SA Graan Maart NAMPO - page 3

EIENAAR/UITGEWER
GRAANSA, POSBUS88, BOTHAVILLE9660
BESTURENDEREDAKTEUR:
Johan Loxton
Tel: 08600 47246
Faks: 086 509 7276
E-pos:
REDAKSIE
REDAKTEUR
: EstiedeVilliers
Tel: 013 752 5731
Sel: 083 490 9449
Faks: 086 275 4157
E-pos:
ADVERTENSIEVERKOPE
KOLBEADVERTISING
–Kaapstad
Jurgen vanOnselen
Tel/Faks: 021 976 4482
Sel: 082 417 3874
E-pos:
Kan
jy nog onthou hoe opgewonde jy
as kind was as die tandemuis jou die
eerste keer kom besoek het? Hoe jy jou
tand (miskien saammet ‘n briefie of ‘n
stukkie kaas) in jou skoen voor jou bed
gesit het en grootoog probeer wakker
lê het om te sien hoe dié muis lyk? Net
om die volgende oggendmet ‘n boog uit
die bed te spring en dadelik in die skoen
te loer? Ons oudste is nou op daardie
tandewisselstadium en haar opgewon-
denheid oor die tandemuis se besoek is
aansteeklik!
EstiedeVilliers
redakteur
: SAGraan/Grain
ISSN 1814-1676
Kinderlik opgewonde
oor naderendeNAMPOOesdag
En dan praat ek nie eers van die opge-
wondheid voor ‘n kind se verjaarsdag
nie! Maande lank word daar aan ‘n par-
tytjietema beplan (net om elke week te
verander) en besluit wie mag na hulle
partytjie genooi word en wie mag nie
(“sy was vandag lelik met my, sy mag
nie na my partytjie toe kom nie” – net
ommôre weer beste maatjies te wees!).
En niks kom natuurlik by ‘n kind se
opgewondheid oor Kersfees nie! Die
afwagting vir diemanmet diewit baard
en die rooi pak klere met ‘n sak vol pre-
sente oor sy skouer ken geen gelyke nie!
Nou ja, net so opgewonde soos ‘n kind
is ek (en ek glo baie ander volwassenes!)
oor die naderende NAMPO Oesdag van
Graan SA. As jy deur die deur (in dié
geval, hekke) stap, voel dit soos om ná ‘n
vakansieweg, weer by jou huis in te stap:
Dit lyk en ruik mos sommer bekend. Jy
voel tuis. Net so is dit as jy die oggend
koud-koud deur die NAMPO-hekke stap:
Dit is asof jy net vir ‘n week weg was
met vakansie.
Hier loop jyweer ou bekendes en vriende
raak; gesels met die kunsmis- of saad-
verteenwoordiger wat gereeld by jou
op die plaas kom; gaan kyk en vergelyk
saam met Buurman al die nuwe trek-
kers wat op die mark is, want “ná hier-
die oes kan ‘nman dit mos daremweer
oorweeg om ‘n nuwe yster of twee aan
te koop”. En dan moet jy verseker ook
‘n draai by die beeste gaan maak en ‘n
boereworsrol of sosatie so in die loop eet.
Jannie de Villiers (uitvoerende hoof-
bestuurder: Graan SA) sê juis in die on-
derhoud wat
SA Graan/Grain
met hom
gevoer het, hy verstaan dié lekkerte.
“Dit is virmy persoonlik heerlik om in so
‘n gemoedelike atmosfeer met vriende
en familie te kuier of mense aanmekaar
te kan voorstel.
“Dit sal egter die Oesdag ‘n groot oneer
aandoen om dit bloot as ‘n gewilde
kuiergeleentheid te beskryf. Dit is soveel
meer as dit. Dis ‘n uitstekende geleent-
heid om prys, gehalte en die werking
van byvoorbeeld trekkers en ander
landboutoerusting te vergelyk. Ver-
skaffers gebruik die Oesdag om hul
nuutste produkte bekend te stel en
bestaandes se goeie hoedanighede op-
nuut te beklemtoon. Produsente het ook
die rare geleentheid om ‘n verskeiden-
heid produkte en ontwerpe op dieselfde
terrein te vergelyk en daarvolgens in-
geligte besluite te neem.”
Hierdie NAMPO-bylaag tot die
SAGraan/Grain
behoort vir jou ‘n goeie
oorsig te gee van wat jy van vanjaar se
NAMPO kan verwag sodat jy jou besoek
vooraf kan beplan. Die terrein is juis
vanjaar nog verder vergroot, so jy sal
jou stap moet ken om by al die stand-
plase wat jy wil besoek uit te kom.
Ondersteun ons adverteerders
Die tydskrif is weer vanjaar in afdelings
ingedeel: Landbou-algemeen; Bemes-
ting; Geldsake en Bemarking; Diere;
Plaagbeheer; Saad; Voertuie en Toebe-
hore; Water en Energie; enWerktuie en
Toerusting.
Die uitstallers (wat bevestig en reg was
met die ter perse gaan van die tydskrif)
is in die toepaslike afdelings ingedeel
en almal in daardie kategorie plus hul
standplaas/stalletjie word op die eer-
ste bladsy van die spesifieke afdeling
gelys. Diegene wat deelgeneem het aan
die lywige spesiale Oesdag-tydskrif van
SA Graan/Grain,
se name is uitgelig op
die tussenblaaie. Doen asseblief moeite
en gaan maak ‘n draai by ons adver-
teerders en ondersteun hulle. Sonder
hulle sou dit natuurlik nie moont-
lik gewees het om die tydskrif uit te
gee nie.
Ek hoop jy is al net so opgewonde oor
die naderende Oesdag soos ons!
Sien jou daar!
Voorwoord
1,2 4,5,6,7,8,9,10,11,12,13,...124
Powered by FlippingBook