• Login
  • Search Icon

Ysige weer op pad na VS

21 Jun 2011
Bibberweer gaan die Vrystaat weer vandeesweek tref. ’n Sterk koue front, wat tans wes van die land lê, sal temperature later di? week landwyd skerp laat daal. Die koue front sal die land m?reaand oor die Wes-Kaap binnekom en daarna noord- en ooswaarts beweeg om die land Donderdag en Vrydag behoorlik te laat bibber. Mnr. Puseletso Mofokeng, weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), het gister gewaarsku die koue front, wat met ’n sterk bolug-trogstelsel gekoppel is, sal “baie koue toestande” na groot dele van die land bring. “Die koue front sal van Woensdagaand af koue en re?n na die westelike dele van die Wes-Kaap en die suidweskus bring,” het Mofo-keng gesê.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Ysige-weer-op-pad-na-Vrystaat-20110620