• Login
  • Search Icon

Oordeelkundige beheer van valsstinkbesies op sonneblomme – Hierdie besie se skade is nie vals nie!

January 2012

HANNALENE DU PLESSIS, SKOOL VIR OMGEWINGSWETENSKAPPE EN ONTWIKKELING, NOORDWES-UNIVERSITEIT

Groot getalle valsstinkbesies is in sonneblomlande oor groot dele van die verbouingsgebied gerapporteer. Beskadigde sade is ligter en die olie-inhoud laer as díe van onbeskadigde sade. Beheer van hierdie insek hoef nie ‘n kopseer te wees indien die regte besluite geneem word nie.

Valsstinkbesies (Nysius natalensis) is ‘n sporadiese plaag van sonneblomme. Die insek het ‘n baie wye verspreiding  ‘n kom derhalwe oor die hele sonneblomverbouingsgebied voor.

Die volwassenes, sowel as al die nimfstadiums, suig plantsappe uit die stam, blaarstele, blare en sade van sonneblom. Skade aan sonneblom word egter gewoonlik aangerig deur volwassenes wat van buite in die lande invlieg.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Jan%202012_Plaagbeheer.pdf vir die volledige artikel.

Publication: January 2012

Section: Other Articles

Search