SA Graan Maart NAMPO - page 7

Oesdag bied
kennis en inspirasie
Johann van Zyl
, SAGraan/Grain
medewerker
Graan SA
se NAMPO Oesdag het
hom oor die jare gevestig as ‘n uitne-
mende geleentheid om verhoudinge
te bou. “Verskaffers aan die land-
boubedryf, lede en personeel van
Graan SA, buitelandse besoekers,
kennishonger beginnerboere en selfs
regeringsamptenare mis nie graag dié
hoogtepunt op die landboukalender
nie,” verseker mnr Jannie de Vil-
liers, uitvoerende hoofbestuurder van
Graan SA. Die netwerkgeleenthede
wat die Oesdag bied, is veelvuldig, sê
DeVilliers. “Produsente skakelmet ver-
skaffers, buitelanders toets die mark in
Suid-Afrika en landbou-organisasies en
-ondernemings steek by mekaar kers
op en skakel met regeringsinstellings.
Verskaffers praat ook met mekaar oor
die jongste groeirigtings, tegnologie of
marktendense. Dit is ‘n openbaring om
te sien hoe selfs mededingers in ‘n ont-
spanne atmosfeer makliker probleme
oplos.”
Volgens De Villiers is daar selfs lojale
ondersteuners wat dit jaar ná jaar by-
woon vir die ontvlugting wat dit bied.
“Vir baie is dit ‘n bevrediging van ‘n
hunkering na kleintyd op hul ouers, of
oupa of oom se plaas en besoek hulle
die Oesdag jaarliks soos ‘n kunstefees.”
Hy verstaan dié lekkerte, sê De Villiers.
“Dit is vir my persoonlik heerlik om
in so ‘n gemoedelike atmosfeer met
vriende en familie te kuier of mense
aan mekaar te kan voorstel. Dit is ‘n
bonus dat die Oesdag ook elke dag hoë-
frekwensie-skakeling moontlik maak:
30 of 40mini-vergaderings, terwyl jy
op ‘n normale werksdag dalk net vyf
sou kon inpas.”
Dit sal egter die Oesdag ‘n groot oneer
aandoen om dit bloot as ‘n gewilde
kuiergeleentheid te beskryf. “Dit is
soveel meer as dit. Dit is ‘n uitstekende
Vervolg opbl. 6
NAMPO 2014
Oesdag/HarvestDay
geleentheid om prys, gehalte en die
werking van byvoorbeeld trekkers en
ander landboutoerusting te vergelyk.
Verskaffers gebruik die Oesdag om hul
nuutste produkte bekend te stel en
bestaandes se goeie hoedanighede op-
nuut te beklemtoon. Produsente het
ook die rare geleentheid om ‘n ver-
skeidenheid produkte en ontwerpe op
dieselfde terrein te vergelyk en daar-
volgens ingeligte besluite te neem.”
Wat die NAMPO Oesdag ook laat uit-
staan, is die platform wat dit bied
om boerderywenke uit te ruil en van
nuwe bewerkings en verbeterde boer-
derymetodes kennis te neem. “Die
landboubedryf beweeg vinnig: Daar is
voortdurend nuwe rigtings, plaaslike
en internasionale deurbrake, navor-
singsuksesse en nuwe geleenthede. Hier
hoor jy daarvan en sien baie daarvan
in die praktyk. Jy verneem ook eerste-
hands hoe jy koste kan bespaar of kan
diversifiseer om in ‘n mededingende
omgewing te kan oorleef en groei,” sê
De Villiers.
Selfs die blootstelling aan nuwe pa-
tente – deur produsente self ontwikkel
en verfyn om spesifieke probleme op te
los of dinge op die plaas te vergemaklik
– is nie te versmaai nie. “Daar is regtig
vindingryke patente op ons plase. Hier
kry die ontwerpers erkenning, bloot-
stelling en selfs geleenthede om van
dié boerderypatente vir die mark te
ontwikkel.” Om so ‘n groot Oesdag jaar
in en jaar uit te laat werk, vereis ui-
teraard fyn beplanning, navorsing en
‘n ingesteldheid op produsente en an-
der besoekers se behoeftes.
Navorsing
Volgens navorsing wat deur Graan SA
gedoen is, is sowat die helfte van die
produsente wat die Oesdag jaarliks be-
soek graanprodusente. Die ander 50%
bestaan grootliks uit produsente wat
gemengde boerdery beoefen, maar ook
bees- en skaapprodusente. Die meeste
besoekers is van die Vrystaat (34,1%),
gevolg deur die Noordwes Provinsie
(26,7%) en Gauteng (13,2%), met die
res van die provinsies en buitelandse
besoekers wat die res (sowat 26%) uit-
maak. Die buitelandse belangstelling
neem ook deurlopend toe. Vanjaar se
afvaardigings sal onder andere besoe-
kers van Amerika, Kanada, Frankryk,
Italië, Denemarke, Argentinië, Brasilië,
Turkye, Israel, Indië enHongarye insluit.
Vernuwe
“Jy moet deurlopend, maar doelgerig
vernuwe, anders verloor jy jou tersaak-
likheid. Dit sluit indatdieOesdagkomitee
jaarliks poog om soveel moontlik uitstal-
lers van nuwe tegnologie en produkte
te akkommodeer om die Oesdag re-
levant, nuut enmodern te hou.” Die feit
dat produsente elke jaar na die Oesdag
terugkeer om nuwe produkte vir die
landbousektor te sien en te ervaar,
produkte aan te koop en die jongste
boerdery-inligting te bekom, bevestig
dat daar grootliks daarin geslaagword.
Graan SA ag die Oesdag een van sy
beste bydrae-geleenthede om vol-
houbare voedselproduksie in Suid- en
Suider-Afrika te verseker, sêDeVilliers.
“Dit help om ‘n volgende genera-
sie van produsente toe te rus om die
vele tegniese, ekonomiese en politieke
uitdagings te kan hanteer.” Vir begin-
nerboere is dit ook ‘n gulde geleentheid
om hul kennis te vergroot en saammet
ander te kuier wat hul belangstellings
en aspirasies deel. “Die samehorig-
heid en die inspirasie wat hulle put uit
gesprekke met ander wat in dieselfde
bootjie as hulle is, val ‘nmens elke jaar
op,” sê De Villiers.
Ledevoordele
Die gereelde bywoning van die NAMPO
Oesdag deur lede van Graan SA is ook
vir dié organisasie belangrik.
< 5
1,2,3,4,5,6 8,9,10,11,12,13,14,15,16,17,...124
Powered by FlippingBook