Background Image
Previous Page  6 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 44 Next Page
Page Background

4

a

s ek aan 2017 dink, kom die woord “hersteljaar” onwille-

keurig by my op. Daar is vir my ‘n sagte emosie gekoppel

aan die woord “herstel” – iets te doen met gesond word

en/of herstel na ‘n situasie wat tevore beter was. As ek

in my hart oor ons land en sy mense dink, is daar soveel

versugtinge oor herstel wat na vore tree.

Eerstens, natuurlik, is dit ‘n stuk herstel vir landbou ná so ‘n ver-

woestende droogte: Herstel van damvlakke en ondergrondse

water; finansiële herstel vir ‘n groot aantal produsente wat die af-

gelope seisoen nie ‘n inkomste gehad het nie; herstel van kuddes

wat uitgeslag was om kontantvloei te verskaf.

Ek dink ook sommer aan Ouma se blikkie op die buffet – met ‘n

spaargeldjie vir ‘n noodgeval, wat seker ook hierdie jaar weer aan-

gevul sal moet word. Ons is saam met die produsente in die Swart-

land so dankbaar dat hulle weer ‘n behoorlike oes kon afhaal – op die

pad na herstel toe!

Ek kan egter nie anders as om ‘n diep versugting te hê wat ons

land betref nie. Sal dit nie wonderlik wees as ons aan die einde van

2017 kan sê dat verhoudinge tussen landsburgers herstel is nie?

Minder stakings en oproer en groter verdraagsaamheid vir mekaar

se opvattings. Meer respek vir ander mense en hul eiendom of reg

tot opvoeding.

In graanproduksie weet ons dat jy ‘n land ‘n jaar lank moet laat rus

om te herstel. Hoe gaan ons ons mense in hierdie land, wat aldag

met mekaar besig is, laat rus sodat daar herstel kan kom? Dit klink

so amper onmoontlik om daaroor te droom. Iewers in 2017 sal ek

self ‘n stukkie rus nodig hê om my verhoudinge met mense te ver-

beter en my kapasiteit vir verdraagsaamheid op te bou. Dit bly ‘n

groot uitdaging.

‘n Hersteljaar stel ons in staat om weer die ware noord in die lewe

te ontdek en om aanpassings te maak sodat ons weer goed op

koers is. In ons beplanning by Graan SA sien ons dat 2017 ‘n pad-

vindjaar gaan wees.

Ons gaan so tussen al die veranderlikes en bewegings deur ‘n

nuwe pad na volhoubare produksie moet soek. Dit wil so ál lyk asof

die politiek in ons land – en selfs in die wêreld – ‘n groter-wordende

invloed op landbou gaan hê.

Die positiewe verslae oor groei in Afrika bly inrol en dit is asof die

menigte konsultante nie enige hindernisse sien nie. Verstedeliking

in dié deel van die wêreld is die vinnigste en dit lei na groter afhank-

likheid van kommersiële landbou.

Die feit dat Afrika so ver agter met tegnologie is, skep groot ge-

leenthede tot ekonomiese groei – veral met ‘n werksmag wat teen

2034 groter gaan wees as dié van Indië of China. Wat ‘n vooruitsig!

Al hierdie vooruitsigte skep nuwe geleenthede vir groei en uitbrei-

ding. Politieke en ekonomiese stabiliteit sal bepaal of die vooruit-

sigte wel eendag waar gaan word – aangesien dit die sleutel tot

volhoubaarheid hou.

Van al die strategiese besluite wat Graan SA die afgelope jare ge-

neem het, is ek die meeste opgewonde oor die besluit ten opsigte

van navorsing en wat die navorsers tafel toe gaan bring. Die nuwe

inisiatiewe op die navorsingsterrein hou groot belofte in. Dit sal

jou baat om weer ‘n slag ‘n behoorlike stuk navorsing van hoek

tot kant deur te lees – net om seker te maak jy mis nie dálk net daar-

die klein stukkie inligting wat vir jou ‘n klompie rande kan spaar nie.

Hiermee wens ek jou graag alles van die beste vir 2017 toe.

Hersteljaar

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

‘n Hersteljaar stel

ons in staat om weer

die ware noord in die

lewe te ontdek en om

aanpassings te maak

sodat ons weer goed

op koers is.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Januarie 2017