Background Image
Previous Page  64 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 64 / 68 Next Page
Page Background

Isuzu KB 300 LX 4x4 met uitgebreide kajuit

– Kaptein Kirk se Suid-Afrikaanse bakkie

d

ie Isuzu KB 300 LX 4x4 met uitgebreide kajuit is die

bakkie wat so tussen die enkel- en dubbelkajuit res-

sorteer. ‘n Produsent is in sy bakkie soos Kaptein Kirk

op die beheerdek van die

Starship Enterprise

in die

Startrek

-televisiereeks.

Al sy gereedskap moet om hom wees en daarvoor moet daar plek

wees. Hy moet ook gemaklik in sy sitplek wees, want partykeer is

die rit rof of lank – of selfs albei. Daardie ekstra ruimte agter die

sitplekke om gereedskap, ‘n geweer en selfs padkos en drinkgoed

weg te bêre, is perfek vir die produsent wat, soos kaptein Kirk, in

beheer wil wees.

Die Isuzu KB 300 LX 4x4 met sy groter kajuit trek aandag. Nie net is

dit aantreklik en trek die oog nie, maar die manne wat hul bakkies

ken, weet dat die Isuzu’s bekend is daarvoor dat hulle van die brand-

stofsuinigste bakkies op die mark is – ideaal vir hierdie moeilike

ekonomiese tyd. Die kragtige 3 liter-dieselenjin, wat net in die heel

luuksste LX-spesifikasie modelle beskikbaar is, het ‘n amptelike

brandstofverbruik van 7,9 liter/100 km in ‘n kombinasie van stads-

en oop padverkeer.

Op die oop pad het

SA Graan/Grain

bevind dat die brandstofver-

bruik net oor die 8 liter/100 km teen ‘n gemiddelde snelheid van

100 km/uur is. Hou in gedagte dat hierdie ‘n 4x4-voertuig is en dit

ten spyte daarvan, steeds ‘n merkwaardige brandstofverbruik het.

Die Isuzu 3 liter D-TEQ viersilinder dieselenjin het ‘n kraglewering

van 130 kW teen 3 600 omwentelinge met ‘n maksimum wringkrag

van 380 Nm wat tussen 1 800 en 2 800 omwentelinge lewer. Hierdie

spesifieke model word met ‘n vyfganghandratkas aangedryf. ‘n

Outomatiese ratkas is wel in die dubbelkajuit-weergawe beskikbaar.

As ‘n LX-model is die 3 liter uitgebreide kajuit-weergawe ook gelaai

met geriefs- en veiligheidseienskappe, sodat iemand wat ‘n Isuzu

LX-model aanskaf, nie eers twee keer na iets anders sal wil kyk nie.

Die LX-modelle is byvoorbeeld toegerus met ‘n uitstekende outo-

matiese klimaatbeheer, wat verseker dat die temperatuur van jou

keuse eweredig deur die kajuit gehandhaaf word. Veiligheidstoe-

rusting in hierdie model sluit onder andere sluitweerremme met

elektroniese remkragverspreiding, elektroniese stabiliteitsbeheer,

lugsakke vir die bestuurder en voorste passasier en parkeerhulp in.

Hierdie bakkie is ook een van die beste sleepvoertuie in sy klas en

mag wettiglik 3 500 kg sleep.

Isuzu-bakkies het nog altyd ‘n gemakliker rit as die meeste van sy

mededingers in die mark gebied en die Isuzu KB 300 LX 4x4 stel

nie teleur nie. Afhangende van die model en wat die spesifieke

model se hooftaak is, is daar verskillende bladveer-konfigurasies

vir Isuzu se KB-bakkies. As ‘n mens by die luukse LX-modelle kom,

is die bakkie geveer vir padvastheid en rygerief. As ‘n 4x4-model

sien hierdie bakkie ook basies vir enige padtoestand kans.

Die Isuzu KB-reeks het ‘n vyfjaar/120 000 km-waarborg met ‘n

padbystanddiens vir hierdie periode. Diensintervalle vir beide die

petrol- en die dieselmodelle is elke twaalf maande of 15 000 km.

Die KB 300 D-TEQ LX 4x4 met die uitgebreide kajuit kos R451 800.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

Die Isuzu KB 300 D-TEQ LX 4x4 met die uitgebreide kajuit het ‘n

groot laairuimte en ruim kajuit. Die ideale bakkie vir die kaptein

van die plaas.

62

Februarie 2016