Background Image
Previous Page  12 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 12 / 52 Next Page
Page Background

Januarie 2015

10

OP PLAASVLAK

Bewaringsboerdery

plantestand van die verskillende gewasse ondersoek. Dié proef-

werk word deur klublede uitgevoer en in 2013/2014 is proewe met

mielies, sorghum, sonneblom en sojabone gedoen.

Die resultate toon dat die optimale stand van mielies hoër is as

30 000 plante/ha. Die 2013/2014-seisoen se reënvalverspreiding

en -hoeveelheid was egter baie gunstig en tot meer as 9 ton

mielies/ha is plek-plek behaal. Daar is steeds die oortuiging dat

“normale seisoene” ‘n laer stand gaan vereis, maar die tyd sal egter

leer aangesien die proefwerk voortgaan.

Sonneblom en sorghum se opbrengs het nie op plantestand ge-

reageer nie. Sojaboonopbrengs het wel op plantestand gereageer

met ‘n optimale stand hoër as 300 000 plante/ha.

Wisselbou as een van die beginsels van bewaringsboerdery, word

ook van nader bekyk. Ses gewasse, wat kontant-, peul- en voer-

gewasse insluit, is in 2013/2014 langs mekaar in stroke geplant. In

2014/2015 is dieselfde gewasse weer in stroke geplant, maar lood-

reg oor dié van die eerste seisoen, wat persele skep waar elke gewas

met elk van die ander gewasse afgewissel word en ook in mono-

kultuur is. Die proefwerk word op verskillende plase gedoen.

Derdens word die Argentynse praktyk van 50 cm gespasieerde

rye en ‘n hoë mielieplantestand met die plaaslike praktyk van

90 cm rye en ‘n plantestand van tussen 16 000 en 20 000 plante/ha

vergelyk. Soos verwag kan word, was die eerste resultate nie son-

der teenstrydighede nie. In vyf van die proewe het die Argentynse

praktyk ‘n hoër opbrengs gelewer as die plaaslike praktyk, in drie

gevalle was die teenoorgestelde waar en in vier gevalle was daar

geen verskil nie.

Om hierdie proef verder uit te brei, is ‘n samewerkingsooreenkoms

tussen Graan SA en Argentinië in plek gestel om spesiale Argentyn-

1: Tydens die 2014-konferensie is daar ondermeer na die wortelverspreiding van mielies in bewaringsboerdery gekyk. In dié geval is dit duidelik dat

geen sigbare beperking op die ontwikkeling van die wortelstelsel teenwoordig is nie.

2: Die Ottosdal-projekspan is saamgestel uit plaaslike produsente en verskeie ander rolspelers.

3: Op-plaas proewe word volgens wetenskaplike riglyne geïmplementeer.

4: Die bewaringsboerderykonferensie het groot belangstelling onder deelnemers gewek.

5: Verskeie dekgewasse, soos hierdie Sonhennop, word in die Ottosdal-projek ondersoek.

Ottosdal No-Till Klub neem die voortou

1

2

3

4

5