• Login
  • Search Icon

Onsekere ekonomiese klimaat laat wolpryse weer daal

06 Oct 2011
Wolpryse het weer skerp op vandeesweek se veiling gedaal te midde van die voortgesette onsekerheid op wêreldmarkte en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 5,5% teruggesak tot R86,61/kg (skoonwol). Dit is bykans 6% laer as tydens die openingsveiling van die seisoen in middel Augustus vanjaar. Die Australiese mark het ook teruggesak en die aanwyser het in dieselfde tyd met 9% gedaal. Die rand, wat met 3,3% teenoor die Amerikaanse dollar verswak het vergeleke met verlede week se gemiddelde wisselkoers, het verhoed dat pryse verder daal. Ontleders glo die kommer oor die finansi?le klimaat eerder as ’n gebrek aan vraag is die grootste oorsaak dat kopers versigtig is met hul aankope. Altesame 8 095 bale aangebied is, waarvan 87% verkoop is. Die pryse van die meeste langwoltipes het met tussen 4% en 7% gedaal. In teenstelling met verlede week, was dit mediumwol wat di? week die grootste dalings aangeteken het. Die gemiddelde skoonwolpryse van die lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) pryse was soos volg: 19 mikron verswak met 4,4% tot R106,26/kg, 20 mikron was 5% goedkoper op R95,38/kg, 21 mikron daal met 6,2% tot R90,29/kg en 22 mikron verswak met 6,5% tot R86,48/kg. Sowat 8 000 bale sal volgende week onder die hamer kom.

http://www.farmersweekly.co.za/index.php?p[IGcms_nodes][IGcms_nodesUID]=2b8030fe195159738aef018f08da92e6