Background Image
Previous Page  11 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 44 Next Page
Page Background

ALZENA GOMES,

skakelbeampte: Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Streekvergaderings

– essensieel vir lede

d

it is al amper weer tyd vir Graan SA se Kongres, wat

soos gewoonlik, deur ‘n reeks streekvergaderings voor-

afgegaan word.

Die vergaderings het ten doel om soveel as moontlik

van ons lede te bereik en op persoonlike vlak met

hul te kommunikeer oor die doen en late van Graan SA en ook

om toekomstige strategiese fokusareas met produsente te deel.

Produsente het dan die geleentheid om knelpunte in hul betrokke

areas onder Graan SA-dagbestuur se aandag te bring. Tydens

die vergaderings word daar gekyk na die graanmarkte, asook ‘n

oorsig van inset- en produksiekostes. Lede besluit na afloop van

die vergaderings wie die Graan SA Kongres op 8 en 9 Maart vanjaar

gaan bywoon. Slegs opbetaalde lede het stemreg tydens Kongres.

Die streekvergaderings sal plaasvind vanaf 24 Januarie tot 24 Fe-

bruarie. Die vergaderingsdatums kan op die webblad by

www.

graansa.co.za

besigtig word. Kennisgewings sal op ‘n gereelde basis

per SMS aan alle Graan SA-lede gestuur word.

Graan SA sien daarna uit om jou by die streekvergadering in jou

streek te ontmoet.

DIRK KOTZÉ,

ledebemarking en kommunikasiebeampte: Graan SA

...vanaf 24 Januarie

tot 24 Februarie.