Table of Contents Table of Contents
Previous Page  11 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 11 / 116 Next Page
Page Background

9

Social responsibility

A shoe project was launched during the 2019 Congress as part of our

‘People like us do things like this’ initiative. Delegates and guests were

asked to donate new or barely used shoes during Congress. In this

way, more than 500 pairs of shoes were divided equally among four

institutions in the Bothaville district.

The donation of a battery-driven wheelchair provided Uncle Basie

Ntsimane, a former executive member, with mobility again after he had

lost the full function of his legs. It was a privilege for Grain SA – an

organisation that truly cares – to support Uncle Basie in this way, as he

had made a major contribution to the Executive and to agriculture over

many years.

TRENDS

White maize and soybeans

A positive trend was the new record consumption figures achieved

for maize (10,7 million tons processed in 2018/2019) and soybeans

(1,3 million tons processed in 2018/2019). Grain SA is confident that this

trend will continue in the medium term.

An increase in the planting of soybeans in particular can be expected.

South African producers once again produced more than 1 million tons

this year. Production will have to reach 1,8 million tons before soybeans

need no longer be imported.

Glyphosate

The international agricultural industry is currently under pressure from

environmental conservation activists to oppose the use of glyphosate.

This trend is focusing increasingly on Africa and it makes red lights

flash for South Africa. However, the use of glyphosate cannot be

stopped before a workable alternative has been found to ensure

sustainable food production.

Corruption

South Africa is currently suffering from the side effects of

maladministration and corruption. Grain SA, which is committed to

clean administration, is aware that the accompanying ripple effect

reflects extremely negatively on institutions and organisations. It is

noticeable that this calibre of corruption is moving closer to the grain

industry. Grain SA therefore keeps a watchful eye on matters that

can have a negative effect on the grain industry at operational level.

Land reform

In the Emakhasaneni court case involving farms in the Melmoth District

in KwaZulu-Natal the Land Claims Court created a precedent in its

judgment. It was found that neither the Minister of Rural Development

nor the Valuer General may ignore the jurisdiction of the courts with

regard to compensation for land.

Sosiale verantwoordelikheid

’n Skoenprojek is geloods tydens die 2019-kongres as deel van ons

“People like us do things like this”-inisiatief. Afgevaardigdes en gaste

is gevra om nuwe of liggebruikte skoene tydens die kongres te skenk.

Sodoende is meer as 500 pare skoene eweredig aan vier instansies in

die Bothaville-distrik geskenk.

Vir oom Basie Ntsimane, ’n oud-hoofbestuurslid, het die skenking

van ’n battery-aangedrewe rystoel aan hom sy mobiliteit terug besorg

na hy die volle funksionering van sy bene verloor het. Dit was vir

Graan SA – as ’n organisasie wat waarlik omgee – ’n voorreg om oom

Basie op die wyse te ondersteun, want hy het oor jare ’n groot bydrae tot

die Hoofbestuur en landbou gemaak.

TENDENSE

Witmielies en sojabone

’n Positiewe beweging was die nuwe rekord-verbruiksyfers wat behaal

is vir beide mielies (10,7 miljoen ton 2018/2019 verwerk) en sojabone

(1,3 miljoen ton 2018/2019 verwerk). Graan SA is vol vertroue dat dié

tendens in die mediumtermyn sal voortduur.

Daar kan veral ’n opswaai in die aanplanting van sojabone verwag word.

Suid-Afrikaanse produsente het vanjaar weer meer as 1 miljoen ton

geproduseer. Produksie sal eers op 1,8 miljoen ton moet staan alvorens

daar nie meer sojabone ingevoer hoef te word nie.

Glifosaat

Die internasionale landboubedryf is tans onder druk deur aktiviste

vir omgewingsbewaring om die gebruik van glifosaat teen te werk.

Hierdie tendens word al hoe meer op Afrika geprojekteer en voorspel

rooi ligte vir Suid-Afrika. Die aanwending van glifosaat kan egter nie

gestaak word alvorens ’n werkbare alternatief gevind is om volhoubare

voedselproduksie te verseker nie.

Korrupsie

Suid-Afrika gaan tans gebuk onder die newe-effekte van wanadministra-

sie en korrupsie. Graan SA, wat homself verbind tot skoon administrasie,

is bewus daarvan dat die gepaardgaande rimpeleffek uiters negatief

op instellings en organisasies reflekteer. Dit is opmerklik dat dié kaliber

korrupsie ook besig is om nader aan die graanbedryf te beweeg.

Gevolglik hou Graan SA ’n waaksame oog oor aangeleenthede wat die

graanbedryf op bedryfsvlak negatief kan raak.

Grondhervorming

In die Emakhasaneni-hofsaak waarby plase in die Melmoth-distrik in

KwaZulu-Natal ter sake was, het die Grondeisehof ’n presedent in sy

uitspraak geskep. Daar is bevind dat beide die Minister van Landelike

Ontwikkeling en die Waardeerder-generaal nie die jurisdiksie van die

howe in verband met die vergoeding vir grond kan ignoreer nie.

Ten spyte van die debat oor onteiening van grond sonder vergoeding

het die regstelsel volstaan by die vereistes in die grondwet ten opsigte

van billike vergoeding. Graan SA is via Agri SA finansieel en andersins

betrokke by hierdie en ander soortgelyke sake ten einde lede se

grondwetlike regte oor grond te beskerm.

Grain Academy alumni of the past seven years.

Die Graanakademie se alumni van die afgelope sewe jaar.