Background Image
Previous Page  68 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 68 / 76 Next Page
Page Background

Februarie 2015

66

Superslim toerusting

is aan die voorpunt van kommunikasie

J

ohn Deere is ongetwyfeld ‘n markleier wat tegnologie in land-

boutoerusting betref. Om dit ten toon te stel, het Senwes Village

Meganisasie op 8 en 9 Oktober verlede jaar ‘n John Deere-

produkbekendstelling op NAMPO Park gehou. Tydens hierdie

twee dae is nuwe produkte vertoon en inligting oor presisieboerdery,

finansiering en markte aan nagenoeg 500 produsente oorgedra.

Met 177 jaar op hulle kerfstok is John Deere reeds die afgelope 52 jaar

in Suid-Afrika betrokke. Volgens mnr Alwyn Small, verteenwoordiger

van die maatskappy, is hulle ook die eerste maatskappy in die land wat

finansieringsoplossings deur een van sy divisies in die organisasie-

struktuur aangebied het.

In 2005 het John Deere Credit (in 2011 verander na John Deere Financial)

deel geword van die John Deere-familie en is ‘n formele alliansie-oor-

eenkoms met Absa gesluit. “Ons uitsluitlike doel was om ons produkte

te finansier en daardeur te wys dat ons daardie produkte ondersteun,”

het Small gesê. Die 3 333 aktiewe rekeninge wat tans op die boek is,

geniet verskillende opsies wat die termyn van transaksies, frekwensie

van betaling asook die hantering van BTW betref.

Volgens mnr Ferdie Pieterse (bestuurder: Senwes Village Meganisasie)

dui John Deere FarmSight op ‘n wye reeks produkte en dienste – hoof-

saaklik met kommunikasie met die produsent ten doel.

“Dit begin by die produsent se toerusting, sy trekker, stroper en spuit.

Dit het te doen met reeds bestaande presisieboerderytegnologie, soos

navigasieprodukte, maar nou kan ‘n selfoonverbinding ook in hierdie

toerusting geïnstalleer word om die produsent of werkswinkel in kennis

te stel wanneer daar probleme is. Die doel daarvan is om verslagdoening

te genereer en om produsente meer produktief en effektief te maak,” het

Pieterse gesê.

Mnr Pieter Esterhuysen (hoofbestuurder: Senwes Grainlink) het ge-

noem dat groot kragte aan die werk is in die voedsel- en landbouwaar-

deketting. “Dit raak al hoe meer nodig dat daar samesmeltings, oornames

en gesamentlike ondernemings in die korporatiewe wêreld ontwikkel.

Groter balansstate maak jou vryer om besluite te neem; dit gee jou ook

kans om jou koste beter te bestuur en om skaalvoordele te geniet.” Hy

het ook genoem dat landbou skielik verander het en getransformeer is na

‘n voorkeur-beleggingsalternatief.

Mnr Philip du Plessis van John Deere het verder ‘n bekendstelling en

inligtingsessie van nuwe modelle in die John Deere-reeks gegee waarna

hulle in aksie tydens ‘n praktiese demonstrasie gesien kon word. Hierdie

modelle sluit in die 7R, 8R, 8RT en verskeie R-spuite.

1: Marnus Groenewald van Hertzogville het na afloop van ‘n gelukkige

trekking, met ‘n John Deere-grassnyer weggestap. Weerskante van hom staan

Marlize Steenkamp van John Deere Lawn & Garden (links) en Ralie Fourie van

Senwes Meganisasie (regs).

2: Riaan Crous en Theunis Potgieter, albei van Viljoenskroon, kon nie anders

as om hul te vergaap aan John Deere se splinternuwe modelle nie.

3: Hier het die manne van Senwes Meganisasie ‘n bietjie met produsente

geskakel en hul kennis oor landboutoerusting gedeel. Voor staan

Myburgh de Bruyn, Theo van Tonder (albei produsente van Wesselsbron),

Dries van Schalkwyk (John Deere-bemarker: Senwes Village Bloemfontein)

en Wilhelm Louw (onderdelebestuurder: Senwes Village Hoopstad). Agter

staan Johan de Wet (tegniese diensbestuurder, John Deere: Senwes Village

Bultfontein).

4: ‘n Trekker van John Deere se 8R-reeks wys aan produsente hoe dinge

gedoen word tydens die praktiese demonstrasies.

AKTUEEL

ELMARIE HELBERG,

SA Graan/Grain

medewerker

1

2

4

3