Previous Page  92 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 92 / 108 Next Page
Page Background

Augustus 2018

90

Is

herfskommandowurm

‘n gevaar vir

Wes-Kaapse koringproduksie?

D

ie herfskommandowurm (

Spodoptera frugiperda

) (

Foto 1

) is vir die eerste

keer verlede jaar as ‘n nuwe indringerplaag in Suid-Afrika aangemeld. Die

insek het sy oorsprong in Suid-Amerika en is bekend as ‘n tropies/subtro­

piese plaag.

Insekte is ektotermies, wat beteken dat hulle liggaamstemperatuur saam met die

temperatuur van die omgewing wissel. Die toename in temperatuur, wat veroorsaak

word deur klimaatsverandering, veroorsaak dat tropiese en subtropiese plae vinni­

ger ontwikkel en beter oorleef as gevolg van die vinniger ontwikkelingstempo. Dit

het tot gevolg dat voorplanting vinniger geskied en populasiegroottes toeneem.

Hiermee saam verander die verspreiding van hierdie plae ook.

Herfskommandowurm in Amerika

Die herfskommandowurm is endemies en oorwinter in die tropiese dele van

onder andere Suid-Amerika, maar ook in die suidelikste dele van Noord-Amerika,

naamlik Florida en Texas. Soos wat die temperatuur na die wintermaande in Noord-

Amerika toeneem, versprei die motte van hierdie oorwinterende populasies

noordwaarts in die VSA.

Met elke opeenvolgende generasie word die populasies groter. Die motte wat

teen herfs in die hoofmielieverbouingsgebied (

corn belt

) van Amerika aankom en

oorsprong gee aan groot getalle larwes op die mielies, het aan die plaag die naam

herfskommandowurm besorg. Die plaag het ‘n wye verskeidenheid gasheerplante,

waaronder gars, hawer en koring, maar is veral bekend as ‘n mielieplaag. Sou die

larwes ‘n keuse hê tussen mielies en van die ander gasheerplante, sal mielies altyd die

nommer een keuse wees.

Oorwintering in Suid-Afrika

Met die aanmelding van die herfskommandowurm in Afrika en die verspreiding

daarvan na onder andere Suider-Afrika, ontstaan die vraag of die herfskommando­

wurm gedurende die winter in Suid-Afrika kan oorleef. Indien dit moontlik sou wees,

beteken dit dat die herfskommandowurm ‘n permanente plaag is en ‘n jaarlikse

probleem vir veral graanprodusente kan wees.

Die motte kan, net soos met die Amerikaanse situasie, van die gebiede van oorwinte­

ring na somerproduksiegebiede versprei sodra die temperature warm genoeg word

vir oorlewing. Die vraag wat koringprodusente in die Wes-Kaap vra is nie soseer of die

larwes hul koringoeste kan vernietig nie, maar eerder of die larwes die winter in die

Wes-Kaap kan oorleef om skade aan te rig.

Om hierdie vraag te beantwoord, word navorsing by die Noordwes-Universiteit

onderneem om die temperatuurbehoeftes van die herfskommandowurm te bepaal.

Die eiers neem slegs twee dae by konstante temperature van 30°C en 32°C om uit te

broei en die larwes neem tien tot twaalf dae om tot papies te ontwikkel.

By ‘n konstante temperatuur van 18°C neem die eiers ses tot sewe dae om uit te

broei en die larwale ontwikkelingstyd is 28 tot 37 dae. Die duur van ‘n lewensiklus (van

eier, larf, papie tot by die mot) is gemiddeld 71 dae by 18°C en slegs 20 dae by 32°C.

Omdat dit ‘n tropiese plaag is, wat aangepas is om by hoë temperature te oorleef,

word oorlewing oorwegend deur die onderste temperatuurlimiet waarby hul kan

oorleef, bepaal. Vir die eiers en larwes is hierdie limiet vir oorlewing 12°C.

Wat egter in aanmerking geneem moet word, is dat alhoewel nagtemperature in

die winter vir die meeste gebiede in Suid-Afrika gereeld onder 12°C is, die

dagtemperature aansienlik hoër is. Die gemiddelde daaglikse temperatuur (dag en

op plaasvlak

Herfskommandowurm / Oorwintering / Verspreiding

Geïntegreerde plaagbeheer

Hannalene du Plessis, Johnnie van den Berg,

albei van Noordwes-Universiteit

en

Darren Kriticos,

CSIRO, Canberra, Australië

1: Herfskommandowurm.

1