Background Image
Previous Page  3 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 52 Next Page
Page Background

1

January 2015

Ontmoet ons

medewerkers...

g

errie Trytsman is gebore

op Kareedouw; het skool

gegaan op Hankey en

Matriek op Humansdorp

voltooi. Ná hy sy diensplig voltooi

het, doen hy aansoek vir werk by

die Transvaalstreek se Landbou

Departement as leerlingtegnikus

en verwerf ‘n nasionale diploma by

die Technikon Pretoria in plantkunde. Hy word later gesekondeer

na Rietondale proefplaas om peulgewasnavorsing te doen.

Met die ontstaan van die BTech-grade by die technikon, word

hy as een van die pioniers gekies om die graad te doen. Gerrie

skryf daarna by Kovsies in vir ‘n meestersgraad. Hy is tans

saam met Graan SA besig om na ‘n meer volhoubare stelsel

te kyk in ons semi-ariede graangebiede deur die beginsels

van bewaringsboerdery toe te pas en veral die wisselbou deur

middel van dekgewasse te verbreed.

Hy is getroud met Marike en hulle het twee dogters. Hy en

sy mede-outeurs is verantwoordelik vir die maandelikse CA-

rubriek

Integrated crop and pasture-based livestock production

systems

(

bladsy 20

).

K

unsmispryse kan gedurende die jaar uiter-

matig wissel en omdat kunsmis as produksie-

inset so ‘n groot bydrae lewer tot ‘n graan- en

oliesadeprodusent se lopende produksiekoste,

kan die tyd van aankope ‘n reuse-verskil maak.

In Inset-oorsig (

bladsy 15

) kyk

CORNÉ LOUW

en

PETRU FOURIE

(albei van Graan SA) na wanneer

kunsmispryse die goedkoopste is. Volgens hulle

blyk dit dat beide internasionale en plaaslike

kunsmispryse in Januarie, Februarie of Maart

op hul laagste is. Die neiging is ook dat pryse

nader aan die einde van ‘n kalenderjaar, op hul

hoogste is.

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Chris Dannhauser, Jannie de Villiers, Max du Preez, Petru Fourie, Justin Hatting, Elmarie Helberg, Koos Kirsten, Wessel Lemmer, Corné Louw, André Nel, Jolanda Nortjé,

PJ Pieterse, Ruth Schultz, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Jason Sparrow, Liana Stroebel, Wayne Truter, Gerrie Trytsman en Kobus van Zyl

o

ns is klaar met Graad 1...Sjoe, kan nie glo hoe die afgelope jaar

gevlieg het nie! Dit voel soos gister wat ons vir Ousus die eer-

ste keer grootskool toe gevat het. Ongelooflik hoe vinnig die

tyd aanstap; nee, eerder weghardloop!

Einde verlede jaar was dit dan ook Ousus se meriete toekenningsdag

– ’n geleentheid om, soos die hoof dit gestel het, “aan die kinders voor

hul eie portuurgroep erkenning te gee vir die uitstaande prestasies

wat die afgelope jaar behaal is”. Hoe anders is dit nie as toe ek in die laer-

skool op die plaasskool was nie! Nou se dae word dit die oggend in

skooltyd gehou – baie formeel. En al die ouers was nie eers daar ge-

wees om te sien hoe trots hierdie langbeen-haasbek-kindertjies oor die

verhoog stap om hulle sertifikate by die hoof te ontvang nie.

Ek onthou nie meer wie watter prys of sertifikaat destyds by ons

plaasskool-prysuitdeling gekry het nie. Wat ek wel onthou, is hoe lekker

ons klomp maats ná die tyd by die bring-en-braai gespeel het – weg-

kruipertjie of aan-aan. Ons het die speelgronde in die donker platge-

hardloop – so asof jy moes opmaak omdat jy heel Desembervakansie

nie jou maats gaan sien nie. En die ouers het mekaar almal geken en

land en sand om die braaivleisvure gekuier – anders as hier waar jy net

‘n paar ouers ken en in die verbygaan groet.

Dis tog jammer dat tye so verander het; dat ‘n mens so gejaag lewe

en nie meer moeite doen om tyd te spandeer om mense beter te leer

ken nie. Dis net elkeen vir homself. Elkeen baklei sy eie stryd – op sy

eie mishoop.

My voorneme vir die nuwe jaar is om weer (en meer) aandag (en tyd)

te gee aan die mense rondom my: My gesin; my familie; my vriende;

my kinders se maatjies – ek dink ‘n mens vergeet soms watse groot

invloed vriende op jou kind se lewe het – ons bure. Die gemeenskap

waarbinne jy woon; om ‘n betrokke ouer; vriend en landsburger te word.

Kliek-kliek

Die nuwe

SA Graan

/Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie vir ama-

teurfotograwe skop ook af en in dié uitgawe kan jy meer lees oor die

2015-tema: Die plaaslewe. So komaan; as jy graag foto’s neem, is hier-

die nou die ideale geleentheid om jou foto’s in te stuur en die kans te

staan om R1 000 as maandelikse wenner in te palm of dalk selfs meer

wanneer jou foto deurgaan na die eindrondte.

Gee ‘n Bybel weg

Lesers het ook elke maand die geleentheid om hulle (of ‘n werknemer)

se besonderhede in te stuur om in aanmerking te kom om ‘n Bybel (met

komplimente van die Bybelgenootskap) te ontvang. Die Bybels is in

Afrikaans, Engels, Zulu of Xhosa beskikbaar.

Graangids

Saam met hierdie uitgawe van

SA Graan/Grain

word die landbou-na-

slaangids,

Graangids

, uitgepos – ‘n bêreboek wat elke produsent dig by-

derhand moet hou. Ons is baie trots op dié gids wat oor die afgelope jare

gegroei het tot die volwaardige publikasie wat dit vandag is.

Groetnis tot volgende maand!

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

I

n Deel 8 van ons reeks “Onkruide in die winter-

reënvalstreek” (

bladsy 16

) skryf

PJ PIETERSE

(Universiteit van Stellenbosch) meer oor die kiesie-

blaar. Kiesieblaar kom wydverspreid in Suid-Afrika

voor, maar is veral in die Kaapse provinsies ‘n

lastige onkruid, veral in boorde en wingerde.

I

n “Ken jou (vriendelike) vyand” – ‘n reeks oor

die natuurlike vyande van insekte in kleingraan-

verbouing – sal kennis oor natuurlike vyande se

voorkoms, gedrag en algemene lewensiklus, vol-

gens

JUSTIN HATTING

(LNR-Kleingraaninstituut),

produsente in staat stel om ingeligte besluite te

neem ten einde biologiese beheer te ondersteun.

Meer op

bladsy 30

.