Previous Page  17 / 120 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 17 / 120 Next Page
Page Background

< 15

www.nampo.co.za

LANDBOU-ALGEMEEN

NAMPO 2018

1: Die nuwe, verbeterde Altitude V Ultra, nou met egte buffelleerbostuk.

2: Die Altitude Chelsea Ultra.

3: ‘n Outback-winterbaadjie.

4: ‘n Lekker snoesige Lady Lizzy-wintersbaadjie.

1

2

ANDREA ENGELBRECHT,

Hi-Tec

Groter

en beter

hierdie jaar

H

i-Tec, ‘n leier in buiteleweskoene en -klere, lewer al vir meer as

40 jaar kwaliteit en vakmanskap in alles wat ons doen. Vanjaar

gaan ons groter en beter wees tydens Graan SA se NAMPO

Oesdag wat vanaf 15 Mei tot 18 Mei gehou word.

Oesdaggangers word genooi om ons stalletjie in die Santam-saal te

besoek vir staatmakerskoene en -klere teen billike pryse – iets wat in

elkeen se smaak sal val.

‘n Jas wat die NAMPO-man pas

Die Outback-baadjie is een van die maatskappy se beste verkopers by

NAMPO. Dit is duursaam, modieus en perfek vir wintersaande, berguit-

stappies of besoeke aan die stad. Dit is 100% poliëster en die ontwerp

is prakties, veelsydig en het ‘n kappie, twee sakkies op die bors en

twee sakke om die hande warm te hou – en een sakkie op die mou.

Dit is beskikbaar in die jongste modekleure en is in pas met die nuutste

modeneigings in die buitelewe-industrie.

Ietsie mooi vir elke nooi

Dames kan op die uitkyk wees vir Hi-Tec se nuwe tegniese klere wat

spesiaal ontwerp en vervaardig is van materiaal van die beste gehalte.

Dit is duursaam en ontwerp met berg- en plaasuitstappies in gedagte.

Die Lady Lizzy-baadjie beskik oor ‘n waterdigte membraan wat jou

Het jy geweet?

Hi-Tec is in 1974 deur Frank van Wezel in die Engelse dorpie

met die toepaslike naam van Shoeburyness, gestig. Mense,

natuur, sport en kwaliteit was en is tot vandag toe die

inspirasie van dié handelsmerk en produkte. Dit is egter

Van Wezel se passie vir die natuur en ‘n aktiewe leefstyl wat

die maatskappy se sukses verseker het en dit gebring het

tot waar dit vandag is.

beskerm en droog hou in die reënseisoen. Dit is ‘n 3-in-1-baadjie met

‘n verwyderbare vlies (

fleece

)-binnevoering. Die bo-kleed is 100%

nylon en die voering 100% vlies-poliëster. Die Lady Lizzy was een van

die maatskappy se voorste verkopers tydens verlede jaar se NAMPO. Vir

dié jaar word dieselfde baadjie in nuwe modekleure – grys en blou – met

bykomende ontwerpdetail, beskikbaar gestel.

Bekend vir duursame skoenreekse

Die Altitude Chelsea Ultra is een van Hi-Tec se gewildste verkopers by die

Oesdag. Die ontwerp is gebaseer op die bekende Altitude Chelsea – net

nog beter. Die boonste deel van die skoen is gemaak van egte leer wat

langtermyngemak verseker. Die aanglip-snit is perfek vir die bedrywige

produsent se leefstyl en is geskik vir ‘n wye verskeidenheid geleenthede

– vanaf modderlande tot besoeke aan die koöperasie. Hoewel verskeie

tegnologieë aangewend is in die ontwerp van die Altitude Chelsea Ultra,

word die Ortholite Impressions

®

en MDT -tegnologieë as die basis vir dié

skoen gebruik. Dit verseker gemak, uitstekende beskerming en vastrap

op enige terrein.

Die NAMPO Oesdag is ‘n heerlike gebeurtenis op die jaarlikse land-

boukalender en ons wil dit so feestelik as moontlik maak met ons uit-

gebreide reekse wat te koop aangebied word. Kom vier fees op die

Hi-Tec-manier tydens NAMPO in die Santam-saal, stalletjie 17.

3

4

Produk-inligting

Graan SA/Grain SA