Previous Page  111 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 111 / 116 Next Page
Page Background

bestuursprogram

O

p Vrydag, 20 Julie, het 24 jong kommersiële produsen­

te amptelik die sesde jaarlikse Grain Academy-program

voltooi. Hierdie besigheidsleierskap-ontwikkelingspro­

gram word deur Syngenta in samewerking met die

Universiteit van die Vrystaat se Sakeskool en met die ondersteu­

ning van Graan SA aangebied. Die plegtigheid het in Bloemfontein

plaasgevind.

Die filosofie van die Grain Academy-program, naamlik om ‘n slim-

boer-ingesteldheid jeens landbou te vestig, het duidelik in die stu­

dente se groepwerksaanbiedinge, wat deel van die plegtigheid se

verrigtinge was, na vore gekom.

Vier spanne het die paneel van beoordelaars oor die resultate van

hul navorsing en beraadslagings oor kwessies wat toenemend druk

op die landbousektor plaas, ingelig.

Die eerste groep het die impak van beleidsonsekerheid op die

landbousektor en die nasionale ekonomie aangepak – veral sover dit

grondonteiening aangaan.

Groep 2 het die faktore wat aanleiding gee tot produsente se

groeiende likwiditeitsrisiko ondersoek. Hul projek het ook ontleed

wat produsente en finansiële instellings kan verwag, gegewe die

kwynende vertroue in die voortgesette haalbaarheid van tradisio­

nele finansieringsmodelle.

Die spanning wat tussen meganisasie en tegnologie, en kommersiële

produsente se sosiale bedryfslisensie – in terme van werkskepping,

gemeenskapsbelegging, omgewingsbewaring en oorhoofse volhou­

baarheid – aan die broei is, is deur die derde groep geanaliseer.

Die laaste groep se aanbieding het die studente se denke rondom

die mislukking van die tersiêre opleidingsektor blootgelê – met

spesifieke verwysing na die talent wat landbou in Suid-Afrika so

broodnodig het.

Afgesien van die groepsaanbiedinge, het drie gassprekers tot die

geleentheid bygedra. Hulle was mnr Ben Schoonwinkel, hoof van

kliëntebemarking by Syngenta SA, prof Danie Vermeulen, dekaan

van die Fakulteit Natuurwetenskappe by die Universiteit van die

Vrystaat en mnr Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder

van Graan SA, wat die Grain Academy-konsep in 2011 geïnisieer het.

“Die plan was van die begin af om jong kommersiële produsente te

ontwikkel en toe te rus met vaardighede wat hulle in staat stel om

landbouvraagstukke op nasionale vlak te hanteer,” het De Villiers

gesê. “Dit was dus noodsaaklik om die Academy vir produsente

wat ander gewasse verbou, oop te stel en dit sodoende na nuwe

hoogtes te neem.”

In sy toespraak het Schoonwinkel gesê dat die Grain Academy een

van die maniere is waarop Syngenta sy SmartFarm-konsep tot sy

reg laat kom. “Ter ondersteuning van ons globale Good Growth

Plan, moedig SmartFarm produsente aan om slimmer te werk te

gaan met besluitneming, aankoop van produkte en belegging

in gewasse. Met die Grain Academy wil ons verder gaan as om

bloot individuele plase te betrek – ons wil die nasionale ekono-

mie aanraak.”

Hy het die studente verder aangemoedig om aktief in hul onmiddel­

like gemeenskappe, sowel as die breër landboubedryf, betrokke te

raak ten einde die Grain Academy se invloed wyer te laat uitkring.

109

Aktueel

Isadora Isaacs,

namens Syngenta

1: Jong kommersiële produsente wat die 2018 Grain Academy-program, wat deur Syngenta Suid-Afrika in samewer­

king met die Universiteit van die Vrystaat en met die ondersteuning van Graan SA aangebied is, suksesvol voltooi het.

2: ’n Groep jong kommersiële produsente by hul fasiliteerders: Harry van der Merwe (links) en dr René Uys (regs) van

Thinking Fusion.

October 20

18

1

2