SA Graan Maart NAMPO - page 6

< 4
Ongetwyfeld
een vandieheel bestes
Johann van Zyl
, SAGraan/Grain
medewerker
Hy
sal sy kop op ‘n blok sit datGraanSA se jaarlikseNAMPO
Oesdag een van die tien beste landbouskoue ter wêreld is, sê
mnr Cobus van Coller, voorsitter van die Oesdag. “Ek was al
by heelwat van die voorste internasionale landbouskoue en
ons eie Oesdag staan geen tree terug vir die heel bestes nie.”
Volgens Van Coller dra die Oesdag die lekkerte oor van eg
Suid-Afrikaanse platteland en die atmosfeer wat daar-
mee gepaard gaan. “Ook die opgewondenheid van alles wat
nuut en mooi is en die lekkerte van mense, van wie baie ou
bekendes is. Jy wil dit eenvoudig nie misloop nie.”
Die Oesdag is egter nie in die eerste plek ‘n fees of ‘n ver-
maaklikheidskou nie. “Dit is ‘n landbouhandelstentoonstel-
ling wat op Graan SA se missie en visie geskoei is. Volgens
statistieke gaan produsente soontoe om nuwe produkte te
sien (88%), om te koop (61%), te netwerk (52%), om besluit-
neming oor die koop van produkte te vergemaklik (52%) en
om inligting te kry (54%).”
Suid-Afrikaanse produsente boer onder moeilike omstan-
dighede, sê Van Coller, met onstabiele klimaatstoestande,
geen regeringshulp nie en mededinging met produsente in
ander lande wat groot subsidies van hul regerings ontvang.
“Daarom is dit vir Graan SA belangrik om, ondermeer deur
jaarliks die NAMPO Oesdag aan te bied, produsente aan die
voorpunt te hou van die nuutste inligting en tegnologie.”
Tog is dit nienet produsentewat dié jaarlikse landbougeleent-
heid bywoon nie. “Besoekers sluit in buitelanders, gewone
verbruikers,maatskappye en selfs kinders, wat drome droom
oor ‘eendag as ek groot is’. Die meer as 60 dames-uitstallers
en demonstrasies hoofsaaklik op vroue gerig,maak dit ook vir
hulle die moeite werd om dit by te woon.”
Die Oesdag slaag ook deeglik daarin om die algemene publiek
bewus te maak van wat in die landbou aangaan en eerste-
hands te laat ervaar dat Suid-Afrika met van die heel beste
produsente terwêreld geseën is. Wat vanjaar seOesdag betref,
wat van13 - 16Mei aangebiedword, vertrou hy dat dit an-
dermaal daarin sal slaag om die jongste tegnologie, produkte
en dienste op een terrein aan produsente bekend te stel.
“Dit is ‘n uitstekende platform om insetverskaffers aan die
landbou en produsente op een dag bymekaar te bring om
inligting oor ‘n verskeidenheid produkte en pryse te bekom.
Maar graanprodusente is ook gewoonlik veeprodusente en
daarom het die Oesdag ook ‘n veekompleks waar 54 rasse
vertoon word asook programme vir beeste, skape en perde.”
Volgens mnr Johan Loxton, bestuurder: Kommersiële Dien-
ste van Graan SA, wat aan die stuur staan van elke jaar se
Oesdagreëlings, is navorsing en statistieke belangrik vir die
reël en samestelling van elke jaar se vierdagskou. “Ons steun
sterk op navorsing, wat die rigting van die volgende NAMPO
Oesdag aandui. Graan SA huiwer dus nie om dapper besluite
te neem nie.”
Dit het onder meer daartoe gelei dat die tradisionele mielie-
fees van vroeër jare tot ‘n volwaardige internasionale land-
bouhandelstentoonstelling uitgebou is. ‘n Ander aanpassing,
ook op navorsing oor die reënseisoen gegrond, was toe daar
sowat 12 jaar gelede besluit is om NAMPO twee weke later
te verskuif. Die verlenging van die Oesdag vanaf drie dae tot
vier dae is nog ‘n voorbeeld.
“Mense besef dit nie, maar ons begin al aan die volgende jaar
se NAMPO Oesdag beplan wanneer die pas afgelope een se
opruiming en administrasie afgehandel is,” sê Loxton. “Dit is
reeds in Junie.”
In die proses kyk die Oesdagkomitee na vernuwing wat ten-
dense en huidige bedryfsvoorkeure insluit. “As bewaringsbe-
werking al hoe gewilder raak, sorg ons dat die blootstelling
daaraan uitgebou word. As sonkragenergie die gonswoord is,
is ons in die voorste linie. Deur van die rigtinggewende inter-
nasionale landbouskoue by te woon, neem ons ook waar hoe
die bedryf internasionaal ontwikkel.”
Loxton sê dat vernuwing selfs die ligging en voorkoms van
toegangshekke insluit om toegangsvloei te vergemaklik.
Die nuutste tegnologie word ingespan om die reël en aan-
bieding van die Oesdag klopdisselboom te laat verloop. In-
ligting en korrespondensie word byvoorbeeld elektronies
aan uitstallers en besoekers voorsien: Die Oesdagwebblad
(
)
en
nampo.mobi
word onder meer daar-
voor benut. Die tema van vanjaar se NAMPO Oesdag is nie
verniet "NAMPO 2014 –
Die nuwegenerasie-landbouven-
noot"
nie.
NAMPO 2014
Oesdag/HarvestDay
Vervolg opbl. 6
Jannie de Villiers, Cobus van Coller en Johan Loxton deel 'n
ligte oomblik tydens verlede jaar se NAMPO Oesdag.
1,2,3,4,5 7,8,9,10,11,12,13,14,15,16,...124
Powered by FlippingBook