Previous Page  109 / 120 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 109 / 120 Next Page
Page Background

< 107

www.nampo.co.za

SAAD

NAMPO 2018

Produk-inligting

WITMIELIES

GEELMIELIES

BELANGRIKE AGRONOMIESE EIENSKAPPE

P 2864 WYR

P 2880 WYR X 28D297 WY

P 2319 B

Staanvermoë

Opbrengspotensiaal

Meerkoppigheid

Kopplasing

Droogteverdraagsaamheid

Afdroging

Produktiewe spruite

SIEKTEVERDRAAGSAAMHEID

P 2864 WYR

P 2880 WYR X 28D297 WY

P 2319 B

Bruinroes

Grysblaarvlek

Noordelike blaarskroei

Stronk- en wortelvrot

Gibberella-kopvrot

Diplodia-kopvrot

Fusaruim-kopvrot

TABEL 1: AGRONOMIESE INLIGTING: NUWE PRODUKTE.

JOHAN KOCK,

landboukundige, DuPont Pioneer

Nuwe mielieprodukte

vir die westelike produksiegebied

P

lanttyd is dié geleentheid vir saaiprodusente om die grondslag

vir die sukses van hul gewasse te lê. Daarom is regte besluit-

neming ten opsigte van insette vanuit die staanspoor van

kardinale belang.

Mielieverbouing is tans ‘n risiko in terme van produsenteprys en mark-

tendense. Daar is ook ‘n magdom alternatiewe vir die verskillende

insette, waarvan kultivar (tipe genetika) maar een van die bepalende

rolspelers vir suksesvolle graanproduksie is.

Dit is op hierdie punt dat produsente moet kan staatmaak op ‘n betrou-

bare span vir ondersteuning vanaf plant tot stroop. DuPont

®

Pioneer

®

is hierdie span. Dit begin by jou agent, verkoopsverteenwoordiger en

areabestuurder, wat die produk tot by jou voorstoep bring. Hulle word

ondersteun deur ‘n bekwame landboukundige span wat nuwe produkte

ontwikkel en só plaas dat die grootste genetiese potensiaal vir elke kul-

tivar bereik word. Dit is die strewe van hierdie span om leierprodukte te

voorsien en produsente met insig in gewasbestuur en plasing van die

regte produk op die regte hektaar op die voorvoet te plaas. Dit lei tot

beter resultate vir produsente ten einde produktiwiteit en winsgewend-

heid te verbeter.

Die sogenaamde Pioneer Impact kultivartoetsprogram word die ko-

mende seisoen vir die derde keer in die westelike produksiegebiede

toegepas. Dit is ‘n kragtige proses waartydens nuwe genetika vinniger

in die pyplyn vir ‘n aansienlike aantal addisionele lokaliteite ontwikkel

word. Evaluasie in terme van opbrengs en agronomiese eienskappe is

meer akkuraat en betroubaar as ooit tevore.

Dit is juis uit hierdie program wat ons drie witmielieprodukte en een

geelmielieproduk wil bekendstel:

Witmielies: P 2864 WYR, P 2880 WYR en P 3058 WY

Geelmielies: P 2319 B

Die maatskappy het strookproewe gedoen, waar kultivars met ou gene-

tika ten opsigte van persentasie opbrengsvoordeelvordering vergelyk is.

Die uitkoms toon dat P 2842 W oor 33 vergelykings (lokaliteite) 15,97%

beter presteer as die ouer produkte soos P 2653 WYR. P 2864 WYR en

P 2880 WYR presteer onderskeidelik 15,36% (42 vergelykings) en 10,37%

(31 vergelykings) beter as P 2653 WYR. Dit dui op ‘n merkwaardige

vordering van 10% tot 15% in terme van opbrengsvoordeel.

Soortgelyke resultate is in die kleinperseel Pioneer Impact proewe

gesien, wat merkwaardige opbrengsvordering vergeleke met ou gene-

tika P 2653 WYR toon. Let veral op die prestasie van ‘n splinternuwe

produk P 3958 WY wat benewens topkultivars soos P 2842 W en

P 2864 WYR in lyn met konkurrente opbrengsverbetering van 12,38% oor

47 vergelykings toon.

Wat die nuwe geelkultivar betref, is daar ‘n 4,35% opbrengsvoordeel

oor sewe vergelykings relatief tot P 2432 R in die westelike produksiege-

bied gemeet. Dit is ‘n kultivar wat beïndruk met meerkoppigheid en

veral die gelykvormige ontwikkeling van die tweede kop. Benewens die

opbrengsvordering is hierdie produk beskikbaar met die VTP-geen wat

uiters voordelig is indien topruspedruk hoog is.

Die maatskappy spog met nuwe produkte vir die droëland westelike

produksiegebied, wat met vertroue geplant kan word. Dit is kultivars wat

goeie kompensasievermoë toon in terme van meerkoppigheid, skepel-

gewig en selfs produktiewe spruitvorming. Dit voldoen aan aanvaarbare

agronomiese eienskappe soos staanvermoë en stabiliteit. Resultate van

proewe in ‘n groot aantal lokaliteite met uiteenlopende omgewingstoe-

stande verseker produsente dat die kultivars onder sodanige omstandig-

hede en toestande kan presteer.

Besoek ons gerus by die Graan SA NAMPO Oesdag en kom gesels met

ons oor ons nuwe produkte.

Rooi = gevaar Geel = aanvaarbaar Groen = sterk punt

Graan SA/Grain SA