Previous Page  136 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 136 / 140 Next Page
Page Background

134

www.nampo.co.za

Graan|Grain

AKTUEEL

As produkte van egte katoen, leer, hout, wol of kurk op jou lysie is,

kan jy in die Sampi-saal inloer by Inspired by Cotton, Katy Kruger se

handgemaakte leerprodukte en Leefi Haute Design vir handsakke

van natuurlike kurk. Gys Leerwerke is in die Caltex-verlenging en

die wolprodukte van The Alpaca Loom in die Hopefield-saal.

Bez Creations in die Sampi-saal se anneks bring houthorlosies,

sonbrille en ander items na die Oesdag.

Indien jy besluit het om in 2019 meer aktief te wees, kan jy in die

Santam-saal by Hi-Tec Sport Distributors gaan soek na klere en

skoene óf ’n paar nuwe sokkies by Let’s talk about sox in die

Caltex-saal.

Uit en tuis

Of jy nou iets soek vir die vloere, mure, slaapkamer of die kombuis

van jou huis, jy gaan dit beslis by een van die meer as 30 uitstallers

van huishoudelike items vind.

Anatolian Carpet Gallery se Oosterse matte en kelims is al vir jare

deel van die uitstallers in die Nampo-saal.

Die Hopefield-saal huisves die meeste van die kunsuitstallings,

maar voor jy koop, loer ook in by Annie’s Art in die Sampi-saal se

anneks. Oorspronklike Nic van Rensburg-skilderye en bronsbeelde

van wild is in die WRSA-uitstalruimte, wat verlede jaar sy deure ge­

open het, te sien.

Vir die slaapkamer bied Emberdown en Makoti donsprodukte.

Beddegoed en kwilte kan by La Broderie in die Hopefield-saal en

Hartsgoed in die Sampi-saal se anneks uitgesoek word.

As jy op soek is na nuwe meubels, loer in by Beetroot INC (Sampi-

saal), Moredou Interiors (Santam-saal) en by De Kaap Meubels

(Hopefield-saal) vir egte swarthoutmeubels. Op soek na meubels

vir jou stoep? Gaan groen met Green Plastic Wood gemaak van

100% herwinde plastiek, beskikbaar by een van die buite-uitstal­

ruimtes.

Vir ander huisversierings en soortgelyke produkte besoek die

Sampi-saal se anneks waar Boerevintage, Goeters en Kailee Decor

uitstal. Dalk is die nuwe uitstaller, Gypsyloves in die Sampi-saal, se

dekorprodukte waarna jy op soek is of stap rustig deur die NAMPO-

of Hopefield-sale totdat iets jou oog vang.

Iets vir iemand anders

Indien jy al die items op jou eie lysie reeds ingepak het, is daar dalk

nog tyd tot jou beskikking om die laaste sente op jou geliefdes te

spandeer.

Vir die kleinspan is daar onder andere die immergewilde draad­

karre by Africars for keeps en die ATKV se oulike boekies in die

NAMPO-saal, die Eco Punk Kids-klerereeks in die Sampi-saal se

anneks en Gladys Els se miniatuurplaasimplemente in die Caltex-

saal.

Bederf jou suster of vriendin met ’n geskenk van Ama-Awesome

of Streepsak in die Sampi-saal se anneks, Matsimela se geurige

badprodukte in die Sampi-saal of ’n unieke KOKA Laser Artistry-

item in die Hopefield-saal.

Spoor iets vir manlief se volgende verjaarsdag op in die Liqui

Moly-saal wat oorkant die NAMPO-saal geleë is. Boerboel Wear

se klerereeks is hier verkrygbaar. Kampeertoerusting sal jy vind by

Canvas and Tent in een van die buite-uitstalruimtes.

Wees verseker dat hierdie inkopie-ervaring terapeuties sal wees – of

jy nou NAMPO toe kom om net met die oë te koop óf om alles op

jou inkopielys in te pak.

>

Verwyl jou ure by dié

unieke inkopieruimte

Of jy dekoritems, klere of geskenke soek: Jy gaan dit beslis by een van die meer as

30 uitstallers van huishoudelike items vind. Sowat 12% van die uitstalruimtes is gemik

op die behoeftes van vroulike Oesdagbesoekers.