• Login
  • Search Icon

Onkruiddoderweerstandbiedendheid in die Wes-Kaap

September 2013

HESTIA NIENABER, LNR-KLEINGRAANINSTITUUT, 'N INSTITUUT VAN DIE VELDGEWASDIVISIE, BETHLEHEM

Die prentjie van onkruiddoderweerstandbiedendheid in die Wes-Kaap lyk glad nie rooskleurig nie. Meer en meer onkruidspesies word weerstandbiedend en binne on kruidspesies word al hoe meer biotipes weer standbiedend.

Onkruiddoderweerstandbiedende raaigras se prentjie in die Wes-Kaap in 2006 word in Foto 1 tot Foto 4 weergegee. Intussen is hierdie monsters byna almal vir weerstand teen Dim’s (Axial) getoets. Hierdie produk is ná 2006 weer geregistreer vir gebruik op raaigras. In die meeste gevalle is die verskillende raaigras-biotipes nog ge noeg saam deur hierdie onkruiddoder beheer.

image

image

Die vraag bly egter: Hoe lyk hierdie prentjie vandag? Die antwoord is egter dat dit onduidelik is hoe die prentjie vandag lyk. Indien daar wel gekyk word na die wêreldwye toename in weerstandbiedende onkruide (Grafiek 1), kan ‘n mens nie anders as om bekommerd te wees oor die huidige situasie in Suid-Afrika nie.

image

Voorkomende optrede

Om voorkomend op te tree is baie belangrik in die vertraging/ voorkoming van onkruid doderweerstand. Volg jaarliks so na as moontlik die volgende maatreëls:

  • Lande moet voortdurend gemonitor word vir die voorkoms van onkruide sowel as moontlike onkruiddoderweerstandbiedende kolle/areas.
  • Sodra onkruid waargeneem word, moet dit korrek geïdentifiseer word om die regte middel toe te dien. Indien weerstandbiedendheid teen onkruiddoders vermoed word, gebruik ‘n ander alternatief as die onkruiddoder wat reeds gespuit is, of in die vorige seisoen gespuit is.
  • Hou rekord van onkruiddoders wat gebruik word asook die dosis waarteen dit gespuit word.
  • Onkruiddoders verskil en is spesifiek teen sekere onkruide geregistreer. Onkruiddoders moet ten alle tye gebruik word op die manier waarop dit geregistreer is om die optimale werking daarvan te verseker.
  • Sorg dat die regte dosis altyd gebruik word, omdat té hoë dosisse en té lae dosisse vir weerstandbiedende onkruide kan selekteer.
  • Wissel onkruiddoders met mekaar af sodat dieselfde onkruiddoder nie jaar na jaar op die dieselfde onkruid gespuit word nie.
  • Pas gewasrotasie indien moontlik toe. Dit veroorsaak dat verskillende onkruide voorkom en verskillende onkruiddoders, met verskillende metodes van werking, gebruik kan word.
  • Moet nooit ongeregistreerde mengsels maak nie.
  • Sorg dat die onkruiddoder op die regte blaarstadium toegedien word.
  • Sorg dat die spuittoerusting korrek gekalibreer is en dat die persoon wat verantwoordelik is vir die spuitproses, weet wat hy/sy doen.
  • Volg altyd die onkruiddoderetiket se aanbevelings.

Lesse geleer

Met die toename in weerstandbiedendheid in die Wes-Kaap, het die meeste produsente begin besef dat weerstand slegs met die optimale beheerstrategieë beveg kan word. Dit help byvoorbeeld nie om ‘n onkruiddoder te spuit en te hoop dit werk, as dit reeds in die vorige seisoen swak onkruidbeheer behaal het nie.

Navorsing toon ook dat die heel beste beheerstrategie gewasrotasie is en verskeie produsente in die Wes-Kaap het dit al deur en deur bewys. Die grootste les wat geleer moet word uit die huidige weerstandsituasie in Suid-Afrika, is om oopkop en ingelig te wees ten opsigte van die weerstandstatus op jou plaas en die moontlikhede wat daar vir jou is om die situasie te beheer.

Opsomming

Onkruiddoderweerstandbiedendheid is on ge lukkig ‘n realiteit in Suid-Afrika en onkruiddoders met verskillende chemie is hier baie beperk; dit neem jare om nuwe onkruiddoders op die mark te kry.

Alhoewel chemiese beheer ‘n belangrike rol speel in onkruidbeheer, is dit nodig om na ‘n meer geïntegreerde beheer te begin beweeg. Dit is belangrik om gebruik te maak van die onkruiddoders waarteen onkruide nog nie weerstand toon nie, maar onthou om selfs hierdie middels met mekaar af te wissel in dien moontlik.

Deur egter die onkruiddoderweerstandbiedendheidstatus van jou lande te ken, kan net die begin wees van beter onkruidbeheerstrategieë.

Vir verdere navrae, kontak Hestia Nienaber by 058 307 3420 of deweth@arc.agric.za.

Publication: September 2013

Section: Input Overview

Search