SA Graan Maart NAMPO - page 8

Vervolg vanbl. 5
Oesdag bied
kennis en inspirasie
< 6
NAMPO 2014
Oesdag/HarvestDay
“Van die aansporings is dat lede gra-
tis en nader aan die verrigtinge op die
terrein kan parkeer en twee tot agt
gratis toegangskaartjies kry, afhangend
van hul bydraevlak.
Dit maak dit makliker vir byvoorbeeld
groot boerderyondernemings om van
hul senior personeel aan die kennis en
ervaring van die Oesdag bloot te stel
sonder om té diep in die sak hoef te
delf.” Lede kan ook in die ledelokaal
ontspan wanneer hulle moeg geloop is
of iets te ete of te drinke soek.
Hier kan hulle ook op informele vlak
met Graan SA personeel skakel. “Die
tydgleuf wat die Oesdag plaasvind
(vanjaar van 13 tot 16 Mei), maak
dit ook vir diemeeste graanprodusente
moontlik om ‘n dag of twee daaraan af
te staan,” sê De Villiers. “Dit is oor baie
jare heen en met geregverdigde aan-
passings tot min of meer dieselfde vier
dae in Mei verskuif. Ongelukkig is dit
vir die Wes-Kaapse graanprodusente
weens planttydmoeilik omdie geleent-
heid by te woon.
Baie van hulle spreek jaarliks hul spyt
uit dat dit seisoensgewys nie moontlik
is nie. Sommige kom egter steeds – on-
danks hul boerderyverpligtinge.”
Dit is immers ‘n geleentheid om niemis
te loop nie!
Terreinaanpassings
“Die NAMPO Oesdag is nie meer ‘n klein onderneming nie,”
sê Loxton. “Dit is die afgelope drie jaar gemiddeld deurmeer
as 70 000 mense per jaar bygewoon. Die afgelope vyf jaar
is daar jaarliks 650 - 700 uitstallers. Dit is ‘n totaal ander
prentjie as toe die eerste Oesdag in 1967 plaasgevind het.”
In die beginjare, toe dit nog ‘n mieliefees was, is die Oesdag
op verskillende plekke gehou. “Sedert dit in die middel-70’s
na die huidige terrein verskuif is, het baie water in die see
geloop. Dit is vanjaar reeds ons 48ste Oesdag en dit bars elke
jaar opnuut uit sy nate.”
Loxton sê dit is egter vir Graan SA belangrik dat hy nie
getalle najaag met die aanbied van elke nuwe Oesdag nie.
“Dit bly in wese ‘n landbou-geleentheid, eerstens gerig op
produsente en die regte mense wat uitstal. Maar dit is elke
jaar moeilik om almal te akkommodeer en daarom moet
ons deurlopend na nuwe standplase en die verbetering van
geriewe kyk.”
Volgens Loxton is daar minstens twee belangrike redes om
die terrein te vergroot. “Die huidige uitstallers het voort-
durend behoefte aan uitbreiding en daar kom jaarliks nuwe
tegnologie by, wat nie alles op die bestaande terrein ingepas
kan word nie.
“Dit is nie ‘n maklike taak nie,” verseker Loxton. “Vir ons
huidige groot uitbreidings na die suidelike parkeerterrein is
baie tyd daaraan bestee ommet die regte partye te onder-
handel, insluitend Eskom om die nodige elektrisiteit beskik-
baar te stel. Dit behels ook nuwe paaie, die aanlê van water
en riolering en die verskuiwing van toegangshekke.”
Verlede jaar is die eerste fase voltooi om nege nuwe stand-
plase van 30m² by 30m² – met die nodige infrastruktuur
– in gebruik te neem. Vanjaar se tweede fase behels die ves-
tiging van 16 nuwe standplase en die oprigting van nuwe
toilette en kiosks.
“Dit is ‘n groot uitdaging om uiteindelik 50 000 m² se
bykomstigeuitstalruimte te vestig,” sêLoxton. “Intussen is ons
deurentyd besig met ander projekte, soos om die bestaande
veekrale oor die verloop van drie jaar op te gradeer.”
Die Oesdagkomitee bepaal jaarliks – ná afloop van die Oesdag
en gegrond op ‘n behoeftebepaling by uitstallers –watter ver-
anderinge en opgraderings aangebring behoort te word. Dit
geskied volgens ‘nprioriteitslys endie fondsewat beskikbaar is.
Nuwighede
Een van2014 se nuwighede is die inbring van ‘nwildkompo-
nent by die Oesdag. “Dit is nog vanjaar ‘n beskeie toevoeging,
maar ons meen dat dit uitgebou kan word omdat baie pro-
dusente deesdae ook eksotiese en ander wild by hulle boer-
derye inskakel.”
Volgens Loxtonworddie ledelokaal ook vanjaar verskuif nadie
ouKlub200; endieDonkerhoek-saal sal as ateljee vir Senwes
se gewilde “Nasie in gesprek” ingerig word. Uitsendings van
OFM Stereo en Graan SA Radio sal besoekers andermaal oor
nuwe en bestaande lekkertes inlig, verkeersprobleme probeer
ontknoop en interessante gesprekkemet bekendes enminder
bekendes aanknoop.
“Dit dra alles tot die lekkerte van die Oesdag by,” sê Loxton.
“Vramaar enige gereelde besoeker.”
Ongetwyfeld
een vandieheel bestes
Vervolg vanbl. 4
1,2,3,4,5,6,7 9,10,11,12,13,14,15,16,17,18,...124
Powered by FlippingBook