Previous Page  134 / 140 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 134 / 140 Next Page
Page Background

P

2019

132

www.nampo.co.za

Graan|Grain

AKTUEEL

SA Graan

/

Grain

redaksiespan

Verwyl jou ure by dié

unieke inkopieruimte

V

olgens die Suid-Afrikaanse Raad van Winkelsentrums

(SACSC) het Suid-Afrika in 2016 reeds die vyfde meeste

inkopiesentrums (

malls

) ter wêreld gehad. Die gemid­

delde aantal besoekers aan die grootste sentrums wis­

sel tussen 40 000 en 60 000 gedurende die week en

70 000 tot 80 000 oor naweke.

Ná onlangse uitbreidings is die Menlyn Park-inkopiesentrum in

Pretoria, met ’n oppervlakte van 177 000 m

2

, die grootste

mall

in Suid-

Afrika. Daar is meer as 300 winkels en amper 40 restaurante om voor­

siening te maak vir elke smaak en soms is die 8 250 parkeerplekke nie

genoeg vir al die besoekers nie.

Die NAMPO-

mall

By NAMPO se “inkopiesentrum”

is daar altyd genoeg par­

keerplek en die amper

700 uitstallers verseker

’n inkopie-ervaring

wat enige

mall

sal

oortref. Met die

uitstalruimtes

wat nie almal

in een sen­

trum gekon­

sentreer is

nie, kan jy

sommer

oefening ook kry en só seker maak dat jy jou treëdoelwit vir die dag

bereik.

Sowat 12% van die uitstalruimtes is gemik op die behoeftes van

vroulike Oesdagbesoekers.

Vul die kombuiskaste met deliprodukte

Die Padstal is in 2018 langs die vrolike Polkadot-teetuin gevestig en

heerlike deliprodukte het Oesdagbesoekers hierheen laat stroom.

Een nuwe uitstaller, Decana droëvrugte, kom spog vanjaar met hul

liplekker produkte. Daar kan jy ook neute, sade, meel en vrugtelek­

kers aankoop.

Maak net seker jou inkopiesak het ook spasie vir hierdie meer

bekende lekkernye:

Deonette Boerdery (Goeie Geite Kaas) met bees- en bokmelk­

produkte

EAT se tuisgemaakte souse, smere en konfyte

Funky Ouma se gewilde en gesonde gegeurde soute

Die verskeidenheid olyfprodukte van Gauteng Olives

36 verleidelike geure fudge van Gourmet Fudge

Met Liefde se mengelmoes deliprodukte

Die heerlike vars aarbeie en room (en aarbeigeskenke) van

Strawberries en Cream

Tooi jouself mooi in klere en bykomstighede

NAMPO is die regte tyd om jou klerekas en juwelekissie te vergroot

óf om ou goed met nuwe bykomstighede op te kikker.

As jy ’n damestee of troue het wat voorlê, gaan soek gerus ’n

nuwe uitrusting by Authentic Fashions of Silhouett Imports

in die Sampi-saal. By Spatz in die Hopefield-saal kan

jy ’n kant-en-katoen-nommertjie aanskaf of ’n

paar meter kant aankoop en self die uitrus­

ting maak.

Watter vrou kan nee sê vir ’n paar

nuwe skoene? Kry ’n paar egte leer­

skoene by My Makiti Leather Prod­

ucts in die Sampi-saal se anneks

of ’n paar regte

cowboy

-stewels

by Westernboots SA in die Hope­

field-saal waar Mint ook hulle

unieke handgemaakte skoene

uitstal.

Juwele kan enige kleding-

stuk ’n unieke voorkoms gee en

HDL Juwele, Jenna Clifford en

La Belle Chic in die Hopefield-

saal kan daarmee help. Studio

Silver se silwer juwele en vars­

waterpêrels kuier weer in die

Sampi-saal. Net ’n Kameel is ’n

nuwe uitstaller in die Sampi-saal se

anneks wat juwele van keramiek, hout

en ’n verskeidenheid metale ten toon

kom stel. Die materiaal- en houtkrale van

Fabulous Fabric kan ook hier gesien word.

>