Background Image
Previous Page  113 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 113 / 116 Next Page
Page Background

Mercedes-Benz se bakkie hier in 2018:

Spoggerig, maar sterk genoeg vir die plaaslewe

m

ercedes-Benz het in Julie vir die eerste keer sy

bakkie aan die internasionale media vertoon.

Dit word die X-klas genoem en is, soos verwag,

‘n baie luukse en goedtoegeruste bakkie. Dit is

só spoggerig dat Mercedes-Benz erken dat die

X-klas nie eintlik vir werk bedoel is nie, maar

eerder ‘n leefstyl-voertuig is.

Met die bekendstelling aan die media, het Mercedes-Benz verklaar

dat die X-klas op onder andere die Argentynse grondeienaar en

in Suid-Afrika op die “modebewuste individualis” gerig is. Nou in

enige man se taal is ‘n “modebewuste individualis” beslis nie ‘n

produsent nie. Gesien in die lig daarvan dat daar vanaf die middel

van 2018 ‘n permanente vierwiel-aangedrewe X-klasbakkie in

Suid-Afrika sal wees, is daar geen rede waarom Suid-Afrikaanse

produsente nie ook in hierdie voertuig sal belangstel nie. Mercedes-

Benz het jare se ondervinding in die vervaardiging van voertuie

wat vir harde werk bedoel is, soos die Unimog en die G-klas. Die

X-klas behoort daarom glad nie ‘n sagte bakkie te wees nie.

Dit het byvoorbeeld ‘n leerraam-onderstel, ‘n soliede agteras, on-

afhanklike vering voor en kronkelvere voor en agter. Die X-klas kan

‘n vrag van tot 1,1 ton dra en het ‘n sleepvermoë van 3,5 ton. Daar

is drie dieselenjins beskikbaar. Die X 220d is die intreevlak-enjin

met ‘n verplasingsinhoud van 2 298 cc. Hierdie enjin lewer 120 kW

teen 3 750 opm en 403 Nm teen tussen 1 500 opm en 2 500 opm.

Daar is net een ratkas vir hierdie enjin beskikbaar, naamlik ‘n

handratkas met ses gange.

Die X 250d se enjinkapasiteit is dieselfde, maar hy het twee

turbo-aanjaers in plaas van een. Hierdie enjin, wat beskikbaar is

met ‘n handratkas of ‘n outomatiese ratkas met sewe gange, lewer

140 kW teen 3 750 opm en het ‘n wringkrag van 450 Nm tussen

1 500 opm en 2 500 opm. Hierdie twee enjins sal met agter- of

vierwielaandrywing beskikbaar wees. Teen die middel van 2018 sal

die vlagskip, die X 350d, met ‘n V6-enjin en vierwielaandrywing,

bekend gestel word.

Daar sal drie afwerkingsvlakke wees, naamlik die “Pure”-model, wat

die intreevlak is, die “Progressive”-model, wat meer geriefsfunksies

en bykomende stileringskenmerke bied as die intreevlak-model en

die “Power”-model vir diegene wat glo hul voertuie “hoofsaaklik vir

ontspanning gebruik en ‘n meer individualistiese beeld wil uitstraal”.

Hoewel die drie afwerkingsvlakke die koper in staat stel om sy of

haar voertuig volgens behoefte te verpersoonlik, is daar ook heelwat

ander bykomstighede soos sagte seiltjies, kappies, bosbrekers en

rolstawe beskikbaar om op jou eie X-klas by te las. Daarby kan die

X-klas ook sonder ‘n agterste stamper bestel word; dit veroorsaak

dat die agterklap tot op 180° oopgemaak kan word. Dit sal ook die

enigste bakkie wees wat beligting in die laairuim as standaard-

toerusting het. Dit kan deur middel van ‘n skakelaar aan die binnekant

beheer word. Daarby is daar ook ‘n 12 volt-kragpunt in die laairuim.

Die X-klas stel nuwe veiligheidstandaarde in sy klas: Dit die

enigste dubbelkajuitbakkie wat skyfremme op al vier wiele het.

Daar is ook ‘n elektroniese stabiliteitsprogram, wat keer dat die

voertuig in kritieke situasies gly en ‘n remhulpstelsel wat saam met

die ABS-remstelsel werk en die bestuurder in staat stel om in die

kortste moontlike tyd in ‘n noodsituasie te rem.

Daar is verder ‘n stelsel wat keer dat die voertuig swak padoppervlakke

beheer verloor óf waar daar ys, sneeu of los gruis voorkom. Daar

is sewe lugsakke in elke X-klasmodel. Verdere veiligheidskenmerke

is ‘n stelsel wat jou waarsku as jy per abuis van baan verwissel,

‘n banddrukmonitor, LED-kopligte en ‘n stelsel wat help om ‘n

woonwa of sleepwa wat gesleep word, stabiel te hou.

Daarby is ‘n 360°-kamera opsioneel beskikbaar, tesame met ‘n tru-

kamera. Die aktiewe remhulpstelsel word in werking gestel wanneer

daar ‘n moontlikheid bestaan dat daar ‘n botsing aan die agterkant

mag plaasvind. Dié stelsel maak op ‘n hoorbare manier alarm en gee

rem-ondersteuning wanneer nodig. Die 4 Matic-stelsel is opsioneel

beskikbaar vir die X 220d en X 250d-modelle en vierwielaandrywing

kan deur middel van laestrek gekies word. Daarby is ‘n sluitbare

ewenaar opsioneel beskikbaar.

Suid-Afrika kan die X-klas vroeg aanstaande jaar verwag. Pryse en

presiese spesifikasies vir die Suid-Afrikaanse mark sal eers later

bekend gemaak word, maar as mens berekeninge maak met die

reeds-aangekondigde prys van die X-klas in Duitsland, sal Suid-

Afrikaners op huidige beraming ongeveer R590 000 vir die Pure-

model X-klas betaal.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

1: Die X-klas kan ‘n vrag

van tot 1,1 ton dra en het ‘n

sleepvermoë van 3,5 ton.

2: Die X-klas se binneruim.

1

2

111

October 2017