Previous Page  113 / 120 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 113 / 120 Next Page
Page Background

< 111

www.nampo.co.za

AKTUEEL

NAMPO 2018

SA Graan/Grain

redaksiespan

Van die inskrywings

tydens verlede jaar se

Boerepatentekompetisie.

VOLGENS DIE BRON

Wikipedia

het Thomas

Edison gedurende sy lewe 1 093 patente ge-

registreer – meer as enige ander uitvinder in

die geskiedenis. Hy is veral bekend vir die

uitvinding van die gloeilamp en gepaard-

gaande elektrisiteitsvoorsieningstelsels. Sy

lewensfilosofie was dat genialiteit 1% inspira-

sie en 99% perspirasie is. Hy het ook bydraes

gelewer op militêre en mediese gebied – en

selfs ‘n invloed op die myn- en aandelebedryf

gehad. Dalk het hy die landboubedryf maar

liefs oorgelaat aan dié deelnemers wat jaar-

liks inskryf vir die Graan SA/Omnia Boere-

patentekompetisie!

Wat is ‘n boerepatent?

Die gesegde, ‘n boer maak ‘n plan, som eint-

lik die doel van hierdie kompetisie perfek op.

Produsente moet soms innoverend dink en met

interessante idees vorendag kom om sekere

take op die plaas te vergemaklik.

‘n Boerepatent is daarom ‘n oorspronklike toe-

stel of toerusting wat deur ‘n individu ontwerp

en gebou is om in ‘n behoefte waaraan

bestaande toerusting nie voldoen nie, aan te

spreek. Die item wat ingeskryf word vir dié

kompetisie en tydens die duur van die Oesdag

daagliks gedemonstreer word, mag nie gepa-

tenteer wees nie. Deelnemers se slim planne

mag deur ander produsente op hulle plase

nageboots en gebruik word. Jou idee word dus

almal se hulpmiddel.

Daar is deelnemers wat al jare lank vir die

kompetisie inskryf en steeds met ‘n nuwe plan

na die tafel kom. Volgens mnr Chris Schoon-

winkel (Graan SA-hoofbestuurslid) is hulle

elke jaar verbaas oor hoe ver die kompetisie

strek – met gereelde inskrywings van sover

soos Botswana.

Deelnemers kan vir die volgende kategorieë

inskryf:

Masjinerie, implemente en landboutoerus-

ting: Nuut of gemodifiseer/aangepas. Die

uitvindsel of patent moet van die nuutste

tegnologie gebruik maak om boerdery te

vergemaklik.

Gereedskap: Nuut of gemodifiseer/aange-

pas. Dit sluit in enige uitvindsel wat betrek-

king het op landbouwerkswinkels.

Huishoudelike en tuintoerusting: Nuut of

gemodifiseer/aangepas. Dit sluit patente,

wat ‘n verskil in en om die huis maak, by-

voorbeeld elektriese toerusting of produkte

wat vroue inskryf, in.

Ope afdeling: Enigiets nie hierbo gelys nie,

maar wat betrekking het op die verbetering

van landbou/landboubestuur op graan- en

veeplase. Iets soos byvoorbeeld rekenaar-

en bestuursprogramme, programmatuur,

moderne tegnologie en rekenaarstelsels

vir presisieboerdery.

Skoliere: Enige leerling wat 18 jaar of

jonger is en by ‘n primêre of sekondêre

onderriginstelling ingeskryf is.

Studente: Enige leerling wat 18 jaar of ouer

is en wat ‘n tersiêre onderriginstelling in-

geskryf is.

Die beoordelingsproses

Alle patente moet teen sluitingstyd, naamlik

Maandagmiddag, 14 Mei 2018, om 14:00

op die standplaas by NAMPO Park wees. Die

beoordeling word op Dinsdagoggend, 15 Mei,

van 09:00 tot 12:30 gedoen. Die span

beoordelaars bepaal of die inskrywing in sy

doel slaag en kyk na die netheid en doeltref-

fendheid van die inskrywing.

Die vier Graan SA-beoordelaars is produsente:

Mnre WH van Zyl van Wesselsbron, Hannes

Haasbroek van Bloemfontein, Andries Theron

van Moorreesburg en Chris Schoonwinkel van

Wesselsbron/Hoopstad.

Omnia is die afgelope 30 jaar betrokke by dié

kompetisie en as hoofborg skenk hulle jaarliks

‘n minimum van R50 000 as prysgeld. Vier

Omnia-verteenwoordigers, naamlik mnre Piet

Groenewald, Henning Botes, Donald Brink

en Derrick Wessels vorm ook deel van die

beoordelingspan. Al word die wenners van die

verskillende kategorieë direk ná die beoorde-

ling aangekondig, vind die prysuitdeling eers

op Donderdag, 17 Mei, om 12:00 plaas.

Tegnologie word ingespan

Indien ‘n deelnemer se patent van so ‘n aard

is dat dit nie vooraf vervoer kan word nie, mag

‘n DVD of video-opname daarvan ingestuur

word of op

YouTube

gelaai word. Die opnames

sal dan op die skerms by die Boerepatente ver-

toon word. Studente en skoliere wat inskryf en

wat weens skoolverpligtinge nie by NAMPO

Park kan wees nie, mag ook per e-pos inskryf.

Vir meer inligting, kontak Schoonwinkel by

082 492 7308 of

chris@morningtide.co.za ,

Groenewald by 082 202 5947 of

piet.

groenewald@omnia.co.za

en Wim Venter

(Oesdagbeampte) by 086 004 7246 of

wim@grainsa.co.za .

Inskrywingsvorms is ook

beskikbaar by Graan SA se kantoor of op

bladsy 112 van hierdie uitgawe.

Volgens Edison het jy ‘n goeie verbeelding en

‘n hoop rommel nodig om iets te ontwerp. Dit

is onseker of die deelnemers aan dié kompeti-

sie en die besoekers wat by een van die gewild-

ste besoekpunte tydens die NAMPO Oesdag

aandoen, sal saamstem met dié stelling. Kom

besluit gerus self wat dink jy van hierdie vin-

dingryke entrepreneurs, ingenieurs en uit-

vinders se innoverende skeppings.

Graan SA/Grain SA

Inspirasie en perspirasie

= Boerepatente