Background Image
Previous Page  73 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 73 / 76 Next Page
Page Background

71

Baie waarde in die nuwe Sportage-pakket

– padindrukke: Kia Sportage 2.0 AWD CRDi AUTO

d

ie Sportage is Kia se deelnemer in die hoogs kompe-

terende, kompakte, sportiewe nutsvoertuig (SNV) mark.

Daar is tien modelle in die reeks, met die Explore-

weergawe as die topmodel.

Die reeks begin met ‘n handrat en voorwielaangedre-

we 2 liter-petrolenjinweergawe teen ‘n prys van R328 995. Maak

hom vierwielaangedrewe, sit ‘n outomatiese ratkas in, vervang die

petrolenjin met ‘n uiters kragtige en spaarsamige 2 liter-dieselenjin

asook ‘n wye reeks waardetoevoegings daarby en dit bring jou by

die Explore-model wat R471 995 kos.

Sny bietjie die luukses, soos die navigasiestelsel en die kant-

trappe, wat as standaard in die Explore-model kom, dan kry jy

vir ongeveer R39 000 minder, die Sportage AWD CRDi Auto vir ‘n

baie billike R432 995. Só billik dat jy R80 000 méér vir een van die

kompeteerders sal moet betaal, om ongeveer dieselfde spesifikasie-

vlakke te kan verkry as met die Sportage AWD CRDi Auto – kompe-

teerders soos die Honda CR-V en Toyota RAV4.

Die tien verskillende modelle dek die hele spektrum van behoeftes

wat die koper van ‘n sportiewe nutsvoertuig mag benodig. Daar

is keuses tussen outomaties en handrat, tussen tweewiel- en

vierwiel-aangedrewe en tussen ‘n petrol- en dieselenjin. Die finale

keuse gaan wees of jy eerder die Explore-model gaan neem, om-

dat dit besonder goed toegerus is om ook vir veldrytoestande kans

te sien.

SA Graan/Grain

het die top 2 liter-vierwielaangedrewe, outoma-

tiese CRDi-model sonder die Explore-pakket getoetsbestuur. Die

AWD CRDi is vir R12 000 minder teen R420 995 ook in ‘n handrat

beskikbaar, maar die Sportage AWD CRDi Auto-toetsvoertuig se

sesspoed outomatiese ratkas het so seepglad oorgeskakel en

gesorg dat daar altyd genoeg wringkrag is, dat ‘n mens eerder vir die

outomaties moet gaan.

Sy 1995cc CRDi-enjin het ‘n kraglewering van 130 kW teen 4 000 r/

min en ‘n wringkrag van 392 Nm tussen 1 800 en 2 500 r/min.

Honda se CR-V 2.2i-DTEC AWD en Toyota se RAV4 2.2D-4D AWD

het beide wel groter dieselenjins as die Kia Sportage se CRDi

(onderskeidelik 204 cc en 236 cc meer), maar die Kia lewer 20 kW

meer krag en ongeveer 50 Nm meer wringkrag. Nie net kos die

Kia Sportage AWD CRDi minder as sy kompeteerders nie, maar dit

is ook kragtiger en beter toegerus.

‘n Uiters ekonomiese voertuig is dit ook. Die amptelike brand-

stofverbruik van die outomatiese Sportage AWD CRDi is 7,4 liter/

100 km met ‘n brandstof-reikwydte van 743 km.

SA Graan/Grain

kon op verskillende ry- en padtoestande langs die kus ‘n baie

bevredigende 7,8 liter/100 km bereik. Nog ‘n pluimpie vir hierdie

enjin is dat dit besonders stil loop. ‘n Pluspunt van die Sportage

gemeet teen sy SNV-kompeteerders, is die feit dat hy beter kan

klou omdat hy groter voete het. Sy 18 duim wiele is met 235/55

rubber bedek. Die binneruim is besonders gerieflik. Hoofsaaklik

te danke aan die slim binne-uitleg van die sitplekke en konsoles.

Vyf mense sal goed inpas.

Die Sportage AWD CRDi Auto is ‘n gerieflike, kragtige en spaar-

samige SNV. Op papier maak die syfers sin. Dit is ‘n uitstekende

koop as jy die kompakte SNV-klas wil uitprobeer.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

Die Kia Sportage 2.0 AWD CRDi AUTO Explore. Dit spog onder andere met ‘n navigasiestelsel.

February 2015