Background Image
Previous Page  63 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 63 / 68 Next Page
Page Background

Só dek ek vir

high tea

Kontak Abrie Coetzee van Kamelia in Klerksdorp

by 018 468 5689 of 072 804 9841.

ABRIE COETZEE,

onthaal- en dekorspesialis

KUIER SAAM MET

Abrie

v

ir

high tea

gebruik ek porseleinkoppies (erfstukke) met

koningsblou, goud en silwer. Die teepotte, melkbekertjies

en suikerpotjies moet gedraaide voetjies en rosies hê;

klein, goue koekvurkies en lepeltjies en ‘n klontjie suiker

wat met ‘n knyptangetjie geskep word. Fyn servette en

strikke rond die eetgerei af.

Petit-fours, pienk malvakoek en wasige sponskoeke – gestapel in

drie lae – is essensieel vir my

high tea

. Daar moet klein, pers gesig-

gieblommetjies en fyn takkies tussen die delikate fynproewers-

soetgebak wees. Stomende appelstrudeltertjies is ononderhandel-

baar, fyn konfyttertjies…asook roompoffertjies, net klein genoeg vir

een happie, reënboogvingerbroodjies en salmpakkies met spierwit

strikkies. Ek dek ronde tafeltjies in die roostuin; getooi in kanttafel-

doeke en glasvase met rose in verskillende skakerings van pienk

– gestapel en in spasies ingedruk.

Hierdie wasige vroulike

high tea

met net die beste vir die verfynde

vroue van die platteland, is pragtig en heerlik!

61

February 2016