

68
Jaarverslag 2018
annual report 2018
Die dryfveer agter die skoleprograminisiatief is tweeledig:
1.
Ons het ’n behoefte geïdentifiseer om toekomstige verbruikers op
te voed oor die kompleksiteite van die landbousektor sodat hulle
ingeligte verbruikers kan word.
2.
Ons het bewus geword van die behoefte om leerders van potensiële
loopbane in die sektor bewus te maak.
Tydens die begrotingsjaar – in die eerste, tweede en derde
kwartaal van 2018 – is ’n totaal van 361 besoeke, geborg deur
die Mielietrust en AgriSETA, deur opgeleide Graan SA Landbou-
ontwikkeling-fasiliteerders gemaak.
Terugvoering
Mnr Dlamini, ’n onderwyser van die Macingwane Hoërskool, sê
hy voel die leerders het geleer dat die meeste kos wat verbruik
word uit landbou kom, en hulle kon dus verstaan dat daar ’n aantal
loopbane is wat in landbou gevolg kan word. Hy sê hulle sal dit
waardeer as leerders pamflette kan ontvang met die inligting wat
hulle in videosnitte sien – ook met die loopbane wat hulle op ’n
spesifieke produksiegebied kan volg.
’n Leerder, Tshabalala Nokulunga, sê: Hierdie besoek was vir my van
groot waarde, want ek het baie oor landbou geleer. Ek het geleer oor
kos wat van graan gemaak word, oor knolplante, groente, vrugte,
neute, drankies, katoen en vesel. Ek het ook geleer oor katoenvesel
wat deur die boere gekweek word, kos van diere soos koeie, wat
vleis en melk produseer. Varke produseer varkvleis, waarvan wors
gemaak word. Klere soos hemde, T-hemde ensovoorts word van
vesel soos katoen gemaak. Skape produseer wol, waaruit truie,
hoede, serpe, handskoene en sokkies gemaak word.
Slot
In vandag se wêreld van dinamiese groei en vinnige verandering
geld die benadering van “sake soos gewoonlik” nie meer in enige sektor
nie – en minste van almal in die veelfasettige, multifunksionele landbou-
omgewing. Indien daar nie op alle vlakke aan landbou-ontwikkeling
aandag geskenk word nie, sal ons nooit vir almal geleenthede kan verskaf
nie, en sal ook nie kan sê
#NoFarmerLeftBehind
nie. Kleinskaalse boere
en ontwikkelende kommersiële produsente moet deur ’n bemagtigende
omgewing ondersteun word wat gunstige beleide en beleggings insluit.
Ons moet voortgaan om landbou-ekologiese benaderings te volg, vroue
in landbou te bemagtig en ons jeug op te voed en toe te rus. As ons
die groter vraag na voedsame, bekostigbare en veilige kos wat op ’n
omgewings- en maatskaplik-volhoubare manier geproduseer word, wil
bevredig, moet landbou- en boere-ontwikkeling die prioriteit wees ter wille
van ’n helderder, voedselveilige toekoms vir ons almal.
The driving motivation behind the Schools Programme initiative
is two-fold:
1.
We identified a need to educate future consumers about the
complexities of the agricultural sector so they will become
informed consumers.
2.
We became aware of the need to alert learners to potential careers
in the sector.
During the budget year under discussion a total of 361 visits,
sponsored by the Maize Trust and AgriSETA, were made by
trained Grain SA Farmer Development facilitators during the first,
second and third terms of 2018.
Feedback
Teacher, Mr Dlamini of Macingwane High School, said he felt
the learners had learned that most food consumed comes from
agriculture and were able to understand that there are a number of
careers to pursue in agriculture. He said they would appreciate it if
learners could receive pamphlets with information they have seen
from the video clips – also with names of careers to pursue in a
particular field of production.
Learner, Tshabalala Nokulunga, said: This visit was of great value
to me, because I’ve learnt a lot about agriculture. I learnt about food
from which grains and cereals are made, learned about tuberous
plants, vegetables, fruits, nuts, beverages, cotton and fibre. I also
learned about cotton fibre that is grown by farmers, food from
animals like cows that produce meat and milk. Pigs produce pork
meat from which sausages are made. Clothes like shirts, skirts,
T-shirts and so on are made from fibres like cotton. Sheep produce
wool from which jerseys, hats, scarfs, gloves and socks are made.
Conclusion
In today’s world of dynamic growth and rapid change, the ‘business
as usual’ approach no longer applies in any sector – and least of
all in a multi-faceted, multi-functional agricultural environment. If
attention is not paid to farmer development on all levels, we will never
be able to claim opportunity for all and neither will we declare there
was
#NoFarmerLeftBehind
. Small scale farmers and developing
commercial farmers must be supported by an enabling environment,
which includes favourable policies and investments. We must continue
to pursue agro-ecological approaches, the empowerment of women
in agriculture and the education and equipping of our youth. If we
hope to meet the increased demand for nutritious, affordable and safe
food which is produced in an environmentally and socially sustainable
manner, then both agricultural and farmer development must be a
priority for the sake of a brighter, food secure future for all.