Background Image
Previous Page  114 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 114 / 116 Next Page
Page Background

112

Beste Grootneef

v

an Langenhoven word vertel dat ‘n hoogop dame uit

die gemeenskap hom destyds aangevat het oor sy ón-

sobere gewoontes. Sy antwoord op die tirade was dat een

uur van sy dronkenskap meer werd was as die vrou se hele

salige lewe!

En van Winston Churchill word vertel dat ‘n vooraanstaande se

gade hom by ‘n funksie aangespreek het omdat hy so effe onvas op

sy voete was. Volgens oorlewering was sy antwoord in kort:

Madam, tomorrow I will be sober, but you will still be fat

!” Dalk het

hy haar dubbeld gesien, maar haar doppie was geklink.

Of soos die twee manne op die Kaapse vlak wat die papsak tot

die laaste droesem geledig het. Hul groeteboodskap aan al die

omstanders was: “Nou wag ons hom in.”

Daar word ook vertel van die ou wat al die leë bottels in sy huis

loop en stukkend gooi het met die verwyt dat hulle die oorsaak was

dat hy uit sy vrou, plaas en kinders is. Toe hy op ‘n vol bottel afkom,

het hy dit versigtig eenkant gesit met die woorde “Staan

sountoe

,

jy het nog niks met hierdie moeilikheid te doen nie!”

Ou Neef, deur die eeue was vuurwater die bron van kwaad. Die vet

in die vuur. Die klip in die kettie. Dit is ook deeglik in die volksmond

verpak: “Hy loop drie rye spore” of “Koos Wye Voete” vir die KWV.

En die jonger weergawe, “So getrek soos ‘n broekrek” – waarnemings

van mense in verskillende vlakke van besopenheid.

Buurman vertel nou nog van die nagmaal op

Vaalwater toe die wyn te min vir die kelkies en

die beker was. Die klomp jong diakens het toe

uit noodweer Oros en witblits gemeng tot ‘n edel

versnit. Tydens die diens het verskeie hande

opgegaan van gemeentelede wat gekla het dat

hul oorgeslaan is. In so ‘n mate dat die diens met

“Die Stem” afgesluit is.

Buurman vertel verder van die rugbytoer in sy oorle

jong dae. Dié was meer van ‘n kaas-en-wyntoer as

‘n rugbytoer, maar om die fokus te hou, is ‘n paar

wedstryde teen plaaslike dorpspanne gereël. Een

van die spanlede was Rooi Koos met ‘n rooi baard

soos uit die Anglo-Boereoorlog.

Een aand raak Rooi Koos so doenig met die kaas

en wyn – veral die wyn – dat hy later nie vriend

of vyand uitmekaar geken het nie. En toe rustig in

die hoekie van die kroeg ingesluimer het totdat ‘n

koma van ‘n slaap hom oorval het. Niks kon hom

roer nie. Sy spanmaats skeer toe in goeie gees sy

baard af en boek hom op die koop toe by die verkeerde hotel in.

Almal vrolik en bly die aand uiteen.

Die volgende oggend het Rooi Koos uit sy roesemoes ontwaak met

‘n monster van ‘n babelas. Boonop het hy hom in ‘n vreemde kamer

bevind wat glad nie met sy brein se vorige GPS-lesings geakkor-

deer het nie. Die badkamer en die kas se noord en suid was heel aan

die verkeerde kant. Met ‘n gesukkel het Rooi Koos die wasbak in

die badkamer opgespoor om sy gesig en rooi oë te lawe. Met die

opkyk in die spieël sien Rooi Koos die vreemde baardlose bakkies.

En skrik hom toe in ‘n ander bloedgroep in.

In die waas van soeke na homself en waar hy is, kom hy toe op die

sleutel van die hotel af waar hy aanvanklik ingeboek was. Met die

telefoon op die bedkassie bel hy die nommer op die sleutelhouer.

Toe die ontvangsdame aan die anderkant antwoord, vra hy mooi dat

sy asseblief tog in kamer nommer 10 moet gaan kyk of hy daar is.

En as hy nie daar is nie, is hy weg!

Toe hy uiteindelik by sy hotel van herkoms aanmeld, was die toer-

bus lankal vort, sy spanmaats besig om met hul kaas-en-wynlywe

teen die buurdorp se eerste span les op te sê. Sonder ‘n reserwe.

Ou Neef, hou maar matigheid voor oë, maar laat hy val waar hy wil.

Groete op die Oosgrens!

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

Dronkverdriet

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

Oktober 2017