Die impak van beleidsonsekerheid
op jou geldsake
S
tandard and Poor’s (S&P) het op 3 April vanjaar Suid-
Afrika se buitelandse geldeenhede tot sub-belegginggraad
afgegradeer en op 7 April het ook Fitch Ratings Suid-Afrika
se staatskuld in sowel rand as buitelandse geldeenhede
tot sub-beleggingsgraad afgegradeer.
Hierdie status is algemeen bekend as rommelstatus. S&P se voor-
uitsigte was negatief, terwyl Fitch sy vooruitsigte op stabiel gehou
het. Die derde kredietgraderingsagentskap, Moody’s, het Suid-
Afrika op hersiening geplaas vir ‘n moontlike afgradering binne die
volgende 90 dae.
Tans is Suid-Afrika se gradering by Moody’s twee perke bo sub-
beleggingsgraad. Beide S&P en Fitch het aangevoer dat die stadige
ekonomiese groei, die onlangse kabinetskommeling, sowel as ‘n
verhoging in staatswaarborge en lenings aan staatsondernemings
die rede vir hul besluit was om Suid-Afrika af te gradeer.
Weens die intermediêre rol wat banke in enige ekonomie speel, is
dit die norm dat banke se kredietgradering baie nou gekoppel word
aan die kredietgradering van die betrokke land. S&P gee nie aan ‘n
land se finansiële instellings ‘n hoër gradering as wat die soewereine
gradering van die betrokke land se buitelandse geldeenheid is nie.
Dit word só gedoen omdat regeringsbeleid potensieel ‘n direkte en
indirekte impak op ‘n bank se dag-tot-dag-sake-aktiwiteite kan hê.
Suid-Afrikaanse banke is dus ook afgegradeer.
Barclays-Africa is egter goed gekapitaliseer met ‘n sterk likiditeits-
posisie en ‘n balansstaat van meer as R1 triljoen. Barclays-Africa
is goed geposisioneer in terme van ons strategie, risiko-aptyt,
risikoprofiel, sake-aktiwiteite en die makro-ekonomiese omgewing
waarin die bank bedrywig is. Die bank is dus in staat om voort te
gaan en die behoeftes van ons kliënte te diens.
‘n Afgradering beteken dat die koste van kapitaal waarskynlik kan
styg. Wanneer banke dan geld uitleen, geskied dit gewoonlik teen
‘n hoër rentekoers as voor die afgradering. Dit beteken dat die
koste aan skuld toeneem. Niks hiervan is goed vir enigeen van
ons nie – veral nie vir diegene met beperkte hulpbronne nie. Die
hoër lewenskoste maak sake nog moeiliker as wat dit reeds is. Die
moontlikheid dat rentekoerse in 2017 met ‘n verdere 150 basispunte
kan toeneem, kan nie uitgesluit word nie.
Die rentekoersverhogings sal die volgende invloed op sy jaarlikse
terugbetaling hê (sien
Tabel 1
). As illustrasie word die impak daar-
van weergegee op ‘n produsent met ‘n termynlening van R10 miljoen
en tien jaarlikse paaiemente oor ‘n periode van tien jaar, asook
met batefinansiering op ‘n trekker of implement ter waarde van
R3 miljoen wat oor vyf jaar in jaarlikse paaiemente afbetaal word.
Neem in ag dat die prima rentekoers ten tye van die skryf van die
artikel 10,50% was.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank werk baie nou saam met banke
en kommunikeer op ‘n daaglikse basis met hulle ten einde te ver-
seker dat hul finansieel stabiel is en in staat is om al die dienste te
kan lewer en die sekerheid te kan verleen wat kliënte benodig. Daar
is dus geen rede tot kommer wat die bankwese betref nie.
Nietemin, opvolgbeplanning is van kardinale belang in die land-
bousektor. Produsente moet ten alle tye hul bates en kredietrekords
beskerm. Die bepaling van ‘n korrekte struktuur vir ‘n boerderybesig-
heid is noodsaaklik vir die beskerming van bates. Produsente met
trusts het gewoonlik ‘n lae-rente of rentevrye lening aan die trusts.
Volgens die nuwe Artikel 7C van die Inkomstebelastingwet sal rente
gehef minder as 8% van ‘n skenking geag word. Die skenker sal
aanspreeklik gehou word vir skenkingsbelasting. Rekenmeesters/
ouditeure moet geraadpleeg word om belastingvermyding op sken-
kings en boedelbelasting op leningsrekenings by die oordrag van
bates na trusts optimaal te beplan.
Produsente is alreeds onder geweldige finansiële druk met die
onlangse droogtetoestande wat hul deurleef het. Alhoewel goeie
reën voorgekom het, ‘n baie goeie oes verwag word en veldtoe-
stande herstel het met gepaardgaande gunstige vleispryse, het dit
nie geld gereën nie.
Produsente moet daarop let om baie konserwatief te wees met
hul begrotings asook hul uitgawes. Hulle moet hul bate/laste-ver-
houdings noukeurig monitor en sorg dat dit nie buite beheer raak
nie. Skuldverhoudings sal gedurende ‘n jaar toeneem as gevolg van
die toename in hoër rentekoerse. Hulle sal oordeelkundig met hul
skuld moet wees en hul uitgawes binne perke hou. Met die daling in
die rand se waarde sal brandstof duurder word, sowel as trekkers,
implemente (nuwe tegnologie) en insetprodukte wat ingevoer
word. Die hoër vervoerkoste sal ook die pryse van produkte vir die
verbruiker laat styg.
Met die verswakking van die rand is daar korttermyn- sowel as
langtermyngeleenthede. Op die kort termyn behoort die pryse
van kommoditeite soos koring, wat ingevoer word, of pryse van
kommoditeite soos mielies, waarvan daar ‘n surplus is en wat
uitgevoer word, te verhoog. Produsente kan die prysgeleenthede
wat voordoen, gebruik om hul kommoditeitspryse te verskans. Op
die lang termyn bestaan daar goeie geleenthede vir die uitvoer-
mark. Ons verwag dat die rand voortdurend vir die res van 2017
weens beleidsonsekerheid in die aanloop na die ANC se verkie-
singskonferensie in Desember, kan verswak. Die rand kan tot
R14,50 aan die einde van Junie verswak en teen einde Desember
R15 teenoor die VSA-dollar beloop.
Om die beste te maak van die huidige ekonomiese omstandig-
hede, moet produsente kalm bly, wyse finansiële beplanning en
beleggings maak en nie oorhaastige besluite neem nie.
OLLIE VAN RONGE,
landbou-ekonoom: Absa (op Bethlehem) en
WESSEL LEMMER,
senior landbou-ekonoom: Absa (in Johannesburg)
RENTEKOERS PER JAAR
VERBANDPAAIEMENT
VERSKIL
PAAIEMENT OP TREK-
KER OF IMPLEMENT
VERSKIL
10,5%
R1 662 573,21
-
R801 526,49
-
11,5% (plus 100 basispunte)
R1 733 772,10
R71 198,90
R821 945,32
R20 418,83
12,5% (plus 200 basispunte)
R1 806 217,82
R143 644,61
R842 562,12
R41 035,63
TABEL 1: DIE IMPAK VAN RENTEKOERSVERHOGINGS OP DIE TERUGBETALING VAN PAAIEMENTE.
FOKUS
Geldsake en finansiële dienste
Spesiale
19
May 2017
Produk-inligting