Previous Page  106 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 106 / 116 Next Page
Page Background

Oktober 2018

104

tegnologiese toepassings

M

et die oog op die vinnige ontwikkeling en wye verskei-

denheid van tegnologiese toepassings (apps) in landbou,

is daar tydens die onlangse Agbiz Grain Simposium in

Pretoria besondere aandag aan die bruikbaarheid van

hierdie belangrike landboubestuurshulpmiddels geskenk.

Nie alleen is dit ’n hulpmiddel vir vraagstukke waarmee kommer­

siële produsente daagliks gekonfronteer word nie, maar dit dien ook

as ’n effektiewe hulpmiddel vir produsente op voetsoolvlak. Enkele

van dié toepassings word hier uitgelig.

Farmboek

Deur Farmboek het diegene wat by die landbousektor betrokke

is, toegang tot ’n een-stop-aanlynplatform wat gebruikers in staat

stel om ingeligte keuses te maak. Hierdie geïntegreerde inligtings­

platform word op alle aspekte van landbou toegepas.

Farmboek bied onder andere plant-, plaagbeheer- en bevrugtings­

advies ten opsigte van verskeie gewasse, maar sluit ook

dieregesondheid en -voeding in. Die inligting wat daarop beskikbaar

is, is afkomstig van plantpatoloë, entomoloë en voerspesialiste.

Inligting oor byvoorbeeld verskillende trekkers en die toepassing van

geregistreerde middels in die landboubedryf, sowel as die plaaslike

verskaffer daarvan is nog ’n voorbeeld vanuit dié omvattende

inligtingsbron.

Die weervoorspellingsinstrument, ontwerp deur die landbou-onder­

neming, Syngenta, bied aan produsente spesifieke weerinligting,

soos byvoorbeeld ’n “spuitvenster” om data vir presisieboerdery

te fasiliteer.

Daar is geen koste verbonde aan die gebruik van die diens nie en

registrasie en verdere inligting is beskikbaar by

www.farmboek.

co.za

.

Agricloud

Die Landbounavorsingsraad (LNR) en die Suid-Afrikaanse Weer­

diens (SAWD) het kragte saamgesnoer onder die vaandel van die

Rain4Africa-projek om die tegnologiese toepassing Agricloud,

gebaseer op die beste beskikbare weer- en klimaatinligting, vir

landbouers te ontwikkel.

We rinligting van die SAWD, wat verryk is met algoritmes van

die LNR, word aangewend vir die bepaling van die beste datums

om te plant, te spuit, te besproei of te oes. Agricloud gebruik die

somtotaal van die reënval wat die afgelope tien dae ontvang is, te­

same met die hoeveelheid reën voorspel vir die komende tien dae.

Gebruikers kan ook hul eie weerwaarnemings byvoeg ten einde

dit vir individuele doeleindes aan te wend. Dit dien daarom as ’n

ondersteuningsmeganisme om hoër opbrengste en laer insetkoste

te realiseer.

Agricloud se voordeel is dat dit vir beide produsente op

voetsoolvlak en landbouvoorligtingsbeamptes handige inligting

deur middel van ’n selfoon verskaf. Die tegnologiese toepassing is

beskikbaar op

Google Play Store

en word aangebied in nege tale,

naamlik Afrikaans, Engels, IsiXhosa, IsiZulu, Sepedi, Sesotho,

Setswana, Tshivenda en Xitsonga.

Mzanzi Amanzi

Dié webgebaseerde platform wat geloods is deur GeoTerraImage,

voorsien aan waterhulpbronbestuurders hoogsgedetailleerde en

akkurate inligting oor die huidige status van oppervlakwaterkenmerke

in Suid-Afrika. Die gekarteerde oppervlakwater verteenwoordig

die gekombineerde omvang van natuurlike en mensgemaakte

waterkenmerke – wat die korttermynvoorkoms binne panne en

vleilande insluit. Inligting word aan die hand van maandelikse

vergelykings verskaf.

Die doel van dié maandelikse nasionale watermoniteringsdiens is

om ’n web-toeganklike kennisdiens beskikbaar te stel, wat kwanti­

tatiewe inligting oor die ligging, verspreiding en area-gedefinieerde

status van alle oppervlakwaterkenmerke in Suid-Afrika verskaf. Dit

kan dan ook aangewend word om die hand van diegene in landbou

wat betrokke is by landboubestuur en beplanning met die oog op

die beskikbaarheid van water, te versterk.

aktueel

Mariëtta Cronjé,

SA Graan/Grain

medewerker