Previous Page  25 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 25 / 108 Next Page
Page Background

Cut losses with

PRECISION

Plant with

VISION

Process Monitor

for Air Seeders

• Area

• Speed

• Tacho up to 4 axles

• Alarm on each function

• Easy to install

• Bin / Tank full

• Bin / Tank empty

Proudly Made

in South Africa

Tel: 012 345 3193

Fax: 012 345 6763

Web: www.electrolee.co.za

Email: info@electrolee.co.za

Sales: sales@electrolee.co.za

Planter Monitor

• Seed per 100m per row, seed population

• Hectares worked and much more

• Easy to install and maintain

• Fertiliser and turning of axles

• Can be applied to most planters

• Real tough, rust and water resistant

waarskynlikheid dat ‘n groter hoeveelheid

keurgraad-grondbone gelewer kan word.

Dit beteken op die einde van die dag meer

geld in die produsent se sak, aangesien die

beste graad gelewer word. Dit, tesame met

die feit dat die grondbone vinniger aan die

koper gelewer kan word, veroorsaak dat

uitbetaling vinniger geskied. Dit is weer

positief vir die produsent se kontantvloei,

aangesien die grondbone gewoonlik

die eerste van die gewasse is wat deur

die seisoen geoes word – en dit kan die

druk op kontantvloei gedurende hierdie

tydperk verlig.

Verdere aspekte wat belangrik by die

meganisering van grondbone is, is die

beheer van siektes. Wanneer siektes by

grondbone opgemerk word, kan dit tot

‘n mate hok geslaan word omdat die

produsent die grondbone vinniger kan

begin uithaal en oes. Dit sal die verdere

verspreiding van die siektetoestand op die

plante beperk.

Die grondbone kan ook op ‘n hoër vog-

inhoud uitgehaal en geoes word, wat

‘n bydrae lewer in die beheer en be­

perking van siektetoestande wat lei tot

produksieverliese.

Wat doeltreffendheid betref, meld Bruwer

dat die gebruik van meganiese toerusting

aansienlik effektiewer en doeltreffender is

as die tradisionele metode van grondbone

uithaal en oes. Dit is ook heelwat meer

koste-effektief, aangesien die hoeveelheid

arbeid wat benodig word om dieselfde

hoeveelheid werk te doen, aansienlik min­

der is wanneer van meganiese toerusting

gebruik gemaak word om die grondbone

uit te haal en te oes.

Die verliese wat voorkom as gevolg

van faktore soos diefstal en verliese

weens knaagdiere (soos muise wat die

grondboontjies opdie land vreet), is ook

aansienlik minder – wat positief vir die

produsent se inkomste is. Nog ‘n voordeel

is dat die meeste van die masjiene met

die hedendaagse trekkers gesleep sal kan

word. Dit beteken dat daar nie noodwendig

addisionele oorhoofse kostes aangegaan

hoef te word om addisionele trekkers aan te

koop nie.

Nadele van meganisering

Uit die aard van die saak is daar nie net

voordele verbonde aan die meganisering

van grondbone nie. Daar is ook ‘n paar

nadele waarop gelet moet word.

Bruwer noem dat alhoewel daar nie ‘n groot

verandering in die vastekostestrukture is

wanneer dit kom by die trekkers wat beno­

dig word nie, is die meganiseringstoerus­

ting van grondbone wel duur. Produsente

moet die koste van die masjinerie goed

gaan opweeg teen die voordele verbonde

aan die gebruik daarvan.

Nie net word die koste by die aanskaf van

die masjiene uitgewys as ‘n nadeel nie,

maar die onderhoud op die masjiene moet

ook in ag geneem word, aangesien dit ook ‘n

paar ekstra rande uit die sak kan jaag.

Die gebruik van meganiese toerusting ver­

eis ook goeie bestuur en dit is noodsaaklik

dat hierdie masjinerie reg gekalibreer

word voordat dit gebruik word. Indien die

masjiene nie reg gekalibreer word nie,

kan dit lei tot groot verliese in terme van

kwaliteit en kwantiteit van grondbone.

Alhoewel die gebruik van meganisasie

betreklik meer arbeids- en kostedoeltref­

fend is, sal dit steeds goeie bestuur van

produsente verg om die verliese tot ‘n

minimum te beperk.

Ten slotte

In hierdie artikel is die voor- en nadele van

meganisering uit ‘n produsent se perspektief

kortliks opgesom. Dit is egter noodsaaklik

om dié faktore goed te beoordeel en teen­

oor mekaar op te weeg om sodoende vas

te stel wat die optimale roete vir jou be­

sigheid sal wees.

Die jaarlikse produksie van grondbone sal

ook ‘n groot bydraende faktor wees wanneer

daar besluite geneem word rakende die

aanskaf van meganiese toerusting. Dit sal

vir produsente wat op ‘n jaarlikse basis

grondbone plant meer sin maak om te

meganiseer as wat dit die geval sal wees

vir produsente wat net per geleentheid

grondbone plant.

In die droëlandproduksiegebiede maak

wisselvallige weersomstandighede dit

bitter moeilik vir produsente. Die afgelope

twee tot drie jaar wat die reën so laat was,

was die grondboonproduksie ook onder

druk – wat die meganisering in die

produksie van grondbone meer riskant

maak. Een van die belangrikste wenke is

om soveel moontlik inligting in te win en

soveel moontlik raad by ander produsente

wat praktiese ervaring van die gebruik van

meganiese toerusting by grondbone het,

te kry om te verseker dat goed ingeligte,

akkurate besluite geneem word.

Grafiek 2: Oppervlakte grondbone aangeplant in die drie grootste produserende provinsies.

Bron: NOK