Previous Page  103 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 103 / 108 Next Page
Page Background

101

July 2018

die grond verhoog namate die grondorganiese materiaal in die

grond toeneem. Die grondsamestelling in terme van sand-, slik- en

kleipersentasie het ‘n effek op die waterinfiltrasietempo en moet

besef en bestuur word. Hoe hoër die grondbedekking, hoe meer

water kan in die grond infiltreer.

Grondorganiese materiaal

Grondorganiese materiaal is ‘n kritiese aspek wat deur produsente

bestuur moet word. Die grondorganiese materiaal bestaan uit

lewende of mikro-organismes, dooie of vars plantreste en hu-

musgedeeltes. Indien 1% grondorganiese materiaal ontleed word,

bestaan dit uit 10 000 eenhede koolstof, 1 000 eenhede organiese

stikstof en 100 eenhede fosfaat.

Plante vervaardig organiese materiaal, wat deur bakterieë, fungi

en nematodes ontbind en afgebreek word. Die bakterieë en fungi

tree as bemesting op, omdat protosoë en nematodes dit opneem

en afbreek om sodoende die voedingstowwe te mineraliseer en

vir die plante beskikbaar te stel. Sonder gesonde grond is dit nie

moontlik nie en kan die bemestingsrekening van die boerdery nie

beperk word nie. Met gesonde grond kan die bemestingsbehoefte

van gewasse verminder word om sodoende die winsgewendheid

te verhoog.

Gesonde grond het die konstante vermoë om as ‘n lewende

ekosisteem te funksioneer om plante, diere en mense te onderhou.

Dit is belangrik om te verstaan dat dit ‘n stelsel is waar die grond

altyd beskerm moet word. Beskerming beteken dat die grondop-

pervlak soveel as moontlik bedek moet wees. Dit kan bestaan uit

oesreste van die vorige gewasse en die insluiting van dekgewasse.

Albei sal as voedsel vir bakterieë, fungi en nematodes kan dien.

Gesonde grond moet ook so min as moontlik versteur word. Dit

gee aan grondorganismes die geleentheid om hul werk te doen.

Deur die lewe in die grond op te bou en te onderhou, word die langtermynvolhoubaarheid

van landbou versterk.