• Login
  • Search Icon

Stikstofbemesting waardevol met wisselboumielies

November 2009

ANDRÉ NEL, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE
 
Peulplante soos grondbone en sojabone het die eienskap dat hulle in simbiose met Rhizobium of kortweg knoppiesbakterieë leef. Die bakterieë voed op die wortels van die grondbone of sojabone en bind atmosferiese stikstof wat vir die bone beskikbaar is. Dit is ‘n mooi voorbeeld van simbiose in die natuur waar twee organismes tot mekaar se voordeel saamleef.
 
Die stikstofbindingsproses vereis baie energie en dit neem ‘n geruime tyd (tot 90 dae) voordat die stikstofvoorsiening aan die vraag van die peulgewas voldoen. Tot tyd en wyl die voorsiening voldoende is, is die peulplant van die grond se stikstofreserwe afhanklik. Indien dié reserwe klein is, kan stikstofbemesting die opbrengs van die peulgewas verhoog, hoewel die opname van stikstof uit die grond ook energie van die plant vereis.
 
Stikstofverryking vandie grond
Mielies wat na die sojabone verbou word, toon nie maklik ‘n stikstofgebrek nie en daar word algemeen aanvaar dat heelwat stikstof in die grond deur die peulgewas agtergelaat word wat dan deur die opvolgmielies benut word. Pogings is al aangewend om die stikstofverryking van die grond te meet of te beraam sodat aanpassing aan die  stikstofbemestingspeil van die opvolggewas, wat gewoonlik mielies is, gemaak kan word.
 
Volgens navorsing wat deur die Noordwes Departement van Landbou uitgevoer is, beloop die gemete hoeveelheid anorganiese stikstof in die grond 10 kg/ha vir elke ton sojaboongraan of ton akkerboon-droëmateriaal wat geoes is. Dié waarde is egter afhanklik van ‘n kontrolewaarde waarmee dit vergelyk word en in dié geval, ‘n mielieperseel waar geen stikstofbemesting toegedien is nie. Sou ‘n onbemeste peulgewas waarop geen knoppiesbakterieë voorgekom het nie die verwysing wees, sou gemete stikstofverryking van die grond waarskynlik anders gewees het.
 

Kliek op   http://www.graansa.co.za/documents/SAGraan%20Nov%2009_Stikstofbemesting.pdf vir die volledige artikel.

Publication: November 2009

Section: Wenartikels

Search