Previous Page  93 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 93 / 108 Next Page
Page Background

91

August 2018

word in wit aangedui. Hieruit is dit duidelik dat permanente popula­

sies in die noorde van Limpopo en ook langs die KwaZulu-Natalse

suidkus en moontlik dele van die oos-Kaapse kus kan vestig.

Die totale graanverbouingsgebied in Suider-Afrika se klimaat is

gedurende die somermaande geskik vir die oorlewing en reproduk-

sie van hierdie plaag. Indien oorlewing tydens gematigde winters

wel in die graanverbouingsgebied sou voorkom, kan ‘n koue front met

lae temperature hierdie populasies ook uitwis.

Met verwysing na die herfskommandowurm, is die koue fronte

met gepaardgaande lae temperature en soms sneeu, wat die Wes-

Kaap gewoonlik gedurende die wintermaande tref, tot voordeel

van die wintergraanprodusente. Vir oorlewing en reproduksie van

die herfskommandowurm wat ‘n tropies/subtropiese plaag is, is

hierdie besonder lae temperature nie geskik vir oorlewing en re­

produksie nie.

Die motte versprei jaarliks vanuit die oorwinteringsgebiede suid­

waarts in Suid-Afrika namate dit warmer word. Dit verklaar ook

waarom die larwes nie jaarliks in dieselfde gebiede en tye in die

mielieverbouingsgebiede voorkom nie.

Verfyning van die model

Die herfskommandowurm het gedurende die wintermaande van

2017 en 2018 in die gebiede by Malelane en Nelspruit oorleef.

Alhoewel dit nie so deur die huidige model voorspel word nie, word

dié aspek tans ondersoek. Daar word deurentyd inligting tot die

model toegevoeg om dit te verfyn en die voorspellings so akkuraat

as moontlik te maak.

Die reaksie op temperatuurveranderlikes wat ‘n invloed op die plaag

se migrasie en verspreiding mag hê, word steeds nagevors en

herfskommandowurminfestasies of -oorlewings in gebiede waar dit

aangemeld word, dra by tot ‘n meer akkurate model. Indien produ­

sente bewus is van oorwinterende larwes in hul produksiegebiede of

as hulle skielike uitbrekings in die seisoen ervaar, kan Hannalene

du Plessis (018 293 3863) of Johnnie van den Berg (018 299 2376)

by die Noordwes-Universiteit in kennis gestel word.

nag) mag dan tot oorlewing van die plaag lei. Die larwes en

papies is gewoonlik beskut, wat ook daartoe kan bydra dat die

herfskommandowurm wel gematigde winters kan oorleef.

Indien temperature laer as die onderste limiet van oorlewing

voorkom en aaneenlopend vir ‘n tydperk voortduur, sal dit

veroorsaak dat die herfskommandowurm vrek en nie in sodanige

gebied kan oorleef nie. Daar moet derhalwe onderskeid getref

word tussen gebiede waar die omgewingstoestande altyd

gunstig vir dié plaag is om te oorleef en gebiede waarheen

gemigreer kan word in tye wanneer die omgewingstoestande

verander totdat dit weer gunstig vir oorlewing en reproduk-

sie word.

Model bepaal waar wurm kan oorleef

Om te voorspel waar die herfskommandowurm in Suid-

Afrika gedurende die wintertye kan oorleef (permanente po­

pulasies) en waarheen die plaag gedurende gunstige tye kan

versprei (seisoenale populasies), is ‘n model met die CLIMEX-

sagtewareprogram, in samewerking met prof Darren Kriticos van

CSIRO, Australië, ontwikkel. Hierdie model is gebaseer op die

reaksie van die herfskommandowurm op klimaatsveranderlikes

(

Figuur 1

).

Die gebiede waar permanente populasies kan voorkom, word

aangedui in die geel tot rooi indeks, terwyl die seisoenale

voorkoms met die groen indeks aangedui word. Gebiede wat

ongunstig vir die voorkoms van die herfskommandowurm is,

Figuur 1: Klimaatsgeskiktheid vir die herfskommandowurm in Afrika

gemodelleer met CLIMEX. Die donkerder kleur dui op groter geskikt-

heid. Die EI beskryf die gebiede wat potensieel geskik is vir permanente

populasies en die GI beskryf die gebiede wat geskik is vir die oorlewing en

reproduksie tydens gunstige klimaatsomstandighede.