Background Image
Previous Page  6 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 52 Next Page
Page Background

4

d

ie Desembervakansietyd is vir

my ‘n tyd van besinning oor waar

ek trek met verskeie aspekte van

my lewe en om ‘n bietjie voren-

toe te kyk ten opsigte van die

jaar wat voorlê. Ons gesin span-

deer minstens ‘n paar dae alleen iewers in die

berge of in die bos om ons verhoudings met

mekaar te bespreek en om ons doelwitte vir

die nuwe jaar met mekaar te deel.

Geestelike doelwitte, akademiese doelwitte

en verhoudingsdoelwitte is die dinge wat

ons ernstig met mekaar deel en mekaar voor

verantwoordelik hou. Ons praat ook oor die

jaar wat verby is en hoe ons gevaar het. 2015

gaan regtig ‘n moeilike jaar wees wat die

werk aanbetref.

Die twee onderwerpe wat ons reg aan die

begin sal moet hanteer, is die implemente-

ring van die grondhervormingsbeleid en ‘n

goeie wegtrek ten opsigte van die sosiaal-

maatskaplike arbeidsake.

2015 gaan ook ‘n waterskeidingsjaar vir georganiseerde landbou

wees om te herstruktureer en op ‘n nuwe pad te kom. Graan SA

gaan ook nie vryspring om self in diepte na ons eie strukture te

kyk en om die nodige aanpassings te maak vir die jare wat voorlê

nie. Sulke aanpassings is nooit maklik nie, maar dit is die dinge wat

nodig is om weer nuwe groei mee te bring.

2015 gaan waarskynlik ‘n nuwe rekordoes vir sojabone lewer en

‘n nuwe bedeling vir die koringbedryf inlei. Alles mooi en goeie

vooruitsigte. Ons verhoudinge met die staat het ook nuwe “oeste”

opgelewer en beter opbrengste.

Ná verskeie jare van samewerking het Suid-Afrika uiteindelik ‘n

ooreenkoms met China geteken wat beteken dat ons nou ook

ons mielies aan hulle kan lewer. Ons vorige voorsitter, mnr Neels

Ferreira, en minister Tina het die werk begin en nou is dit uitein-

delik afgehandel. Dankie aan almal wat hard gewerk het om hierdie

moontlik te maak.

Hoe sal ons weet hoeveel van ons ander langertermynprojekte

(soos biobrandstof) gaan dalk ook in 2015 tot vrug kom? Dit gaan

beslis ook ‘n groot waterskeidingsjaar vir ons Graan SA landbou-

ontwikkelingsprogram wees. Daar is by die dag meer en meer on-

weerswolke op die horison wat totaal ander idees daaroor het as

waarmee ons nou besig is. Dit is jammer.

Ek is egter vol moed dat die span leiers, personeel en lede van

Graan SA gereed sal wees om die uitdagings die hoof te bied.

Waarvan ek baie oortuig is, is dat ons nie sonder julle as lede se

ondersteuning en gebede kan klaarkom nie. Ons beplan om vroeg

in 2015 weer daar in julle omgewing streeksvergadering te hou om

ons drome en probleme met mekaar te deel sodat ons saam die

nuwe jaar kan aanpak.

Vir die nuwe jaar gaan ons beslis durf, waagmoed, vindingrykheid

en deursettingsvermoë nodig hê. Ons vermoë om verskillende

dinge gelyktydig te hanteer gaan erg op die proef gestel word: Ver-

hoog produktiwiteit, terwyl ons aan moeilike kwessies, soos trans-

formasie op alle terreine, werk.

Sterkte vir die jaar wat voorlê, Graan SA is saam met jou!

2015 vol uitdagings

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Vir die nuwe jaar

gaan ons beslis durf,

waagmoed, vindingryk-

heid en deursettingsver-

moë nodig hê.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Januarie 2015