SA Graan Augustus 2014 - page 104

Augustus 2014
102
2012/2013-sojaboonoesbekyk
S
ojabone lewer tans die derde grootste bydrae tot die bruto
waarde van landbouprodukte ná mielies en koring in Suid-
Afrika. Plaaslike persaanlegte brei vinnig uit en siende
dat Suid-Afrika meer as die helfte van Afrika se sojabone
produseer, is dit baie belangrik dat goeie kwaliteit sojabone plaaslik
geproduseerword.
In totaal is 150 monsters, wat die soja-oes proporsioneel verteen-
woordig, gegradeer engeanaliseer tydenshierdiekwaliteitsopname.
95% van die monsters is as Graad SB1 gegradeer en agt is
afgegradeer na klas ander sojabone (KASB). Sien
Tabel 1
vir ‘n
samevatting van die graderingsresultate verkry op ‘n seleksie van
diegraderingsfaktore.
Vandiemonsterswat ontleed isvirdieoesopname, is15ookgetoets
vir die teenwoordigheid van die CP4 EPSPS-geen (Roundup Ready)
wat genetiese modifisering aandui. Die Envirologix QuickComb-
toets is uitgevoer en al diemonsters het positief getoets.
Sojabone is een van net ‘n paar tipes plante wat ‘n uitstekende
kwaliteit proteïen voorsien en vorm wêreldwyd die hoofbron vir
dierlike voedingsproteïene. Van die 748 318 ton sojabone in Suid-
Afrika geprosesseer gedurende hierdie seisoen, is 3,6% aangewend
vir menslike verbruik, 21,6% vir dierevoer en 74,8% gepers om olie
en oliekoek te produseer. Die hoeveelheid sojabone gepers, het
meer as verdubbel sedert die 2010/2011-seisoen. Die proteïen-, vet-
en as-waardes word gerapporteer as persentasies (g/100 g) op ‘n
droë- of vogvrye basis (db). Die gemiddelde proteïeninhoud hierdie
seisoenwas 40,63% – 1,2%hoër as indie 2011/2012-seisoen.
Die gemiddelde vetinhoud van 18,8% stem baie goed ooreen met
die 18,7% van verlede seisoen. Die as- of minerale inhoud van die
twee seisoene is feitlik identies – hierdie seisoen 4,65% en die
vorige seisoen slegs 0,03% laer. Sien
Grafiek 3 tot Grafiek 5
vir
die gemiddelde proteïen-, vet- en as-inhoud per provinsie oor twee
seisoene.
Die finaleproduksiesyfer vir die2012/2013-sojaboonoes is vasgestel
op 784 500 ton wat ‘n 21% of 134 500 ton toename is vanaf die
2011/2012-seisoen. Hierdie styging in tonnemaat ismoontlikgemaak
deurdat die hoeveelheid landbougrond onder sojaverbouing
toegeneemhet tot 516 500hektaar.
Die opbrengs het ook toegeneem van 1,38 ton/ha tot 1,52 ton/ha.
Mpumalanga en die Vrystaat was verantwoordelik vir die produksie
van 75% vandie totaleoes.
Vir meer inligting aangaande die plaaslike soja-oeskwaliteit, kan jy
die Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium se webtuiste besoek by
.
Die verslae is ook hier beskikbaar inPDF-formaat.
OP PLAASVLAK
Sojaboonoes / Kwaliteitsopname /Gradeer /Analiseer
Kwaliteit
JOLANDANORTJÉ,
bestuurder: Laboratorium, Suider-AfrikaanseGraanlaboratorium
KLASENGRAADSOJABONE
2011/2012-SEISOEN
2012/2013-SEISOEN
SB1
KASB GEMIDDELD SB1
KASB GEMIDDELD
Vreemde voorwerpe, insluitende klippies,
ander graan en sonneblomsaad,%
0,26
0,79
0,34
0,45
1,20
0,49
Ander graan,%
0,06
0,31
0,10
0,06
0,91
0,11
Sojabone engedeeltes van sojabonewat
deur die 4,75mm rondegatsif gaan,%
2,68
4,63
2,97
2,53
2,97
2,55
Gebrekkige sojaboneopdie 4,75mm ronde-
gatsif,%
5,62
7,39
5,89
1,49
12,29
2,07
Vuilgesmeerde sojabone,%
1,29
3,37
1,60
0,43
0,05
0,41
Aantalmonsters
85
15
100
142
8
150
TABEL 1: GRADERINGSKWALITEITOOR TWEE SEISOENE.
Grafiek 1: Persentasie sojabone en gedeeltes van sojabone wat deur die 4,75 mm rondegatsif gaan,
per provinsie.
SAGraan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,94,95,96,97,98,99,100,101,102,103 105,106,107,108,109,110,111,112,113,114,...124
Powered by FlippingBook