Previous Page  117 / 120 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 117 / 120 Next Page
Page Background

< 115

www.nampo.co.za

BEMESTING

NAMPO 2018

Produk-inligting

Die geskiedenis van gewasproduksie

en bemesting opgesom

DR JOHAN J VAN BILJON,

hoofbestuurder: Opbrengsverbeteringstelsels, Kynoch Kunsmis

G

ewasproduksie, of agronomie soos ons dit tans ken, het

duisende jare gelede ontstaan. Agronomie kan onder an-

dere gesien word as die bestuur van lande, wat byvoor-

beeld gewaskeuse, grondvrugbaarheid en plantvoeding

(bemesting) insluit.

Tegnologie

Gedurende 10 000 tot 2 000 voor Christus (vC) het mense se leefwyse

begin verander – vanaf nomadiese jagters en die insameling van slegs

bestaande eetbare plante tot gemeenskappe wat diere begin mak maak

het en gewasse begin veredel het.

Gedurende hierdie tydperk is daar begin om byvoorbeeld water vir

besproeiing te gebruik, wisselboustelsels te ontwikkel en dieremis as

bemesting toe te dien. Die begrip grondvrugbaarheid, bewerking en

bemesting word ook in Lukas 13:7 - 9 (1983-vertaling) vermeld, waar

daar geskryf staan dat die vyeboom wat nie vrug dra nie uitgekap moet

word, want “Waarom moet hy langer die grond uitput” (grondvrugbaar-

heid) en “Ek sal die grond rondom hom omspit” (bewerking) “en bemes”

(bemesting) sodat hy moontlik weer vrug kan dra.

Ontstaan van bemesting

‘n Duitse chemikus, Justus von Liebig, het in 1840 bewys dat plante

koolsuurgas uit die atmosfeer en ander voedingstowwe deur die wortels

opneem. Hy identifiseer stikstof as plantvoedingstof en hy formuleer ook

die “Wet van Minimum” (vaatjie-teorie) wat bepaal dat die voedingstof

wat die mees beperkende een is, eers aangevul moet word voordat daar

opbrengsverhoging kan wees. Hierdie beginsel word vandag nog deur

landboukundiges toegepas.

Gedurende 1842 patenteer Sir John Bennet Lawes die vervaardiging van

superfosfaat en gedurende 1843 begin hy die welbekende Rothamstead-

navorsingstasie in Engeland wat tot vandag, amper 175 jaar later, steeds

uitstekende navorsing oor grondvrugbaarheid en plantvoeding doen.

Suid-Afrikaanse geskiedenis

Organiese bemesting is reeds gedurende 1652 deur Jan van Riebeeck

toegedien nadat hy opdrag gegee het dat die perdestalle twee tot drie

keer per week skoongemaak moes word om bemesting vir die tuine

te verskaf.

Die grondvrugbaarheid moes oor tyd agteruitgegaan het, want in 1666

het Kommandeur Zacharias Wagenaar, opvolger van Jan van Riebeeck,

opdrag gegee dat die eerste ghwano (voëlmis) per skip na die Kaap

gebring moes word.

Die ontginning van ghwano het gedurende 1845 ten noorde van Lüderitz

‘n piek bereik toe nie minder nie as 450 bote daar geanker het en die

ghwano deur ongeveer 6 000 mans opgelaai is.

Prof I de V Malherbe, professor in die Landbouchemie aan die Univer-

siteit van Stellenbosch, se boek

Grondvrugbaarheid

,

‘n leerboek oor

die

landbouchemie

(wat in 1933 verskyn het), het die grondslag van grond-

vrugbaarheid in Suid-Afrika gevorm.

In die voorwoord het die skrywer die wens uitgespreek dat hierdie

boek daartoe sou bydra om landbou in Suid-Afrika te bevorder en

te bestendig. Hierdie boek het vir ten minste 30 jaar die grondslag van

bemestingsleer in Suid-Afrika gevorm.

Kunsmisbedryf

Sover vasgestel kon word, is die eerste anorganiese misstof eers in 1890

in Suid-Afrika gebruik toe ‘n hoeveelheid Corn and Hay-kunsmis vir ‘n

sekere Van Heerden op Malmesbury ingevoer is. Die eerste plaaslike

kunsmisfabriek dateer 1903, toe Safco in Durban met die vervaardiging

van fosfate uit bene begin het.

Met die ontwikkeling van die mynbedryf is springstof onder andere deur

Kynoch vervaardig, maar met die beëindiging van die Tweede Wêreld-

oorlog het Kynoch gedurende 1918 by Umbogintwini en Cape Explosives

in 1921 by Somerset-Wes met kunsmisvervaardiging begin.

Daarna het verskeie vervaardigers tot die mark toegetree, maar veral

gedurende 1992 tot 2005 was daar grootskaalse rasionalisering en oor-

names binne die bedryf. Talle invoerders, handelaars, verspreiders en

mengers het weer tot die mark toegetree. Daar was aan die einde van

2015 na raming 50 kunsmismaatskappye en 70 mengfasiliteite in Suid-

Afrika – wat die mark uiters mededingend maak.

Opsomming

Tegnologiese ontwikkeling in landbou het reeds 10 000 jaar voor

Christus ‘n aanvang geneem en sluit besproeiing, wisselbou, planteteelt

en bemesting in. Organiese bemesting is ook al deur Jan van Riebeeck

in die Kaap toegedien en die vervaardiging van rotsfosfaat is gedurende

1842 in Europa gepatenteer.

Kunsmisvervaardiging het gedurende 1918 in Suid-Afrika by

Umbogintwini begin en tans is daar vervaardigers en verskeie hande-

laars en verspreiders van kunsmis in Suid-Afrika om ‘n bydrae tot voed-

sel- en voedingsekerheid te maak.

Kom besoek Kynoch Kunsmis gerus by die NAMPO Oesdag by stand-

plaas A15 om meer van bemesting en plantvoeding oor die afgelope

100 jaar te wete te kom – so lank as wat die naam Kynoch al bestaan.

Tegnologiese ontwikkeling in landbou het 10 000 jaar voor Christus

reeds ontstaan.

Graan SA/Grain SA