Background Image
Previous Page  3 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 44 Next Page
Page Background

1

January 2017

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Vicky Coetzee, Jannie de Villiers, Alzena Gomes, Sonia-Mari Greyling-Joubert, Koos Kirsten, Rikus Kloppers, Dirk Kotzé, Petro Kotzé, Louise Kunz, Corné Louw,

Dawie Roodt, Aneen Schoeman, Gerrie Smit, Luan van der Walt en Anita van Zyl

m

y ma se familie het onlangs ‘n saamtrek

op ons plaas gehou. Dit was te heerlik om

weer al die ooms en tantes, niggies en ne-

fies te sien. Dit bly mos nou maar eenmaal

‘n heerlike affêre met baie lag en “onthou

jy nog’s” as ‘n familie bymekaarkom!

My oom Morkel het ‘n spesiale verrassing vir elkeen gehad:

‘n Klein bakkie alikreukel – soos wat Ouma dit altyd gaar-

gemaak het. Toe ek daardie bakkie oopmaak, daaraan ruik

en die eerste hap vat, was ek in ‘n ommesientjie terug op

Waenhuiskrans in die ou, blink karavaan op Plot 1. Want

sien, die Hoffmanns, Waenhuiskrans, Desember en Plot 1

is sinoniem.

Elke jaar het hulle as gesin vir die hele Desembervakan-

sie Waenhuiskrans toe gegaan. En hul kinders ná hulle. En

nou óns met óns kinders: Tradisie. Diegene wat om een of

ander rede nie meer kán gaan nie, dink met nostalgie terug

aan dié seevakansies.

Net so is daar op ons plase baie voorwerpe, geboue of

dalk ‘n swemgat wat ons met nostalgie laat terugdink aan

“die goeie ou dae”. Juis daarom het ons besluit om hierdie

jaar die Graan SA/Sasol-fotokompetisietema “plaasnostal-

gie” te maak, want ons weet ons lesers is erg oor tradisie en

dié goed wat die hartsnare raak.

So as jy voorheen al gedink het jy wil nog eendag inskryf,

is dit nóú jou kans. Sasol het die prysgeld vir die maand-

en jaarwenners hierdie jaar ook ruimhartig vergroot – iets

waarvoor

SA Graan/Grain

opreg dankbaar is.

Graangids 2017

Nog ‘n gevestigde tradisie is die landbou-naslaangids,

Graangids

, wat saam met die Januarie-uitgawe van

SA Graan/Grain

uitgepos word. Ons is baie trots op die gids

wat oor die afgelope paar jaar gegroei het tot die volwaar-

dige publikasie wat dit vandag is. Dit is beslis ‘n bêreboek

wat heeljaar naby die telefoon ‘n plekkie moet hê. Dankie

ook aan die insetverskaffers en ander adverteerders wat

getrou aan die

Graangids

deelneem.

Groete tot volgende maand

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

D

it is amper weer tyd vir Graan SA se Kongres

in Maartmaand. Dit word, soos gewoonlik,

voorafgegaan deur ‘n reeks streeksvergaderings.

Volgens

DIRK KOTZÉ

(Graan SA) –

bladsy 9

– is

die doel van die streeksvergaderings om soveel

as moontlik lede te bereik en op persoonlike

vlak met hul te kommunikeer oor Graan SA se

doen en late. Die datums van die vergaderings

is by

www.grainsa.co.za

beskikbaar.

O

p

bladsy 28

kyk

DAWIE ROODT

(ekonoom) in

ons kwartaallikse politieke ontleding-rubriek

na politieke risiko’s en hoe om dit te bestuur. Hy is

van mening dat daar steeds wonderlike geleent-

hede in Afrika en in Suid-Afrika is. Ongelukkig is

dit óók so dat daar heelwat onnodige risiko’s en

hindernisse is, wat dit ‘n uitdaging maak om hier

besigheid te doen.

D

aar is nie nuwe blaarsiek-

tes in Suid-Afrika waarop

produsente bedag moet wees

nie. Dit is gewoonlik eerder die

voorkoms van siektes in areas

waar dit voorheen minder van

belang was, wat verras. Dit is

dikwels die direkte gevolg van

klimaatstoestande wat ver-

ander. Daarom is dit belangrik

dat produsente die bekende blaarsiektes op

mielies kan herken en ook weet wanneer ‘n mens

kan verwag om dit teë te kom. Op

bladsy 10

gee

RIKUS KLOPPERS

en

VICKY COETZEE

(DuPont-navorsing) aan ons lesers meer inligting

(en foto’s) oor die bekende blaarsiektes.

Ontmoet ons

medewerkers...

g

ebore en getoë in Germis-

ton, Gauteng, het Sonia-

Mari Greyling-Joubert na

skool haar BSc in Plant-

kunde en Biochemie aan

die Universiteit van Jo-

hannesburg (UJ) verwerf, waarna sy

haar honneurs- en meestersgrade in

Plantkunde en Plant-biotegnologie by UJ voltooi het. In 2013

het sy as Professionele Ontwikkelingsprogram (PDP)-intern

by die LNR-IGG in Potchefstroom begin werk, terwyl sy haar

PhD aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi het. Op die

oomblik bestudeer sy die Fusarium-mielie-interaksie met die

oog daarop om die swam beter te verstaan, sodat infeksie in

mielies hopelik beheer kan word. Sy is onlangs getroud en

het nog nie kinders nie (behalwe as hondekinders tel). Sy

vertel dat sy meer stokperdjies het as wat sy kan tel, want sy

raak vinnig verveeld daarmee en probeer dan iets nuuts.

Lees gerus haar artikel oor

Gibberella on maize, sorghum and

wheat

op

bladsy 24

.