• Login
  • Search Icon

Siektes, swak veeartseny bedreig wolbedryf

25 Mar 2011
Miljoene rande se wol kan weens die uitbreking van bek-en-klouseer nie uitgevoer word nie. Die Vrystaatse wolskaapbedryf van R1,35 miljard – wat die wolskeersel van R400 miljoen insluit – word nou hierdeur bedreig. Ernstige kommer is op die kongres van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) in die Vrystaat hier uitgespreek oor die ineenstorting van die staat se veeartsenydienste. Die kongres het ’n voorstel aanvaar om die land se biosekuriteit in samewerking met die staat en ander organisasies aan te spreek om ’n “moontlike ramp of krisis te verhoed”. Die bek-en-klouseer, slenkdalkoors en miltsiekte die laaste drie jaar stel Suid-Afrika se internasionale veeartsenystatus in gedrang. Die R388 miljoen wat die wolbedryf in die Vrystaat aan buitelandse valuta verdien, kan ook in die slag bly. Die Suid-Afrikaanse wolbedryf beplan ’n stelsel om gesertifiseerde “kiemvrye” wol uit te voer om die moratorium op uitvoere weens di? veesiektes hier vry te spring. Dit sal die eerste land in die wêreld wees wat s? ’n produk uitvoer.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Siektes-swak-veeartseny-bedreig-wolbedryf-20110325