Previous Page  109 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 109 / 116 Next Page
Page Background

Aktueel

Agbiz Grain skep gunstige

omgewing vir graanopberging

D

ie strategiese oogmerk van Agbiz Grain is om ’n gunstige

omgewing vir rolspelers in die hantering en opberging van

graan te skep, sodat sy lede volhoubaar en mededingend

kan optree in hierdie segment van die voedselwaardeket­

ting. Om netwerkgeleenthede te skep en die werwing van kennis met

die oog op selfontwikkeling is deel van hierdie proses.

Die pas afgelope vyfde Agbiz Grain-simposium het volgens

mnr Jerry Maritz, voorsitter van Agbiz Grain, weer eens in dié opsig

nie teleurgestel nie.

“Met die huidige politieke beleidsomgewing waar onteiening van

grond op almal se lippe is, asook die uiters ongunstige ekonomiese

klimaat waarin Suid-Afrika hom tans bevind, is dit belangrik dat

opbergers van graan aan die uitdagings van die graanbedryf voldoen

ten einde volhoubare voedselsekerheid en voedselveiligheid in

Suid-Afrika te beskerm en te bevorder. Danksy Agbiz Grain se

kundigheid, insae en invloed ten opsigte van die graanbedryf in

Suid-Afrika, kan hierdie organisasie se stem as ‘n kollektiewe spreek­

buis nie geïgnoreer word nie,” sê Maritz.

“Van die vernaamste punte wat Agbiz Grain tans aanspreek, is die

logistiek rondom graanvervoer en opberging, asook die toepassing

van nuwe tegnologie ten einde aan die voorpunt van ontwikkeling

in die hantering en opberging van graan in Suid-Afrika te wees.

“Daar word ook gefokus op navorsing en tegnologie wat op die

hele graanwaardeketting van toepassing is, en om inligting en kennis

in en oor die bedryf te bevorder. Daarby is Agbiz Grain, in same­

werking met die AgriSETA, voortdurend besig om nuwe opleidings­

materiaal te ontwikkel vir werknemers wat by die opberging en

hantering van graan betrokke is.

“Agbiz Grain en sy lede speel ook ‘n deurslaggewende rol in die

graanbedryf met hul betrokkenheid by verskeie graan- en olie­

sadeforums, sowel as die daarstelling van ’n jaarlikse oeskwa­

liteitsverslag (deur Suid-Afrikaanse Graanlaboratorium [SAGIS]),

bedryfsinligting ten opsigte van die beweging van plaaslik ge­

produseerde graan – beide in

Suid-Afrika en internasionaal

(Suid-Afrikaanse Graaninlig­

tingsdiens [SAGIS]), gereelde

oesskattings (Oesskattings­

komitee [NOK]), en ook die

invordering van heffings om

navorsing te ondersteun (Win­

tergraantrust [WGT]) sowel as

ook om die bes moontlike saad

van die belangrikste graan

en oliesade vir ons pro­

dusente te bekom

(South African Cul­

tivar and Technol­

ogy Agency

[SACTA]),” sê

Maritz.

Jerry Maritz sê dat

Agbiz Grain ’n deur­

slaggewende rol in

die suksesvolle han-

tering en opberging

van graan speel.

Sodanige inligting word uit hoë resolusie Sentinel-satellietbeelde

met behulp van outomatiese beelddata-modelleringstegnieke ge­

genereer en is onafhanklik van enige veld- of ander eksterne data-

insetvereistes. Die webgebaseerde platform kan verkry word by

https://www.water-southafrica.co.za

.

Hiperspektrale bewerking

Gewasmonitering vir voedingstowwe, waterstres, siektes, insek­

aanvalle en algehele plantgesondheid is ’n belangrike aspek van

suksesvolle gewasproduksie. Tradisioneel is dit deur middel van

visuele analises van gewasse uitgevoer, wat uitdagings dikwels

eers op ’n gevorderde stadium uitgewys het. Produsente wat

presisieboerdery toepas, kan egter nou self met ’n instrument so

groot soos ’n kamera hul eie spektrale analises op die plaas doen

en sleuteldata vroegtydig bekom ten einde kolle wat aandag vereis,

te identifiseer en te behandel.

Spektrale beeldskandering word lankal gebruik om byvoorbeeld

fungusse of voggehalte in gewasse soos mielies en koring – en

ook onsuiwerhede in produkte soos veevoer – te bepaal, maar die

instrumente was voorheen lomp en duur. Met die nuwe tegnologie-se toepassing wat deur Specim ontwikkel is, is hierdie nuttige

tegnologie nou meer bekostigbaar en binne bereik van die mees­

te produsente. Meer inligting kan verkry word by

http://www.

specim.fi

.

Boer slim