgeklaar het, maar hy het nie die lorrie gesien wat voor hom

ingedraai het nie.

Vasbyt, min dae.

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

Toe val die rand die

aarde mis

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

Februarie 2016