Previous Page  100 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 100 / 108 Next Page
Page Background

D

it is al in die 1930’s wetenskaplik bewys dat kieme en kankerselle

deur resonansiegolwe vernietig kan word en dit kan vir mens en

dier aangewend word.

Met die spesiale antenna-mat word die instrument byvoorbeeld op ’n

koei wat mastitis het se rug gedrapeer.Varkprodusente gebruik dit met

groot sukses in varkhokke om die mortaliteit van klein varkies dramaties

te verminder. Dit is uitstekend om perdesiektes te beheer.

’n Resonator met ’n ingeboude battery kos slegs R5 400. Hierdie instru-

ment betaal homself binne ’n paar maande.

Besoek die volgende webwerwe vir meer inligting:

www.riferesonator.com

en

www.rifehealth.co.za

of skakel Rife Health by 082 659 2547.

Dien daardie siektes

’n nekslag toe!

www.

infoworks

.biz

Aktueel

Fotokompetisie

Gee ‘n tree terug vir

kreatiwiteit

V

anjaar se tema, simbiose, laat menige fotograwe kleitrap.

Die beoordelaars voel tans dat die kompetisie na ‘n ma­

krofotokompetisie neig met hoofsaaklik insekte wat van

naby afgeneem word. Dit laat die verskeidenheid en oor-

spronklikheid van die kompetisie daaronder ly. Só, beweeg weg

van die onderwerp wat jy wil afneem en dink kreatief. Kreatiewe fo-

tografie is om iets anders af te neem as wat die gewone mens dit

sou doen. Hier is ‘n paar idees om nuut te dink oor hoe om die inter-

aktiewe samelewing meer kreatief uit te beeld.

Kyk uit ‘n ongewone hoek na jou onderwerp – dit sal beslis ‘n element

van kreatiewe fotografie byvoeg tot feitlik enige foto wat jy neem.

Iemand wat stap, kyk ooghoogte na hul omgewing. ‘n Kreatiefden-

kende fotograaf gaan lê plat op sy maag en sien die wêreld uit ‘n

ander hoek. Dink bietjie hoe sien ‘n mier of ‘n hond ‘n skaap wat

wei en ‘n kalfie wat drink? Of lê plat op jou rug en kry ‘n heeltemal

ander oogpunt – ‘n boom lyk heeltemal anders só as wanneer jy reg­

op staan en daarna kyk.

Gebruik sluiterspoed kreatief. Vinnige sluiterspoed vries bewe­

ging, terwyl stadige sluiterspoed goed wat beweeg vervaag (

blur

),

maar stilstaande onderwerpe normaal laat vertoon.

Speel met perspektief. Baie mense het al foto’s op sosiale media ge-

plaas waar hulle die “maan vashou” of die skewe Toring van Pisa in

Italië stut.

Hierdie idees gebruik die konsep dat onderwerpe in die voorgrond

groter vertoon as dié in die agtergrond. Vir sulke kreatiewe foto’s

het jy geen spesiale toerusting nodig nie; net kreatiewe denke.

Bron:

http://www.digital-photography-tips.net/creative-photography.html.

SA Graan/Grain editorial staff

Chrismari van der Westhuizen van Loeries-

fontein het die eerste plek en die prysgeld

van R1 500 in die Junie-uitgawe gewen met

haar foto van klein Mia en haar lammetjie

wat kosmostyd saam geniet.

Mentor vir jong

produsente oorlede

‘n

Bekende in Bredasdorpse landboukringe, mnr Niel

Giliomee, is op 15 Mei, twee weke voor sy 84ste

verjaardag, aan ‘n hartaanval oorlede. Hy was ten tye van

sy dood ‘n gas by die NAMPO Oesdag naby Bothaville.

Giliomee, ‘n boorling van Bredasdorp, het skoolgegaan by Hoër

Jongenskool Paarl en het daarna by die Grootfontein Landbou-

kollege op Middelburg studeer.

Hy het in verskeie georganiseerde landbou-organisasies gedien.

Só was hy vir 21 jaar voorsitter van die SA Garsbedryfkomitee,

hoofbestuurslid van Graan SA se Overberg-streek, stigter van

Cape Mohair and Wool (CMW) asook stigter en voorsitter van

Agri Mega NPC.

Mnr Henk Aggenbach, wat as ondervoorsitter saam met

Giliomee op die bestuur van Agri Mega NPC gedien

het, beskryf hom as “‘n mentor vir vele jong

produsente”. Aggenbach sê hy het geesdrif

aan jong produsente oorgedra en dat sy han­

dewerk altyd as ‘n monument sal bly staan. “Sy

dood laat ‘n groot leemte in die landbouwêreld.”

Giliomee word oorleef deur sy tweede vrou,

Joey en twee kinders, Daniel en Carol.

Karina Muller,

SA Graan/Grain

medewerker

Wyle Niel Giliomee

98