• Login
  • Search Icon

Revolusionêre tegnologie bring verbeterde oplossing vir veediefstal

October 2011

CORNAY BOTMA, HOTSURE

Moedeloos gesukkel om veediefstalle te bekamp ten spyte van die beste moontlike voorsorgmaatreëls wat jy tref? Dalk is dit tyd om ander opsies te oorweeg… soos byvoorbeeld hierdie nuwe tegnologies gevorderde selfdoen satellietopsporingsproduk vir lewendehawe.

Veeldoelige produk

Dié produk bestaan uit ‘n eenheid aan ‘n band wat om die nekke van beeste, skape, bokke, perde en wild gesit kan word. Die toepassingsmoontlikhede daarvan word verder uitgebrei deurdat addisionele eenhede beskikbaar is vir opsporingsaanwending by trekkers, voertuie, bote, wagte, werkers, stappers en jagters.

Hoe werk die produk?

Navorsing oor die gedrag van diere, gedoen deur die produkontwikkelaars in samewerking met die LNR en Onderstepoort, het daartoe aanleiding gegee dat die eenhede ontwikkel is om presiese gedragsindrome te identifiseer.

In die geval van byvoorbeeld ‘n veediefstal-insident, sal die alarm wat verkry word vanaf die diere wat die eenheid dra, in een van die volgende kategorieë ‘n sein stuur: onrustig; senuagtig; vlug; paniek; vasgekeer; omgekeer; diere moontlik siek of die kraag is verwyder of moontlike mortaliteit. Alarms sal ook uitgestuur word in gevalle van uitermatige temperatuur; uitermatige temperatuursveranderings of in die geval van ‘n lae battery.

Jy behou maklike beheer oor die werking van die produk asook die gepaardgaande inligting wat jy wil ontvang deur self die alarmopsies te kies, sommer vanaf jou rekenaar.

Só kan veranderinge om die eenhede op ‘n ander program te laat funksioneer, byvoorbeeld as diere makker of wilder van aard is, maklik vanaf jou rekenaar binnenshuis gedoen word.

Geen basisstasie nie

Dit is baie belangrik om te weet dat die produk geensins van basisstasies gebruik maak om te kommunikeer nie. Die eenheid kommunikeer slegs deur bestaande selfoontorings, wat geweldige besparings aan toerusting, materiaal en arbeid teweegbring. Die band kan dus ook nie buite bereik van ‘n sein raak en só kommunikasie verloor nie. Dit sal eenvoudig ‘n volgende toring opvang soos dit aanbeweeg en het dus feitlik ‘n onbeperkte gebied waarbinne dit kan funksioneer.

Wat baie gebruikersvriendelik van hierdie stelsel is, is dat die eenheid van onder andere GPS gebruik maak. Die GPS-data van elke dier wat die eenheid dra, kan onbeperk histories nagegaan word om te bepaal waar die dier beweeg het en hoe die kamp bewei is.

‘n Verslag kan ook uitgedruk word met gepaardgaande grafieke wat toon hoe aktief (energieverbruik) die dier is, watter afstand hy afgelê het en met die heersende temperature aangedui. Dit kan in verskillende tydsones ingedeel word wat die gebruiker self kan kies, byvoorbeeld voornag, voormiddag en namiddag.

Die gebruiker kan dus gou sien as ‘n kamp se kos byvoorbeeld opraak en diere onnodige energie (kondisie en produksie) vermors om kos te soek. Maklike bestuursbesluite kan dus met hierdie beskikbare inligting geneem word. Verder, in die geval van alarms wat uitgestuur word, word die gebruiker dadelik deur middel van ‘n SMS of e-pos in kennis gestel met ‘n kaartbeeld en koördinate van die diere se posisie, wat dadelike opsporing probleemvry maak.

Aangesien GPS-data ‘n kenmerkende voordeel van hierdie produk is, kan veebestuur verder vereenvoudig word deur die inteken van weikampe op jou plaas op die rekenaar. Deur Google Earth-beelde op jou plaaskaart af te laai, sal jy verseker wees van ‘n presiese beeld van waar die diere in die kamp is. Die verdere trek van virtuele grense om kampe, kan diere afbaken tot sekere areas en ‘n alarm sal ontvang word sodra diere uit die kamp beweeg of ‘n “verbode area” betree. Alarm-SMS’e per selfoon of e-pos bevat dan ook ‘n beeld van die kamp of area waar die diere is.

Daar kan met trots gesê word dat die produk van gehalte is, aangesien baie duursame materiaal en plastiek gebruik word in die vervaardiging van die kraag. Die band het ‘n vlekvrye staalband binne die materiaalband, sodat dit nie maklik afgesny kan word nie. ‘n Bees se kraag kan dus byvoorbeeld nie verwyder word sonder om die bees in ‘n nekklamp te vang nie. Die eenheid se batteryleeftyd kan, afhangende van verstellings, tot nege maande hou.

image

Opsommend

Dié selfdoen-satellietopsporingsproduk met klimaats-, welstands- en gedragsmonitering, bied die volgende voordele:

  • 2-in-1 = gemoedsrus en welvaartbestuur
  • Herlaaibaar (tot nege maande laai-intervalle)
  • Intyd GIS-volging op selfoon en rekenaar
  • Alarm-SMS met posisie op kaartbeeld
  • Herverkoopbaar asook hernubaar
  • Veilig, gehard en betroubaar
  • ICASA gelisensieerd
  • Verstelbaar via SMS
  • GPS-posisionering
  • Geen addisionele infrastruktuur is nodig nie

Waarom verdere slapelose nagte hê of soek na moontlike oplossings? Die produk word verskaf deur die Suid-Afrikaanse besigheid, Hotgroup, en versprei deur Hotsure. Kontak vandag nog vir Cornay Botma vir meer inligting by 083 447 6148 of cornay@btbits.co.za.

Publication: October 2011

Section: Input Overview

Search