Background Image
Previous Page  67 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 67 / 76 Next Page
Page Background

AKTUEEL

Goeie arbeidspraktyke en

-verhoudinge in die kollig

E

erlikheid en openlikheid teenoor mekaar – kommunikasie – is

vir mnr Chris Schoonwinkel van die plaas Welgegund in die

Wesselsbron-distrik (en ook dagbestuurslid van Graan SA)

een van die belangrikste arbeidspraktyke waarop daar klem

in sy boerdery gelê word.

“Opdragte moet duidelik deurgee word sodat almal weet wat die

einddoel is – of dit nou vir klein of groot take in die boerdery is,” sê

hy. “Ek glo deur vir elke werker bepaalde verantwoordelikhede te

gee, waarvoor hy/sy alleen aanspreeklik is, dra jy by tot die ontwikke-

ling van die mens. Vertroue in die werker om te produseer of te skep,

is belangrik en hy/sy moet dit weet en besef.”

Op ‘n vraag oor hoe hy glo ‘n mens jou personeel moet hanteer,

antwoord hy sonder om te aarsel: “Hulle is mense met behoeftes

– praat saam daaroor. Weer eens: Eerlikheid en billikheid moet sterk

figureer.”

Hoe motiveer hy sy personeel? “Die einddoel op ‘n saaiplaas is hoër

produktiwiteit wat weerspieël word in hoër opbrengste en hopelik

hoër winste. Dit gee aanleiding tot groter bonusse.”

Erkenning op Welgegund word deur middel van bonusse en

toegeeflikheid in sekere omstandighede aan personeel gegee.

Indien daar geskille op die plaas is of konflik opgelos moet word,

maak Schoonwinkel gebruik van arbeidskonsultante wat die letter

van die wet na beide die werkgewer en werknemer toepas. “Dit

hou almal tevrede. Ek moet sê: Die wet is baie ten gunste van die

werkgewer ook, alhoewel die persepsie baie keer andersom is.”

En wat is sy siening van die minimum loon?

“Dit is wat dit sê: ‘n Minimum. Werkers in ons omgewing verdien

heelwat meer as dít as jy die totale pakket inreken. Die groot

persentasiestygings jaarliks bring verwarring en konflik mee. Op

die salarisskale wat die werkers reeds kry, kan die loon nie met

dieselfde koers aangepas word nie.

“Ek glo met die salarisstruktuur soos dit tans is, sorg die werkers

nie net vir hulle eie gesinne nie, maar dra ook wesenlik by tot die

ekonomie van die distrik. Die lewenstandaard op die plase het ook,

as gevolg van die beter lone, gestyg.

“Weens my betrokkenheid by Graan SA is ek bewus daarvan dat

daar gekyk word na vergoeding van verskillende posvlakke vir

plaaswerkers in die graanbedryf. Ons sien met afwagting daarna uit,

want dit kan die ongemaklikheid wat tans bestaan dat alle posvlakke

min of meer dieselfde salaris kry, tot ‘n einde bring.

“Opleiding en raad met die gebruik van finansies word ook

deurlopend aan ons werkers gegee en hulle pluk die vrugte hiervan,”

verduidelik Schoonwinkel.

Hulle probeer meer mense op die plaas in diens neem deur gebruik

te maak van ‘n rotasiestelsel en halfdagposte.

Wenke

Schoonwinkel gee die volgende wenke vir medeprodusente om die

beste uit hul werkerskorps te kry: “Wees eerlik, billik, regverdig,

maar bowenal medemenslik. Hê ‘n oop hand, maar weet: Geld alleen

kan nie vrede en harmonie op ‘n plaas koop nie. Sien die mense se

behoeftes raak en praat met die werkers, maar wees aan die ander

kant streng en gedissiplineerd,” sluit hy die gesprek af.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur,

SA Graan/Grain

Chris Schoonwinkel van Wesselsbron

Reeks

Deel jou praktyke met medeprodusente

Graan SA-lede is welkom om wenke vir goeie arbeidspraktyke en -verhoudinge op die plaas of praktyke wat hulle op die plaas toepas

en wat vir hulle werk, met hulle medeprodusente te deel. Stuur ‘n e-pos na

estiedv@mweb.co.za

en ons sal jou kontak.

1: Die plaas se sokkerspan – reg vir aksie voor ‘n wedstryd.

2: Chris Schoonwinkel se vrou, Lizette, het vir Suzan Montewa, wat by

haar in die huis werk, en van haar vriendinne ‘n spesiale partytjie gehou

toe Suzan 50 geword het.

3: Chris glo deur vir elke werker bepaalde verantwoordelikhede te gee,

waarvoor hy/sy alleen aanspreeklik is, dra jy by tot die ontwikkeling

van die mens.

1

2

3

65

February 2015